Regering maak statistiek oor plaasaanvalle bekend

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Die VF Plus het die besluit van die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, verwelkom om ná elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde, weer statistiek hieroor bekend te maak.

Die laaste keer dat statistiek hieroor uitgereik is, was in 2007.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê sy party het nogtans deurgaans in parlementêre vrae statistiek oor die aangeleentheid aangevra, en dit is nou eindelik weer beantwoord.

Die vraag was in wese oor die aantal aanvalle en moorde in elke provinsie sedert 2012. Uit die antwoord blyk dit dat aanvalle in die laaste finansiële jaar (2017/18) toegeneem het (561 aanvalle) nadat daar in die vorige drie jare ʼn afname was.

Uit die syfers blyk dit dat daar in die ses boekjare sedert 2012 altesame 3 059 aanvalle was (gemiddeld 509,8 per jaar) waarin 338 mense dood is (gemiddeld 56,3 per jaar).

Wat die provinsies betref was die meeste aanvalle in die tydperk in Noordwes met 722 aanvalle en dan Gauteng met 644 aanvalle. Die meeste moorde in hierdie tydperk was egter in Gauteng met 69 moorde en Noordwes en KwaZulu-Natal elk met 61 moorde.

“Indien die syfers vergelyk word met ander beskikbare bronne, blyk dit redelik betroubaar,” het Groenewald bygevoeg. “Dit is jammer dat daar onder die administrasie van oud-president Jacob Zuma ʼn sluier hieroor getrek is. Sonder die nodige statistiek oor misdaad tas ʼn mens in die donker rond en kan daar beswaarlik sinvolle optrede en voorkomende maatreëls getref word.”

Groenewald het gesê die VF Plus sal intussen voortgaan met sy deurlopende aksieplan om die internasionale gemeenskap oor vergrype en veral die wreedheid van die moorde in Suid-Afrika in te lig deur aktief te skakel met onder meer die Europese parlement en regerings, die Verenigde Nasies (VN) en deur die VF Plus se lidmaatskap van UNPO.

In dié verband sal statistiek wat die regering self bekend maak oor ʼn aangeleentheid soos plaasaanvalle en -moorde, veel meer gewig dra as dié van ander instansies.

Lees alle berigte oor plaasaanvalle op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

LouE ·

Ek is verlig dat dit nie toeneem nie, maar een is een te veel. Snaaks dat hulle dit per FINANSIEELE jaar bekend maak. Amper soos ‘n budget of ‘n target?

Toeneem ·

Dit neem skerp toe die laaste jaar. Wees altyd versigtig moor afleidings oor getalle gemaak word.

RH ·

NES jy daar se! Het jy dit doodreg!!! Dit is hoe dit is! Ek dink wel dis nie hul slaag syfers wat gemik was voor nie maar it’s a killer excuse the pun!!!

Verskans ·

Ja want baie misdaad word versag deur dit as n ligter tipe te klassifiseer. Ek dink die stats reflekteer nie die ware situasie nie reeds om die rede w]dat gewapende roof en wrede aanranding dikwels net as huisroof bedrieglik geklassifiseer word. Hoeveel keer het die polisie nie al geweier om sake oop te maak nie, of net weggestuur.

rollie ·

Dat daar geweld by betrokke is, word nie ontken nie maar “slegs” 338 moorde teenoor meer as 3000 aanvalle vertel darem ook die verhaal dat moord NIE die motief is nie. As die motief was om mense voor die voet uit te wis (wit genocide) sou die moordsyfer veel hoër gewees het. So mense en sekere organisasies kan nou maar ophou met hierdie wit volksmoord twak storie.

Statistikus ·

Nee rollie, as jy die aanval tot moord verhouding vir plaasaanvalle vergelyk met dieselfde verhouding van aanvalle en moord in dorpe en stede, dan sal jy sien dat plaasaanvalle baie meer met moord gepaard gaan.

Hansie slim ·

Dis geen nuus dat Noordwes bo aan die lys is nie. Dis mos die EFF sterk area en dis mos wat van die opdrifsels verwag kan word.
Hopelik sien die wêreld nou meer formeel die erkenning van die feite. Gaan iemand iets doen, wel ons sal maar sien?

JL Vrey ·

Hoekom moet “iemand” iets daaraan doen? Wie is die “iemand” wat iets daaraan moet doen? Die mense wat plase besit moet tog immers iets daaraan doen! Dis duidelik niemand anders gaan nie. Hoop nie hulle sit en wag vir “iemand” om iets daaraan te doen nie, dit sal hul eimfe beteken.

Stede ook ·

Dis nie net plaaseienaars nie maar almal wat veilig wil wees wat iets omtrens ons veiligheid moet doen. Fondsinsamelingsveldtogte in die buiteland om privaatsekuriteit aan te stel om ons te beskerm teen misdadigers kan baie help.

Dromer ·

‘n Sekuriteitswag by elke huis in Suid Afrika? En die buiteland gaan dit borg? Haai hoekom het ek nooit daaraan gedink nie!

Jan van Houwelingen ·

Verwacht uit het buitenland geen hulp. Degene die zo druk bezig waren om tegen de apartheid te protesteren zijn nu stil. Geen een regering in Europa kan het iets schelen. Hier nog steeds het mooie beeld van Mandela zijn regenboog natie.
De westerse landen zijn op de VSA na allemaal links.
Steken hun kop in het zand en maken het zelfs moeilijk om naar toe te emigreren. Kijk naar Canada en Australië.
Maar nochtans zijn er mensen hier in Nederland die aan jullie denken en voor jullie bidden.
Hartelijke groet en Baie veel sterkte voor julle

Kopie ·

Maroela, vra asseblief julle IT persoon om dit moontlik te maak om kommentare te kopie sodat ons dit in google translate kan neerplak, want ek wil graag weet wat presies Jan in Nederlands se.

Nel ·

Moenie die plaasmoorde/aanvalle tussen die ander statistiek wegsteek nie. Plaas dit apart sodat die wêreld kan sien wat regtig besig is om hier te gebeur.

Anton ·

Nou wil ek weet hoekom daar nie n aksieplan om die aanvalle te beveg geformuleer was nie? Hulle het dan die statistiek gehad? Nee ek se hul het hul doelwit bereik. Hoef nou nie meer mense van hul plase af te moor nie hulle kan dit eersdaags afvat in helder daglig sonder vergoeding.
Tyd vir die ploegskare om weer na swaarde gesmee te word.

Inligting ·

Hoekom maak die regering ook nie die nasionaliteit van hierdie misdadigers bekend nie?

Anthony ·

Nou wonder ek net WAAROM dit 10 jaar geneem het om dié syfers bekend te maak!

Dit is baie duidelik dat die Zuma-administrasie die publiek en belanghebbende partye doelbewus in die donker wou hou. Soveel lewens kon moontlik gespaar gebly het indien die saak meer aandag geniet het.

Maar elke hond kry sy dag en die Hoofnar van die African National Circus en sy makkers sal nog aan die pen ry.

zoom zoom ·

Ek sal nie die getalle as geloofwaardig beskou nie. Polisie rekords is en was die afgelope jare nie ordentlik by gehou nie. Selfde met statistiek SA se syfers oor sekere dinge wat hullr van tyd tot tyd bekend maak. Hierdie syfers oor plaas aanvalle is om die VF+ se monde te snoer. Dit is my opinie

Fielies ·

Ek wonder ook as mense ‘n week of twee of na ‘n maand in die hospitaal doodgaan NA ‘n wreedaardige aanval op ‘n plaas of daardie aanvalle wel as PLAASMOORDE opgeteken word. Sommige mense dink mos net dit is ‘n HUISROOF wat verkeerd gegaan het en word vervolgens so opgeteken . as ‘n 80 jarige man aan sy wonde beswyk 2 weke of ‘n maand na die tyd .. WORD DIE SYFERS na MOORDSYFERS verander of bly hy staan op HUISROOF? En wat van al die verminkings . daar is ook ‘n verskil tussen ‘n VOORVAL en ‘n VERMINKING waar mense met strykysters en warm water en elektriese bore gemartel is ..DIE GEWELD wat met die sogenaamde HUISROWE gepaardgaan word ook weggesteek.

Albaster ·

Stem saam. Baie mense word weggewys by polisiestasies, veral vir sekere vorms van aanvalle. Sommige polisielede dink dis een groot grap dat jy hulle wil lastig val om die nodige papierwerk te doen. Privaat sekuriteitsmaatskappye help darm.

GM ·

Was daar slegs 47 plaasmoorde laasjaar? Dit klink vir my bietjie min? Is die statistieke nie dalk aangepas sodat dit moet lyk of plaasmoorde nie ‘n probleem in S.A. is nie? Ons almal sit mos net aan volgens die regering.

rollie ·

56 plaasmoorde per jaar gemiddeld vanaf 2012 (dit sluit plaasmoorde op alle rasse in). Verlede jaar was besonder hoog (meer as 70 as Afriforum se syfers korrek is), vanjaar is weer baie minder. Moorde slegs 11% van aantal aanvalle (m.a.w. ‘n moord word so elke 10de aanval gepleeg . Roof duidelik die motief en nie moord nie.

rollie ·

VF+ sê dit lyk reg. So jy kan dit glo, VF+ en Afriforum is in elk geval soos bloedhonde op enigiets wat plaasaanval aanbetref so die kanse dat die statistieke verkeerd is, is uiters skraal sou ek dink.

Werner ·

Getalle is gekook stem nie saam TLU nie wat jare getrou statestiek hou persoon wat dink dit neem af of bly konstand weet nie wat aangaan nie

Leon ·

Die syfers is gedokter en is nie korrek nie. Dit is baie meer.

Nadiha ·

Wat sou die A N. C. die D .A.en die EFF. gedoen get as dit hulle mense was . Seeker n staats begrafnis gehou het as dit L .P. Was

Marius ·

Dink Groenewald regtig die syfers lyk redelik betroubaar. Vinnige google soek wys verskillende factsheets wat gedoen is deur die polisie, Afriform en Transvaal Agricultural Union op plaas moorde. Hulle gee nog nie die 2017/18 finansiele jaar nie. Snaakse ding, volgens TAU se 2012-2017 finansiele jare, is daar al 338 moorde en geen jaar is onder 60 moorde nie. Hier se hulle 2012 – 2018 finansiele jare, ook 338 moorde. Kom uit op dieselfde hoeveelheid en daar is n jaar kort. Lekker gedokter

rollie ·

Stem saam met jou hier. Die gemiddelde syfer is meer as 60 die afgelope 5 jaar, dus 2013 tot 2017. In die 5 jaar periode voor 2013 was dit ook om en by 60+ die syfers bly redelik konstant.

Website met alle gevalle ·

Publiseer n website met n interaktiewe kaart wat alle misdaad, ordentlik geklassifiseer met plaasmoorde ingesluit, GIS analiese, interaktief, dan sal ons kan sien hoe die regering jok.

Reguit ·

Die wittes van SA het so mak geword vir daardie getalle. Gaan vergelyk nou Azanië se getalle van misdaad sterftes met die dodetal in die oorloë in Sirië en Afghanistan (gemeet oor dieselfde tydperk), dan sal almal vinnig besef dat Azanië se totale (misdaad) sterfte getalle daardie oorloggeteisterde lande s’n by verre oortref (per honderd duisend). Dws, Azanië se moord statistieke is in werklikheid erger as ‘n oorloggeteisterde land s’n. En dít is die korrekte HARDE FEITE. Daarom emigreer mense.

rollie ·

338 die afgelope 5 jaar lyk vir my reg dus ‘n gemiddeld van 67 per jaar die afgelope 5 jaar.

AP ·

stem nie saam nie, as mens in berekening hou dat elke liewe dag daar berigte van plaasmoorde en aanvalle verskyn.

rollie ·

Maroela berig nie net een dag oor ‘n moord nie partykeer gaan dit vir dae aan (oor dieselfde moord) wat die indruk mag skep dat die voorvalle meer is as wat dit werklik is.

Lesers ·

Ons is nie so dom nie. Ons ken ons eie mense. Ten minste report maroela nog hieroor, anders as hoofstroom wat niks eers noem nie.

Oom Kalahari ·

Hierdie getalle klink geensins reg nie en die Polisie is bekend daarvoor om hierdie tipe van statistieke aan te pas na ander tipe misdade. Wanneer daar plaas aanvalle plaasgevind het was dit as roof aangeteken, maar dan is daar van die familie lede wat later afgesterf het en is hierdie gevalle geensins aangepas na moord nie. Afriforum en TLU sal meer korrekte getalle en statistieke kan voorsien. Gedurende Jacob Z se termyne was daar geen aandag of erkenning gegee aan hierdie tipe misdade nie en was wreedheid teen die mensdom. As hy kan bewys wat hy alles in sy vermoens gedoen het op voorkoming en hom daarteen uit te spreek of te verbind en alle moontlike maatreels gedoen het om hierdie moordadige optredes hok te slaan, dan sal ek opreg verskoning aanbied. Te veel het hul lewens onnodig ingeboet onder sy presidensie.

Pedro Breetzke ·

Hoeveel van hierdie aanvalle en moorde vind plaas terwyl die boere besig is met werk op bv die lande teenoor aanvalle en moorde terwyl die boere in hul huise is? Hoeveel aanvalle en moorde vind plaas op die boere wanneer hul saans na donker by die huis kom nadat hul iewers gaan kuier het. Is sulke statistiek dalk beskikbaar?

LR ·

Kan daar dalk n verwantskap wees tussen die baie aanvalle in Noordwes en Mahumapelo?

Reguit ·

Ek het nie nét na “plaasmoorde” of na “moorde op wittes” verwys nie. Die statistieke waarna ek hierbo verwys het was spesifiek oor ál die moorde per jaar in Azanië (dws misdaad), en in 2016/2017 was die hoeveelheid oor die 19 000 (negentien duisend) moorde per jaar. In dieselfde tydperk het sowat 10 000 (tien duisend) siviele persone in Afghanistan gesterf. Dws, die wonderlike reënboog-hool Azanië se jaarlikse moordsyfer is hoër as in ‘n oorloggeteisterde land. In die wonderbaarlike Azanië word ‘n lae-intensiteit oorlog gerieflik aangebied en voorgestel as sogenaamde “misdaad”. Daarom emigreer mense.

Vegter ·

Statistieke is belangrik maar let op dat ons boere steeds dink hulle is veilig op hul plase kyk hoeveel het diefwering of alarms en omheining?
Hulle is maklike teikens hulle moet hulself beveilig want dit gaan nie beter word nie

Daan ·

Daar is nie ‘n manier wat ek gaan glo dat die syfers reg is nie. Ek dink dit moet nog meer wees. As mens net terug kyk hoe baie berog en geliegery daar was in alle gebiede. Lieg en bedrieg is sekkere mense se geaardheid en steil.

John ·

Verduidelik tog wat ‘veilig’ beteken as dit by boerdery kom. Hoe mure en veiligheidsheinings rondom huise, landerye, skure, geboue en krale en al die pad dorptoe en koeelvaste baadjies op die trekkers en geweer en foon in die hand… hoe boer mens so en hoe bekostig mense dit? Dit is dalk die hele idee. Maak die lewe onmoontlik vir boere. Laat hulle verskrik en vermink. Boere wat nie teenstand bied nie word eerder verrinneweer gelaat en nou is die moordsyfer mooier? Eet liewer stadiger aan daai stukkie paraffiendeurdrenkte braaitjoppie, want vleis gaan duur word en hout skaarser as hoendertande. Om te glo die plaasaanvalle bly konstant en die produkte op die mark sal dan darem ook statistiesgewys daarby hou…. so ons kan maar aanblaai in die Sondagkoerant en lees oor ander sake in ander lande… verrr van hier….

jan ·

ek glo nie die statistieke nie , wat van die een by stilbaai , 16 April ……

ANDER MOORDE ·

O ja, terwyl Rollie nou voorgee daar is GEEN volksmoord nie, wil ek tog vir hom net sê dat by hierdie plaasmoorde en plaasaanvalle GEEN aanvalle op blanke persone in dorpe en stede ingereken is nie. Die sakemanne wat in hulle motors dood gevind word met koeelwonde aan hulle koppe, diegene wat in die kattebak toegesluit en verbrand word, of sommer net in die veld gevind word in ‘n seil toegedraai, diegene wat gekaap en vermoor word of tereggestel word sowel as die ou tannies en ooms wat in hule rolstoele doodgeslaan word in klein dorpies . nie PLAASAANVALLE nee, maar beslis nog deel van VOLKSMOORD .. so ook jou geliefde Mev Bloch en haar lewensmaat .. tragies ne?

rollie ·

Net so tragies soos die ander 50 swartmense wat vandag wreed vermoor is.

rollie ·

Bang vir die waarheid? Die waarheid is dat ‘n swart persoon ‘n meer as agtkeer groter kans het om vermoor te word in SA as ‘n wit persoon.

Oujongvrou ·

Gaan op die internet en klik op USAF.org.za en regestreer. Kry selfbeskikking vir onsself. Almal kla en mor en dan loop drink hulle koffie sodat “iemand” die moeite kan doen. Pasop!!! Een van die dae staan ta langs jou of jou kind se bed met n panga.

Rynhardt ·

Almal kyk die prentjie liederlik mis.Jy kan Anc nie vertrou met statistieke wat hy nou skielik oor plaasaanvalle bekendmaak nie.Dit is heeltemal buite beheer,so ook misdaadstatistieke wat beknoei word.Onthou SA sit met n getransformeerde polisiemag.Hul is nie gehoorsaam teenoor publiek nie!

Johan Snyder ·

Hoe dan nou, daar is beweer dan dat ons mal is, want daar is nie so iets soos plaasmoorde nie?

Irma ·

Maroela Media: hierdie statistieke is beslis verkeerd! Net in die Wes Kaap: Joubert Conradie, vermoor op 24 Oktober 2017 asook Mark Fagan, vermoor op 15 Oktober 2017. Dit is slegs in een maand, maar die statistieke wys dat daar net een moord gedurende die hele 2017/2018 jaar was in die Wes Kaap!

Frans C ·

Volgens die berig is die laaste statistiek uitgereik in 2007.Dit sê egter nie watter tydperk
dit gedek het nie.En nou statistieke vir 2012/2013.Wat van die ontbrekende jare? Is die weggegooi of glad nie gehou nie?

maryke ·

snaaks dat Gauteng niks het vanaf 1 – 18 April nie want ek weet van twee aanvalle, so hoe akuraat is die getalle werklik?

HAAS ·

Glebelands in Durban word 100 vermoor oor paar jaar, spesiale taakmag om dit te ondersoek… 100de Plaas moorde, maar dit is nie “belangrik” nie. Die vrystelling van die statistieke is net ‘n “Ag moenie worry nie, Pappa het gesien… Vee nou af jou trane en gaan speel”. Verdedig die boer hom self is hy rasisties. Doen hy niks, is hy ‘n dooie rasis…

Theresa ·

Daar moet ‘n ekstra kolom vir martelsessies wees. Skande wat aan wetsgehoorsame burgers gedoen was en gedoen word. Vlek dit oop.
Kan nie glo slegs 1 moord is in Gauteng gepleeg nie – 5 maande en 1 moord. Dit laat mens klaar weer besef dit word nie korrek weergee nie.

Jan ·

Hahaha, ja… Natuurlik sal hulle lieg daaroor. Want sê nou net een of ander land vat ons almal, wie gaan die SASSA betaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.