Regering oneerlik oor Kubaanse ingenieurs, wys inligting

Lindiwe Sisulu. (Foto: @DWS_RSA
/Twitter)

Die Kubaanse ingenieurs wat die Suid-Afrikaanse regering wil invoer om Suid-Afrika met sy waterprobleme te help, het standaard-dienskontrakte onderteken en gaan R300 000 méér as Suid-Afrikaanse ingenieurs betaal word. Dít nadat min. Lindiwe Sisulu herhaaldelik gesê het dié ingenieurs is nie werknemers van haar departement nie en sal nie salarisse verdien nie.

Só het Solidariteit Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie bekendgemaak. Die vakbond het deur middel van ʼn hofaansoek teen die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie die standaard-dienskontrak onder oë gehad.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het op 26 April met ʼn regsproses teen Sisulu begin oor die invoer van 24 Kubaanse ingenieurs. In hofstukke het Solidariteit gevra dat die Kubaanse ingenieursprogram onmiddellik opgeskort word en dat sekerheid verskaf moet word oor die wettigheid van die Kubane se lisensiëring en registrasie.

Meer salaris, byvoordele

Volgens Morné Malan, ʼn navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is die kontrak deur elke Kubaanse ingenieur onderteken.

“Dié kontrak is nou ʼn bewys daarvan dat die Kubaanse ingenieurs wel deur die Suid-Afrikaanse regering in diens geneem is en ʼn salaris gaan ontvang,” het Malan tydens die konferensie bevestig.

Volgens Malan stipuleer die kontrak ook verlofdae, posvlak en omvattende byvoordele, waaronder ʼn vlugkaartjie tussen Kuba en Suid-Afrika, een betaalde vakansie in Kuba, ʼn selfoon, motor, gemeubileerde verblyf, kos en klere.

“Dit is ondanks die feit dat Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, herhaaldelik in die openbaar gesê het dat die Kubaanse ingenieurs nie werknemers is nie en ook nie ʼn salaris gaan ontvang nie.”

Na aanleiding van die kontrak ontvang elke Kubaanse ingenieur ʼn salaris in ooreenstemming met die standaardsalaris wat ingenieurs in Suid-Afrika verdien. Malan sê indien die byvoordele egter bygereken word, word elke Kubaanse ingenieur R300 000 per jaar meer as ʼn plaaslike ingenieur betaal.

Hy sê die belastingbetaler gaan ook eerder ongeveer R75 miljoen vir die Kubaanse projek opdok, en nie R64 miljoen soos vroeër aangevoer is nie.

“Die belastingbetaler betaal méér, terwyl plaaslike ingenieurs van werk ontneem word.”

Kubane gaan ingenieursdienste lewer

Volgens die kontrakte gaan die Kubane wel ingenieursdienste lewer en nie bloot as mentors optree – soos Sisulu al in die verlede gesê het – nie.

“Solidariteit verduidelik dat die departement se eie stukke, asook die bilaterale ooreenkoms met Kuba dit baie duidelik stel dat die Kubane hier is om ingenieurswerk te kom doen, ondanks die feit dat die Kubane nie geregistreer is om sodanige werk in Suid-Afrika te kan doen nie.”

Volgens Malan is dit duidelik dat die departement gepoog het om die Kubane te laat registreer, maar later weens administratiewe probleme eerder daarteen besluit het. “Die departement sê nou dat al die Kubaanse ingenieurs deurlopend onder die toesig van ʼn geregistreerde ingenieur sal werk.”

Ooreenkoms met Kuba enig in sy soort

Malan sê terwyl daar baie gemaak word van die onderskeie bilaterale ooreenkomste wat die departement met ander lande sluit, is dit duidelik dat die ooreenkoms met Kuba enig in sy soort is.

“Ons het verskeie ooreenkomste deurgewerk – met Nederland, Hongarye, Denemarke, Japan en Italië. Benewens die feit dat hierdie ooreenkomste telkens sowat die helfte van die lengte van ons ooreenkoms met Kuba is, is die aard daarvan ook heeltemal anders. Waar ons ooreenkomste met ander lande hoofsaaklik handel oor die uitruil van tegnologie en idees, is die ooreenkoms met Kuba die enigste een wat in baie fyn besonderhede elke liewe punt betreffende indiensneming van die ander land se burgers bespreek.”

Malan sê ook dat dit duidelik vanuit hul hofstukke is dat die departement nooit ʼn daadwerklike poging aangewend het om hierdie poste te adverteer nie, ondanks die minister se bewerings dat daar gewoon net nie Suid-Afrikaners is wat die werk wou hê nie.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het tydens die mediakonferensie gesê dat Solidariteit nou voldoende inligting het om voort te gaan met sy hersieningsaansoek om die besluit van die minister ongeldig te laat verklaar.

“Die hofstryd gaan dus nou na ʼn nuwe vlak gevoer word,” het Hermann gesê.

“Daar is nou geen twyfel nie dat Kubaanse ingenieurs wel die werk van Suid-Afrikaanse ingenieurs gevat het en meer daarvoor betaal word, en dat belastingbetalers boonop meer moet betaal as wat aanvanklik gesê is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Marius ·

Ek reken haar haarkapper is ook oneerlik teenoor haar . Sy is al gewoond daaraan .

Cy ·

Ek wonder of die geld wat so vrylik die land uitgaan nie gesien kan word as geldwassery nie .Iemand moet skep aan die einde van die dag !

Tipper ·

Vryheids vegters het nog nooit goeie regerings uitgemaak nie.

Dup ·

Sy is meer bekommerd oor haar versameling pruike en lang naels as oor die werklose mense in SA.

JohanR ·

En soe duck en dive hulle….Mkhize, Sisulu, Mbete, Supra, Ace, Gwede Mantashe. En dan is hulle SOE verbaas waaneer hule uit gevang word!

Anel ·

Nogal jammer sy kan nie in haar privaat hoedanigheid aan gevat word nie!! Dan kan sy sommer haar kubaanse pelle se kostes dra! Laat ons nou probeer om daar werk te kry???

Anoniem ·

Die lot is so deurspek met bedrog, leuens en oneerlikheid dat hulle hoegenaamd nie as geloofwaardig beskou kan word nie. Dis ‘n skreiende skande dat ‘n mens elke saak van belang moet bevraagteken en ‘n hof moet nader om hulle te dwing om inligting bekend te maak. Ek glo nie ons sal ooit die volle omvang van hulle onderduimsheid hoor nie, die inligting wat uitlek is bloot die oortjies van die seekoei. Dis hoogtyd dat die adders uit die kussings gelig word, wat dit ookal verg.

Misky ·

So sy het blatant gelieg!!! (ja ons almal dit geweet, maar gehoop en bid steeds) In diè lig gesien, verstaan mens Xenofobie en ons regering blaas dit aan

Piet parys ·

Die waarheid is sy praat deur haar nek. Sy is ongeskik vir haar werk en moes nooit aangestel word om die land se minister van waterwese geword het nie maar sys mos n kader met geen ondervinding nie maw sy kwalifiseer.

henndrik ·

Iemand oes hier, hier is baie meer agter die goed as wat ons kan sien

Pieter ·

Hoe weet jy ‘n ANC parlementslid lieg? Sy/Haar lippe beweeg.
Hoe behou iemand hulle werk as hulle so openlik lieg en uitgevang word?

Nie Verbaas ·

As enige ANC kader se die son skyn moet mens eerder self gaan kyk. Wat verbasend is is die feit dat die dame dink ons is onnosel. Wonder of ons wittes soos n spieel lyk?

Johann ·

IN YOUR FACE Sisulu! So jy LIEG! EN herhaaldelik! So iemand word n patalogiese leunaar genoem…soos jy. LIAR LIAR LIAR LIAR!!!!!

Andre ·

Die probleem is dat ons eie ingenieurs nie so maklik werk daar sal kry nie, nie so baie geld kan verdien nie en ook nie toegelaat sal word om met sulke groot projekte te werk nie. Ons land is vervuil met ingevoerde ingenieurs, van oral. Hulle kom ook van buurlande, studeer hier en dan werk hulle sommer hier ook. Dit als terwyl ons eie ingenieurs sonder werk sit. Dan ook bygesê, die Kubane is glad nie opgehewe om hier te werk nie, hulle is lui en sal nooit die mas kan opkom teen ons eie ingenieurs nie.

Francois ·

Vir volwasse mense lieg julle darem vreeslik…. Lieg jou kinders ook so vir jou of lieg jy so vir hulle ook….? Ek sak my kop in skaamte as my kinders moet uitvind ek lieg so vir n hele land….en die president giggel agter sy hand. Tjoepstil want hy is bang hy word gefire as hy teen oneerlikheid opstaan, dan gaan hy maar saam met die stroom.

Samuel ·

Het julle al ooit van ‘n eerlike ANC kader gehoor? Almal verfot van kop tot tone.

Martin ·

Enige iemand kan aansoek doen hy moet net nie wit wees nie,en is nie rassisties nie ….nou mag mens nie lelik praat nie.

Yvonne ·

So n lieg bek….dink almal is idiote….waar in jou lewe sal mense werk sonder n salaris…eish arme ding

Madz ·

Begin by die begin… haal al die VROT appels uit die pak uit – o vrek, hoe kan ek vergeet! Die hele bleddie PAK appels is vrot!!

Jakes ·

Die minister is maar soos meeste van haar comrades, onbevoeg en vaag.

Hercules ·

Geen ANCircus lid was nog ooit eerlik nie!! Daar sal ‘n dag kom waar elkeen van hulle rekenskap gaan gee mbt swak rentmeester skap!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.