Regering moet ‘ekonomiese terreur’ stuit

(Argieffoto)

Die landbouorganisasie TLU SA het ʼn veldtog van stapel gestuur om die regering te dwing om gewelddadige en vernielsugtige protesoptrede te bekamp.

Louis Meintjes, president van TLU SA, sê in Suid-Afrika word betogings en protesoptrede deur geweld, plundery en skade gekenmerk. Vragmotors, voertuie en infrastruktuur soos geboue, skole, klinieke, sakeondernemings, tersiêre instellings en paaie loop daagliks deur onder ekonomiese terroriste.

“Dit is nie protesvoorvalle of betogings nie, dit is eenvoudig gevalle van ekonomiese terreur. Hierdie doelbewuste voorvalle kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks miljarde rande weens verlore inkomste, tyd en hulpbronne,” het Meintjes gesê.

TLU SA sê die aantal eise wat deur Sasria, die regering se korttermynversekeraar vir skade weens oproer en terreur, hanteer word, het in die 2018-’19-boekjaar beduidend gestyg. Meer as 5 000 eise ter waarde van R1,7 miljard is ingedien.

(Foto: Intelligence Bureau SA)

Maroela Media het vroeër berig oor ondernemings in Barberton wat geweldige skade gely het weens protesoptredes in dié dorp wat weke lank geduur het.

Volgens Meintjes was daar verlede maand amper 250 voorvalle van dié betogings, wat neerkom op agt en ʼn half gevalle van gewelddadige plundering per dag. Hy sê dit is hoog tyd dat die regering sy burgers teen sogenaamde ekonomiese terroriste begin beskerm.

“Ons hoor daagliks by ons lede dat hulle verlof moes gebruik omdat hulle dorp brand en versper word. Mense is bang hulle kinders is in gevaar, want daar is oproerigheid naby die skool, of hulle versekeringspremie styg omdat hulle eiendom beskadig is tydens onluste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tokkel ·

Ek wonder wanneer gaan hierdie boosdoeners eendag besef dat hoe meer skade hulle aanrig hoe minder gaan hulle kry. Stuur hulle terug skooltoe of tronktoe, want hulle hoort nie in die samelewing nie! Wat bereik hulle? Leer hulle dit by die EFF?

ElizeK ·

“Dream On” mnr Meintjies. Die regering het nie die wil, die lus of die breinkrag om iets hieraan te doen nie.

Kiewiet ·

Ek is totaal dronkgeslan. Hoe kan blankes (mense) tot so n vlak daal?

marius ·

Die regering is geheel en al disfunksioneel . Die feit dat daar ‘n spul sit in brabbel in ‘n gebou in kaap “stat” maak hulle nie ‘n regering nie . Die stelsel het verval tot by rommel status verby tot in riool .
Die piep klein privaat sektor wat hierdie spul verorberaars tot nou moes regop hou se rug is ook nou gebreek . Dis die waarheid .

RB ·

Nou wat wil jy nou eintlik hê moet die regering daaraan doen, mmm?
Dis juis die ANC wat die ‘agtergeblewenis’ geleer het om so op te tree om hulle sin te kry!

Om iets daaraan te doen moet jy ten minste meer as 2 werkende breinselle per parlementslid hê.
Jammer, hierdie parlement kwalifiseer nie.

SA het n bonatuurlike ingryping nodig, nie n parlement of politieke party se plan nie!

voor ek vergeet ... ·

Raymond Momboisse bepaal in sy boek, Blueprint of Revolution, vier faktore wat, as hulle gelyktydig plaasvind, ’n revolusionêre situasie tot gevolg kan hê:
1. ’n krisis in die regerende klas wat nie langer kan voortgaan soos in die verlede nie
2. ’n abnormale verslegting in ekonomiese toestande van die onderdrukte klasse
3. gretigheid van die massas om tot aksie oor te gaan
4. ’n morele en materiële disintegrasie van die leër en polisie en dus daarmee die gewapende magte

Die tafel word gedek… Malema het ons jare gelede al gewaarsku.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.