Regering moet verduidelik hoe Bushiri’s land verlaat

Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. (Foto: Facebook)

Die herrie om die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, wat ten spyte van streng borgtogvoorwaardes dit steeds reggekry het om Suid-Afrika te verlaat en hulle nou in Malawi bevind, kring uit.

Die Bushiri’s en hulle medebeskuldigdes word betrek by bewerings van bedrog, diefstal en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen. Hulle is vroeër vandeesmaand op borgtog van R200 000 elk vrygelaat.

Angel Khanyile, die DA se woordvoerder oor binnelandse sake, sê luidens berigte is die egpaar landuit nadat hulle amptenare van binnelandse sake omgekoop het.

“Dit is ʼn ernstige aanklag teen die rol van die departement van binnelandse sake en grensbeheer om Suid-Afrika se grensposte en die beweging van mense in en uit die land doeltreffend te polisieer,” het Khanyile gesê.

Volgens Khanyile laat die voorval boonop vrae ontstaan oor die veiligheid van die land, gegewe hoe maklik grensbestuurstelsels deur korrupsie en omkopery gemanipuleer kan word – des te meer so gesien in die lig van berigte oor insurgente, gelei deur ekstremiste, in buurlande soos Mosambiek.

Die DA het nou ʼn beroep op die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, gedoen om voor die parlement te verskyn en verslag te doen oor sy departement se klaaglike mislukking om die land se grensposte behoorlik te bestuur. Khanyile sê die land se grensposte is duidelik so vol gate dat selfs voortvlugtiges maklik kan deurglip.

Die DA eis om te weet hoe Bushiri Suid-Afrikaanse burgerskap gekry het en hoe die egpaar landuit is gegewe die feit dat hulle kwansuis hul reisdokumente aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moes oorhandig nadat borgtog aan hulle toegestaan is.

“Die feit dat twee individue wat vir ernstige misdade gesoek word so maklik landuit kon vlug, is ʼn klap in die gesig van miljoene Suid-Afrikaners wat geregtigheid verdien.

“Daar is oënskynlik niks wat misdadigers keer om geregtigheid in Suid-Afrika te ontduik deur oor grense te spring wanneer binnelandse sake geen beheer het oor wie die land inkom of verlaat nie.”

Khanyile het ook gesê die regering moet dadelik begin met die proses om die Bushiri’s aan Suid-Afrika te laat uitlewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

JohanR ·

DA….let me explains. 1. Malawi President lands at Waterkloof for a official visit. 2. Malawi President meets with Cyril Ramaphosa. 3. Malawian President aeroplane takes of from Waterkloof with Bushiri’s aboard. 4. Plane lands in Malawi. 5. Bushiri’s make a statement and make absolute fools of the ANC and it’s President. 6. Banana republic continuim……

Thelsa ·

Jy slaan die spyker op die kop. Die ‘tracking’ van die vliegtuig bevestig dit 100%

Janet ·

O my is dit hoe hul land uit is, ek try nou reeds die puzzels inmekaar sit van waterkloof en alles.

Marcello ·

Give this man a BELL”S !!! Could not said it better….

Andre ·

Waar daar n rokie trek brand daar n vuurtjie . In die geval is daar n Bosbrand aan die gang . Dis reg DA vra die vraag !

Anoniem ·

Niemand gaan enige skuld dra nie. Die malawiese president het cyril ‘n ‘stywe handruk’ gegee en die land verlaat saam met bushiri en sy vrou. Die storie gaan ‘n stille dood sterf, soos al die ander.

SomeOne ·

in suid afrika is daar nerens grensbeheer nie
all grense het groot genoeg gate waardeur tot 2 meubel vervoer trokke langs mekaar kan deurgaan

Pieter ·

Die ANC land is een groot grap net soos die menisters wat enige werk kan doen.

Aries ·

Dis hoog tyd dat die landdros wat hierdie borgtog toegestaan het BEHOORLIK tot verantwoordelikheid geroep behoort te word

Die staatsaanklaer in die saak het dit duidelik gemaak dat die beskuldigdes n vlugrisiko is maar nog steeds het die landdrios in sy wysheid besluit om wel borg toe te staan- die harde werk van die ondersoek beamptes in die saak is daarmee ongedaan gemaak.

Ek besef n beskuldigde het die reg om aansoek te doen om op borg vry gelaat te word maar soos borgtog deesdae vrylik toegestaan word maak die hof dit nie ook makliker om kriminele teen wie daar n prima faci saak is, agter tralies te hou nie.

Riaana ·

Bushiri’s het net weereens vir ons gewys hoe corrupt is ons land en watse slim mense bestuur ons land, n klomp clowns wat sal agter oor buig vir n paar cent… WELKOM IN CLOWN-AFRIKA!!!

Riaana ·

O en net terloops, in Clown – Afrika is bewys, geld maak als reg wat krom is… As jy betaal is jy baas as jy omkoop is jy Koning!!!

Maggies ·

Mooi só Angel Khanyile, maak mens bly om te sien daar is nog mense wat regdenkende die land probeer hernu.

marius ·

Nou moet die belasting betaler opdok vir die gemors ? Hulle voel vere vir die blink goed wat hulle moes agterlaat want dit is in elk geval met korrupte geld bekom . Wat is die weddenskap dat hulle met miljoene se juwele pad gevat het . Hul skape is ook die hogeres van die hool , en daar sal geen haan kraai nie .

Derek ·

Wat kan ons anders verwag? SA is mos bekend vir wat ons sien gebeur en dat die self aangestelde huurling of sogenaamde profeet deel daaraan het bevestig die leuen van godsdiens. Verder is dit duidelik dat daar klaarblyklik wit en swart christene is en dit bevestig maar net dat die grote meerderheid van SA nog vasgevang is onder die ou verbontiese gebruike soos in die tyd van Jakob, wie die voorvader is van die swart en wit skapies. Gelukkig is daar EEN wie op die put van ou Jakob gaan sit het, wie in hierdie land nie geken word nie, wie groter is as die huidige regering met al sy alliansies!

Alta ·

Skatryk kom word in die lekker ou SA! Nog altyd gedink hy is n skelm! Wonder hoe voel sy aanbidders nou?

SomeOne ·

kyk net hoe grynslag hulle vir die banana republiek, ons het julle ore aangesit

Nico ·

Die waarheid sal seëvier, dit sal nie ongesiens verbygaan nie.

Yvonne ·

Siek land met siek amptenare…..hulle doen enigiets vir geld

Mad Mike die Rhodesiër ·

Aksie om hul terug te bring, is te laat. Die perd is nie meer op stal nie…

Blomme ·

Suid Afrika het ń NAR geword in die oë vd wèreld.. Seker die enigste land wat hul onbevoegdhede op grootskaal aan die klok hang.. What a joke!

christo ·

Wat is die verskil tussen ‘n teesakkie en SA landsgrense? Die teesakkie is nie so vol gate nie.

Marcello ·

Hulle het seker maar die land verlaat soos die Guptas, en het daar enigsins iets gebeur na dieselfde vraag, asook die (onwettige )vliegtuig wat geland het op Waterkloof, het iemand al daaroor in die moeilikheid gekom? Nee !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.