Regering mag sê oor kerkdienste – hof

Argieffoto

Die Johannesburgse hooggeregshof het Maandag besluit om Freedom of Religion South Africa (FOR SA) se saak teen die regering oor die verbod op godsdienstige byeenkomste van die hand te wys. Nou is FOR SA vuur en vlam om hom na die Appèlhof in Bloemfontein te wend om die hof se besluit te betwis.

Die saak is van 22 tot 24 November in ʼn virtuele verhoor voor die hooggeregshof aangehoor, tesame met ander soortgelyke aansoeke deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum (SANCF), Solidariteit Helpende Hand en die Moslem Prokureursvereniging. Al dié organisasies se sake is ook deur die hof van die hand gewys.

Volgens Michael Swain, uitvoerende hoof van FOR SA, het die regter in ʼn betreklik kort uitspraak bevind aangesien die verbod op byeenkomste nie meer geld nie, dit nie in belang van die hof is om oor dié aangeleentheid te besluit nie.

Swain sê FOR SA is uiters teleurgesteld met die uitspraak en meen dit stuur ʼn boodskap aan die miljoene gelowiges in Suid-Afrika dat hul geloof beperk word om dit slegs tuis te beoefen.

“Die regter het beslis dat aangesien die Covid-19-regulasies in die aard van ʼn uitvoerende beleid was, is die regulasies nie onderhewig aan die hersiening van die howe nie. Volgens die hof was daar dus geen verpligting op dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, om redes te verskaf vir haar besluit om godsdienstige byeenkomste te verbied of om met geaffekteerde partye te konsulteer nie,” sê Swain.

FOR SA het ook beoog om godsdienstige leiers as noodsaaklike werkers tydens ʼn afsonderingstydperk te laat verklaar.

“Dit is nooit duidelik gemaak wie as ʼn ‘godsdienstige werker’ sou kwalifiseer nie, en daarom het die hof geweier om ‘godsdienstige werkers’ oor dieselfde kam as ‘noodsaaklike werkers’ geskeer.”

Maroela Media het vroeër berig die verbod op kerkbyeenkomste is verlede jaar tydens die algehele inperking ingestel om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Hoewel die verbod intussen aangepas is om kerkdienste gedeeltelik toe te laat, meen talle partye – soos FOR SA – dit behoort as onwettig en ongrondwetlik verklaar te word sodat dié drakoniese maatreëls nie op ʼn latere stadium weer ingestel kan word nie.

Swain meen die feit dat die hof weier om die regering se optrede te ondersoek het massiewe gevolge, nie net vir die godsdienstige gemeenskap nie, maar vir die mense van Suid-Afrika oor die algemeen.

“Hierdie uitspraak beteken nou dat ons ons howe nie eers oor die regering se besluite kan nader nie. Dit plaas effektief onbeperkte mag in die hande van die regering om eensydige regulatoriese besluite te neem oor enige aspek van mense se lewens.

Hy sê die hof se beslissing slaan terug na die pre-grondwetlike era waar ontsaglike mag in die hande van enkeles gekonsentreer was. “Dit skep ’n ongelooflik gevaarlike presedent vorentoe.”

FOR SA is besig met die voorbereiding van ʼn aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak. Volgens die groep is dit “te belangrik en te gevaarlik om nie te appelleer nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Michael ·

Hopelik sien meer mense nou dat die howe in die cANCer se sak is. Hulle sal nie maklik ‘n uitspraak teen die kommunistiese regime maak nie want hulle is juis daar om die regime te beskerm

Johan ·

Die regering en hul mediese kartelle het eenvoudig te veel mag…en dit is wêreldwyd n probleem.

Jacob ·

As die regering iets beveel in stryd met die Woord , dan is daar ‘n probleem (vgl. Hand 4:19-20; Heb 10:25).

Nico ·

Jacob, ek stem 100% saam met jou, daar ook Ps. 119:63 wat saam met die genoemde teks verse gaan.

Di ·

Kommuniste gee nie ‘n duit om vir Christenskap nie, dit kom heel laaste op hulle agenda. Korrupsie en verwoesting is al wat hulle goed kan doen

Kwikkie12 ·

Dis hartseer dat mense nie omgee of kerk deure meer oop of toe staan nie.

Swerwer ·

Kommunisme op sy beste! Die wiel draai, die ANC se dag sal kom en dit gaan ‘n harde een wees.

Toy ·

God slaap nie, Hy sien alles wat op hierdie aarde gebeur en mense gaan rekenskap aan Hom eendag moet gee.

JohanR ·

Het ‘n hof al ooit in SA vir die mense besluit, en nie vir die regering Ek dink en dink maar kan rerig nie aan ‘n geleentyd dink nie.

Andrew ·

Die franse revolusie sal homself weer herhaal. Daar was ook nie die rule of law gevolg nie

Samuel ·

Die regering sal hierdie uitspraak verwelkom. Hulle is op pad om enige vorm van godsdiens te verbied. Onthou die kommunistiese era. Die kerk moes ondergronds en Christene is vervolg en gemartel.

Papsak ·

Ja dit so hartseer laat niemand meer worrie of kerke hulle deure oop maak nie maar onthou GOD bly na ons kyk GOD ons sover deur gedra dink weer

Johann ·

Wie is die regter? Sit n NAAM by die Anti Gelowige! Dis nie n “hof” wat blatant TEEN geloofs praktyke diskrimineer nie….dis n PERSOON! Maar kopdoek kan dobbel plekke oop hou want hey….lekker inkomste vir die bankrot ANC!

Aanhouer ·

Hoe gouer die ANC verdwyn, hoe beter…
Onder hierdie regering was dit nog net skade op skade.

Corne123 ·

Hofsake op hofsake julle het lekker geld om te mors more moet mens weer hoor betaal jou 10de esv

Nico ·

Hierdie wetgewing loop hand en hand saam met die wêreld heersers.

Lionel ·

@Nico – dis hand *aan* hand Nico, nie “en” nie. En wie is die sg “wêreldheersers”, wat ook net een woord is?

Anton ·

Die regering mag sê oor kerk toe gaan maar die kerke het weer ‘n invloed oor hemel toe gaan. Kies maar self :-)

Jacobus ·

Bid eerder dat die Here ons van die ANC verlos, as om sake voor hulle kader regters te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.