Regering kry nie duur AstraZeneca-entstof verkoop

(Foto: JUSTIN TALLIS/ AFP)

Die VF Plus dring daarop aan dat die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, met Suid-Afrikaners oop kaarte speel oor die verkoop van die een miljoen dosisse AstraZeneca-entstof wat die regering in Januarie aangekoop het.

Dit kom ná mediaberigte dat Suid-Afrika steeds nie dié entstof, waarvoor hy miljoene rande opgedok het, verkoop het nie. Die entstof verval reeds in April.

“Hy moet sê waarom dit nog nie aan die Afrika-Unie (AU) verkoop is nie en waarom die parlement en die publiek nie ingelig is oor ʼn vrywaringsklousule in die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Serum-Instituut van Indië nie,” sê Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder van gesondheid. Dit is dié klousule, sê Van Staden, wat die proses om die entstof aan die AU te verkoop, vertraag.

Maroela Media het in Februarie berig dat die R120 miljoen se dosisse AstraZeneca waarmee die regering sy entstofplan sou afskop, nie effektief is teen die Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 nie. Dié dosisse verval boonop aan die einde van April. Die regering het egter onderneem dat die geld wat gebruik is om die entstof mee aan te koop, nie vermors was nie, aangesien hy dit sal kan verkoop aan lande waar dié entstof wel doeltreffend sou wees.

“Die minister moet die inhoud van hierdie vrywaringsklousule openbaar maak en sê wat Suid-Afrika met die entstof gaan doen indien dit nie aan die AU verkoop kan word nie,” sê Van Staden.

Daar moet ook duidelikheid verskaf word oor waarom daar, luidens berigte, deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covax-program tussen nou en Mei 2021 nog ʼn verdere 2,4 miljoen dosisse van AstraZeneca aan Suid-Afrika gelewer gaan word. Dit terwyl dit bekend is dat die entstof nie geskik is teen die huidige, plaaslike variant van die virus nie.

Verskeie lande het intussen die toedien van die AstraZeneca-entstof gestaak nadat dit aan die lig gekom het dat dié entstof moontlik bloedklonte veroorsaak.

Altesaam 128 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Woensdag teen Covid-19 ingeënt. Die regering wou aanvanklik teen einde Maart 1,1 miljoen mense ingeënt het. “Die VF Plus het reeds by herhaling gesê dat die regering nie die teiken gaan haal nie en dat teikens gestel word wat nie haalbaar is nie.

“Met hierdie optrede maak die regering ʼn bespotting van homself in die oë van die wêreld.”

Van Staden sê die regering moet ophou om in ʼn staat van ontkenning te verkeer en sal vinnig moet wakker skrik om te voorkom dat die huidige proewe en aankope nie ook rampspoedig eindig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Pieter ·

Al die Covid-19 entstowwe het bywerkinge. Israel is die proeflaboratorium van Pfizer. In Israel waar meer as 50% van die mense al geënt is neem Covid-19 getalle toe. Hierdie entstof wikkel met jou DNS.

Persheks Adri ·

R120 miljoen gemors vir entstof wat amper verval en nou hoor ons boonop dit veroorsaak bloedklonte gggmmmfff. Patesiese beplanning van die klomp narre wat in elk geval NIKS kan beplan nie pffft. Wonder wat se verskoning hulle nou gaan uit dink mmmmm.

Deon ·

Dink aan die wat arme mense wat hul regerings vertrou het en reeds hierdie astra entstof ingekry het wat nou nog moet bekommerd wees of hulle bloedklonte gaan kry of nie, dis n ramp….. Maar moenie worry nie want WHO het klaar geld eenkant gesit om mense by te staan wat newe effekte van die entstof kan kry…. Alle entstowwe wat die land inkom moet eers getoets word op die wat dit die land laat inkom het.

Marianna ·

Ek gee nie om nie, al die vaccines kan vir my part weggesmyt word. As mense weet wat daarin is sal hulle nie tweekeer dink om dit te vermy nie.

Villie ·

Marianna, ek is maar dom en nie ‘n mediese wetenskaplike nie. Ek sal egter graag wil weet wat daarin is wat my nie tweekeer sal laat dink om die entstof te vermy nie. Bewese feite asb., nie my oom se goeie se goeie vriend wie se neef wat by ‘n hospitaal se administrasie werk sê hy het gehoor dit en dat nie…. Ek en my gesin wil graag ingeligte besluite neem gebaseer op bewese wetenskaplike feite.

Adriana ·

Ja nee so mors hul geld, miljarde weer in die water gegooi. Geen wonder ons land is bankrot, sal nooit regkom met hul aan die stuur.

Nie Verbaas ·

Hou nou mooi dop hoe daar weereens onbevoegde besluit geneem is oor entstof en niks gaan gebeur nie want die kader beskerming kry voorkeur. Groot ophef in media gemaak oor eerste entstof wat geland het en nou kruip ANC weg nadat hulle weereens hulle naam krater gemaak het vir die hele wereld om te sien.

Adriaan ·

In ander nuus “Denmark, Italy, Norway and 6 other countries suspend use of AstraZeneca vaccine after reports of blood clots”

Fedup ·

lol. Oh my dear soul.
How convenient of an excuse.
Can not.
Will not.
Shall not.
I don’t know.

Kobus ·

Die som is maklik. SA + Indie + Kuba = Ons skuld julle. Ons sal eers koop en “redes/verskonings” opdis want die minderheid is SA is mos dom onnosel.Die meerderheid sal ons glo want ons is die “bevryders”
Weereens die kar voor die perde ingespan. Dink die misister en sy raadgewers die ander lande is dom om hierdie entstowwe te koop?

Deon ·

Koppe MOET rol oor hierdie ding, die hele aankoop proses was n flop… Die een wat die besluite moes maak moet skoert, hy mors ons land se geld…. Hoe de, kan jy n ding bestel teen miljoene, die hele vrag hiernatoe bring en dan eers wil begin kyk of dit geskik is? Dis seker moontlik as jou gedagte gang so werk dat jy grond in n vreemde land koop sonder om eers te weet of die grond bestaan….. Die anc moet tsek want hulle jaag net aan!!

gatgogga ·

” Hoe de, kan jy n ding bestel ………”.
Maklik. As jy duisende lokomotiewe kan bestel wat nie pas nie, dan weet jy mos hoe.

Eltan ·

Wys vir my 1, net 1 suksesveraal wat die regering aangepak het en wat geslaag het in die afgelope 27 jaar…27 jaar??!! Dit is amper 3 dekades!
Ek kan nie aan n enkele geval dink nie..

Deon ·

Hulle het die land suksesvol opge doilie, hulle het is besig om suksesvol te wees om afrikaans dood te druk. Daar is n hele paar suksesse, miskien nie noodwendig wat ons wil he nie maar n sukses nietemin…. Wat verwag mens van iemand wat wil heel bo aan die lys wees met iets soos die infeksie rate van covid, mense wat op die media lyk asof hulle spog “ons het nog soveel nuwe gevalle by en soveel sterftes by.”

Thelsa ·

Gebruik hierdie entstof vir alle Staatsamptenare. Hulle ‘Baas’ het dan besluit om dit aan te koop.

Dirk Mostert ·

Gee dit vir die DA dat John Steenhuisen kan ophou sanik,

Boer ·

Mmm ek ruik n rot, die AstraZeneca kom dit nie van India af nie ek dink die Guptas het weer finger in die paai. Hulle het gesien kom ons maak vir oulaas so R120 Mil uit SA. Go Comrades julle doen goed om die land op te voeter.Mmm ek ruik ‘n rot, die AstraZeneca kom van Indië af, ek dink die Guptas het weer vinger in die pastei. Hulle het gesien hoe om die laaste keer ongeveer R120 Mil uit SA verdien. Go Comrades, jy doen goed om die land te neuk!!!!!!!!!!!!!

Keith ·

So.. it doesn’t work, is about to expire, and according to Denmark, causes bloodclots. They’ll probably be able to sell it to the Rep. of Lallaland. And… a few days before the “bloodclot” debacle, the WHO was recommending the use of it. Oopsie.

Deon ·

Ek vertrou nie die WHO 100 persent nie, te veel eksperts skielik oral uitgekom wat eksperts is op n virus wat niemand ken nie en sommer raad en goed opgemaak soos die tyd aangaan, dan is dit ja en dan is dit nee.

gatgogga ·

Ek het ‘n plan. Trek die etikette af, vervang met iets anders en verkoop aan ons.

LANA is ELANè ·

Ha ha dit is mos hoe ons reeds in Afrika rol ~ geen gewete, geen kundigheid dit is net wat dit is

Deon ·

Ja nee, hoekom nie, ons land se regering van die dag kan so plan maak, dis hoe hulle mos is, mors left right en center

LANA is ELANè ·

Ek weet waarom, want iemand in die “foodchain” het ‘n klomp ekstra geld gemaak met die onnodige en toekomstige aankope. Ek is een van die wat vlg my eie mening gelukkig nie belangstel om enige entstof te neem nie. Maak nie saak hoeveel ander slimmense dit neem nie, stel ek nie daarin belang nie.

Dirk Mostert ·

Hierdie berig swyg oor die 49-jarige Oostenrykse vrou wat gesterf het kort na ‘n AstraZeneca enting. In Frankryk en Switserland is die entstof afgekeur vir bo 65-jariges weens onvoldoende proefnemings in die groep. Nou is daar nog dosisse van die entstof op pad S,A, toe.

Darkwing Duck ·

Te meer so noudat die WGO ons met nog 2 miljoen van AZ dosisse wil voorsien. Wanneer gaan die regering ‘n enkele vial vaksien aankoop wat die publiek kan inent? Tot nou is alle inenting op die rug van ‘n projek gedoen. Laat alle apteke, clicks, dischem, drs, ens toe om hul eie te bestel en te begin vaksineer. Kan nie sien waarom daar ‘n staats monopolie op vaksienes moet wees wat net geld vir Covid nie. Net ‘n geldmaak geleentheid.

Piet parys ·

So wie moet pa staan vir die onbevoegde minister wat die entstof aangekoop het in die eerste plek . Moet afgedank word en sy pensioen nietig verklaar word . DAAR IS GEEN TROTS EN VERANTWOORDELIKHEID SIN IN DIE KORRUPTE REGERING NIE .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.