‘Regering nie bereid om hand in sak te steek teen misdaad’

Bheki Cele (Foto: Rasaad Adams)

Die regering paai dat hy misdaad wil hokslaan, maar is nie bereid om geld op die bekamping van misdaad te bestee nie, sê kenners ná Enoch Godongwana, minister van finansies, se lewering van die mini-begroting.

Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, wys daarop dat die huidige agterstand in die verwerking van forensiese DNS-toetse in misdaadverwante sake met 80 000 toegeneem het in plaas daarvan om af te neem.

“Tog beskou die regering dit nie as genoeg van ’n verleentheid om die begroting op te stoot nie.”

Cameron herinner ook daaraan dat Bheki Cele, minister van polisie, tot op hede geen vennootskap met die private sektor aangegaan het in ’n poging om dié reuseagterstand te takel nie. Dit ten spyte daarvan dat universiteite en private laboratoriums aangebied het om die Nasionale Forensiese Laboratorium met die agterstand by te staan.

Prioriteite

Die tesourie het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se uitgawes vir 2022/’23 op R110,2 miljard geraam. R1,7 miljard hiervan is egter alleenlik vir die beskermingsdienste vir kabinetsministers, adjunkministers en ander hooggeplaastes toegewys.

Dit terwyl slegs R1,4 miljard aan die Nasionale Forensiese Laboratorium toegewys is.

“Dit is duidelik dat die minister van polisie nie sy departement se begroting behoorlik kan prioritiseer of bestuur nie,” sê Cameron.

Hopeloos te min konstabels

Godongwana het tydens die minibegroting aangekondig dat ’n bykomende 15 000 konstabels oor die volgende drie jaar gewerf sal word in ’n poging om misdaad te bekamp.

“Aan die een kant is dit beslis goeie nuus, want veiligheid is ’n reuse-uitdaging in die land wat grootskaalse impak op die ekonomie ook het,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Enoch Godongwana, minister van finansies, tydens Woensdag se toespraak. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Dit is egter ook ʼn realiteit dat 15 000 polisielede oor drie jaar nie alleen die antwoord is nie en dat soveel meer nodig is om die land se misdaad te takel. Ek sal graag wou sien dat meer spesialiseenhede tot stand kom,” sê Van Zyl.

Herman Mashaba, president van ActionSA, beaam dié siening. “Al is 15 000 bykomende konstabels ʼn welkome toevoeging tot ons polisiemag, is dit onvoldoende en onwaarskynlik om aandag te gee aan die bestuursprobleme binne ons sekuriteitsgroepering.”

Te min geld vir bekamping van geslagsgebaseerde geweld

Cameron het ná die minibegroting ook die gebrek aan geld om howe vir seksuele misdrywe toe te rus en by te werk uitgewys.

Die departement van justisie het aan Action Society aangedui dat die begroting vir die stigting van 80 howe vir seksuele misdrywe R50 000 in die boekjaar 2022/’23 is. Cameron sê egter die bedrag is nie eens genoeg om een só ʼn hof op die been te bring nie.

“Die regering is baie uitgesproke teen geslagsgebaseerde geweld, maar hul prioriteite verander wanneer dit kom by praktiese optrede daarteen.”

“Ons regering moet aktief begin om geld te bestee waar dit nodig is. Indien hulle sê dat geslagsgebaseerde geweld ʼn tweede pandemie is, moet hulle soveel moontlik hulpbronne daarvoor bewillig en dit verantwoordelik en doeltreffend bestee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Delia ·

Die probleem is dat die Minister nooit in die Polisie was nie. Hy kan nooit hulle uitdagings en probleme verstaan nie.
Ek vermoed hy ignoreer probleme omdat hy nie n idee het hoe om dit op te los. En om hulp te vra….
Daar is baie wat sal help en raadgee.
Die egos is die probleem…maar net my 10 sent input

Nie Verbaas ·

Presies dit. Cele besit nie die kapasiteit om taktiese of ingewikkelde oplossings vir die land se misdaad te vind nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien die minister takties inmeng kry jy ‘n diktator.

Republikein in die Wes Kaap ·

Doeltreffende ministers hoef nie kundiges van hul departemente te wees nie. En dis eintlik goed so. Daar is kundige top, senior en middelbestuurders wat die werk doen sonder dat die ministers gedurig inmeng. Ministers moet toesien dat regeringsbeleid toegepas word. Dit doen hulle in vergaderings waar die amptenare verantwoording doen aan die ministers. Ministers moet ook veg vir begrotingsgeld en mag departementshoofde ontslaan. Ministers mag adviseurs in sy kantoor aanstel om te help om die tegniese aspekte en beleidsdokumente van hul departemente te verstaan. Cele verstaan nie hierdie rol nie. Regeringsbeleid is ook onuitvoerbaar en sy generaals is bloot onbevoeg.

Nie Verbaas ·

Wys asseblief die kundiges in die ANC regering vir my. Soos jy sê, top struktuur totaal onbevoeg.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nie verbaas, ek beskryf net die ideale wêreld wat in die ou bedeling gewerk het. Vandag is die ANC politici useless. Die kabinet is ‘n mors van geld. Die ANC se beleid is rubbish en die 99% van die top en senior bestuur in die staatsdiens is onbevoeg. Geen ANC lid sal ooit ‘n goeie minister wees nie. Daarom sal die SAPS aanhou misluk.

Delia ·

Hoe veg jy vir n budget as jy nie darem n greintjie benul het van die issues en challenges van jou mense op grondvlak nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die generaals se jobs. Hulle kry R2 miljoen pakette per jaar. Hulle sê vir die minister wat hulle benodig in ‘n verslag en hy neem dit na die kabinet en Tesourie en skets die politieke risikos. Hy loop nie patrollies nie, maar het die reg om die generaals se prestasie te meet en agterente te skop indien werk nie gedoen word nie. Rina Venter was ‘n puik minister van gesondheid, en sy was nie ‘n medikus nie. Magnus Malan het sag beweeg van ‘n generaal na ‘n minister. Maar hulle kon destyds steun op sterk leiers. Dis hoe dit moet werk in alle departemente. Cele en sy generaals is bloot onbevoeg en verward oor hul rolle.

Keelvol ·

Republikein, dis eintlik die waarheid wat Jy daar sê. Maar die generaals is ook maar net daar vir show and tell.

Owlie ·

Wat’s nuut?????
Te veel skuldig bevindings sal dan in vreemde plekke plaas vind

Lillian ·

Dit gaan nie net oor die geld nie, dit gaan oor die korrekte mense vir dié job. die meeste is maar net daar vir ‘n salaris en die byvoordele, en verder is hul sleg en korrup

Nie Verbaas ·

Ek stem. As die huidige lede paraat, trots, nie korrup en bevoeg was sou statistieke anders gelyk het. Om addisionele 15000 konstabels aan te stel gaan geensins help nie en geen integriteits toetse word op hulle gedoen nie.

Keelvol ·

Baie van hulle het al vir my gesê dat hulle in die polisie is net vir n salaris. Dis nie hulle passie nie.

Trotse Boervrou ·

Indien hul net die e-tol se geld wou neem sou hul al baie kon vermag. Of die miljarde wat hierdie onbevoegde Regering al “bestee” het. Jammer, hulle is mos nie korrup nie, allesbehalwe. Hul is die perfekte prentjie vir die 2024 verkiesing. ‘n T-hemp, hamburger en baie beloftes en siedaar, WEER aan bewind. Mens kan net bid dat hul eie mense se oë begin oopgaan.

Danie ·

Ek stem saam hoe kan hulle se daar nie geld of fondse nie? Maar 50 miljoen word vir cuba geskenk dit is maar wat ons weet wat is vir hulle ander vriende gegee wat hulle opgelei het via ons noordelike buurland.

elphia ·

Jy kan mos nie die gans wat die goue eiers lê se nek omdraai nie! Steler/deler konsep, gratis verskynings op tv wêreldwyd (ego’s) en dink wat doen dit aan die verkope van nuwe swart hoede. ???? As misdaad verminder, gaan al hierdie perks mos ook heelwat minder raak.

Papsak ·

Nee hulle sal nie bereid wees om misdaad te bekamp nie want hoekom minister onbevoeg vir sy werk en hulle die skelms daarom

Jakes ·

Hoeveel van die 15000 konstabels gaan nie n kriminele rekord he nie? N polisiemag wat uit narre bestaan.

Danie ·

Ja jakes presies daar al jare terug gespot die sapd n sirkus en dit is presies so.

Keelvol ·

Die eintlike vraag is, hoeveel gaan vir korrupsie toe gesluit word.

Samuel ·

15000 nuwe konstabels? Mmm, seker ook net van ‘n sekere rassegroep wat almal net ‘n job soek.

Nie Verbaas ·

Moenie vergeet dat die werk “mag” aan hom gee nie. Dieselfde mag wat misbruik word.

Koos 100 ·

15000 nuwe lede in 3 jaar. 5000 per jaar. Hoeveel lede verlaat die diens jaarliks? Ek dink dis meer as dit. Die regte vrae moet gevra word, want die regering sal altyd ‘n mooi prentjie wil skets!

Rocco ·

Die huidige ANC regering het geen wil om die misdaad te bekamp nie – dit skep werk, deur al die private sekerheidsdienste, en dis ‘n belasting ‘money spinner’, deur al die goedere, wat herstel of vervang moet word.

Swerwer ·

Die Rassistiese Kommunistiese Regering kan beslis nie misdaad bekamp nie want dan steek hy af teen sy Kommunistiese Vriende. Die wiel gaan draai en dan sien ons wat gaan met die Magsbehepte Kommuniste gaan gebeur.

Danie ·

So n gesigs uidrukking spreek boekdele.Dit hoogtyd vir nuwe bloed met geen politieke inmengery nie.Maar net soos staatskaping en die nagevolge en groei daarvan glo ek nie dat die sapd die vermoe het om enige betekkenis volle verandering of voorkoming in misdaad sal bereik met die huidige spulletjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.