“As ʼn regering moet ons erken dat ons swak voorberei was vir ʼn georkestreerde veldtog van openbare geweld, verwoesting en sabotasie van hierdie aard.”
Maar, het pres. Cyril Ramaphosa Vrydagaand in ʼn regstreekse toespraak aan Suid-Afrikaners gesê, planne om ʼn opstand te bewerkstellig het “misluk danksy die pogings van die veiligheidsmate en omdat Suid-Afrikaners dit verwerp en opgestaan het ter verdediging van ons swaarverdiende demokrasie”.
Ramaphosa het vroeër vanaand terugvoer gegee ná sy besoek aan KwaZulu-Natal, die episentrum van die afgelope week se geweld en plundering.
Volgens die president is die prioriteit nou om die land te stabiliseer, die lewering van noodsaaklike voorraad en infrastruktuur te verseker, om hulp te verleen sodat ondernemings weer opgebou kan word en om die “aktiewe pogings van burgers ter verdediging van lewens, inkomste en die demokrasie aktief aan te moedig”.
Ramaphosa het weer benadruk dat die land se konstitusionele bestel onder beleg is en dat die gebeure van die afgelope week niks minder nie was as ʼn doelbewuste, gekoördineerde en goed beplande aanval op die demokrasie.
“Die optrede was veronderstel om die ekonomie lam te lê, maatskaplike onbestendigheid te veroorsaak en die demokratiese staat ernstig te verswak of selfs te kelder. Onder die voorwendsel van ʼn politieke grief, het diegene agter die optrede probeer om ʼn burgerlike opstand te bewerkstellig.
“Hulle wou die maatskaplike en ekonomiese toestande waaronder baie Suid-Afrikaners leef, toestande wat sedert die Covid-19-pandemie vererger het, uitbuit en wou gewone burgers en misdaadnetwerke uitlok om aan opportunistiese dade van plundering deel te neem.
“Die gevolglike chaos is gebruik as ʼn rookskerm om ekonomiese sabotasie te pleeg deur geteikende aanvalle op vragmotors, fabrieke, pakhuise en ander infrastruktuur wat nodig is vir die funksionering van ons ekonomie en die verskaffing van dienste aan ons mense.”
Dié pogings het egter misluk weens gewone Suid-Afrikaners se teenstand.
Ramaphosa sê daar was sedert Maandag en Dinsdag se chaos ʼn skerp afname in die getal voorvalle van onrus en die meeste gebiede is kalm.
Meer as 2 550 mense is reeds aangekeer en spesiale reëlings word getref om te verseker die sake word geprioritiseer. Altesame 212 mense in Gauteng (32) en KwaZulu-Natal (180) is dood. Altesame 131 sake van moord word ondersoek en geregtelike doodsondersoeke word na 81 sterftes gedoen.
Altesame 118 voorvalle van openbare geweld, brandstigting, plundering en ander onrus-verwante voorvalle is sedert verlede naweek aangeteken.
Aanhitsers
Intussen is die polisie en intelligensiedienste steeds op die spoor van die baasbreine agter die aanhitsing van die geweld en Ramaphosa het weer onderneem dat diegene verantwoordelik vir die oproer aanspreeklik gehou gaan word.
“Spesialiseenhede van ons wetstoepassingsagentskappe werk onverpoos om diegene verantwoordelik vir die beplanning en koördinering van die geweld aan te keer. Ons gaan geen steen onaangeroer laat om hulle te laat boet nie.”
Ramaphosa sê daar sal nie toegelaat word dat enigiemand die land destabiliseer en daarmee wegkom nie.
“Ons gaan nie toelaat dat enige mens of groep die gesag van ons demokraties verkose regering uitdaag nie.”
Infrastruktuur herstel
Ramaphosa sê die verwoesting van eiendom en diefstal van goedere het ondernemings, verbruikers en die land miljarde rande gekos en groot skade aangerig op ʼn tyd wat die ekonomie reeds sukkel om weens die Covid-19-pandemie te herstel. Dit gaan boonop geruime tyd duur om te herstel.
“Dit het besighede verwoes en gaan ongetwyfeld lei tot meer werksverliese. Dit gaan armoede vererger en groter lyding vir miljoene Suid-Afrikaners veroorsaak.”
Dit gaan na verwagting ook lei tot ʼn hernieude toename in Covid-19-infeksies en het reeds die koronavirusinentingsprogram ernstig ontwrig.
Volgens NatJoints, die gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, is beduidende skade aan 161 winkelsentrums aangerig, ook aan 11 pakhuise, agt fabrieke en 161 drankwinkels en -verspreiders. Dit sluit nie die skade aan enige ander infrastruktuur in nie.
Die N3, een van Suid-Afrika se belangrikste roetes, is wel vroeër vandag weer oopgestel en Ramaphosa sê veiligheidsmagte is ontplooi om te verseker dit bly oop.
“Veiligheidsmagte werk saam met die sakesektor om die veilige vervoer van brandstof, voedsel, suurstof, medisyne, chemikalieë en ander noodsaaklike voorraad te verseker.”
Bedrywighede by die hawens in Durban en Richardsbaai word ook herstel om in- en uitvoere weer aan die gang te kry.
Ramptoestand
Ramaphosa sê hy het kennis geneem van oproepe dat ʼn ramptoestand verklaar moet word, maar glo dat dit as laaste uitweg in werking gestel moet word en eers as alle ander maniere om die situasie in bedwang te bring, misluk het.
“ʼn Ramptoestand sal lei tot ʼn ingrypende beperking van die basiese regte vervat in ons Grondwet, wat geen verantwoordelike regering wil doen tensy dit absoluut nodig is nie.
“Vir nou glo ons dat die ontplooiing van ons veiligheidsmagte, saam met gemeenskappe en maatskaplike vennote landwyd, orde sal kan herstel en verdere geweld kan verhoed.”
Die president sê in hierdie stadium is 10 000 soldate reeds ontplooi en nog 15 000 word oor die verloop van die naweek ontplooi.
Is julle al in beheer? Wanneer begin julle die sg opstokers in hegtenis neem? Om op hulle spoor te wees beteken eintlik niks. Wat is jou idee van “full might of the law”?
In internasionale nuus verneem dat daar later ‘n vergelding teen Indiërs gepleeg gaan word, vanweë hul beskerming van hul woongebiede en die dood van betogers (video). Suid Afrika word reeds as ‘n mislukte staat uitgebeeld met toenemende rasse konflik en 119 ras diskriminerende wette teen Blankes na 1994. Dit gaan weer gebeur. Covid grendeltyd het die ekonomie doelbewus verwoes, dus heropbou is wensdenkery.
Ek glo die storie van “was onvoorbereid” nie vir een oomblik nie. Hoe op aarde kan so grootskaalse plundery georkestreer word, en “niemand” weet daarvan nie????
Wys jou net hoe useless hulle is
Nogal deur social media. So hoe nou
Hul data bundles was op en kon niks op whatsapp ontvang nie. Onthou sy tablet is nog soek.
Wel, waarvan is die ANC-geleide regering ooit bewus?? Het niemand nog CR se verbasing gesien oor goed wat gebeur nie?
Dis eintlik makliker as wat jy dink.
Swak intelligensiediens, daar was die naweek al aanduidings dat iets broei maar geen voorbereidings is gedoen nie. Polisie & weermag onopgelei, nie behoorlike toerusting nie, hardloop soos afkop hoenders rond. Geen leierskap in die land nie. Vat CR en Cele 5 dae om te voorskyn te kom! Pateties!!!
Moenie kwaad wees nie, Cyril se laptop was toe al die tyd onder Cele se hoed :-)
En dan nadat alle gevaar verby is…
Watse hulp gaan aangebied word om besighede weer op die been te kry en gaan dit weer net transformasie hulp wees? Cele is nie gevoeg om kriminele van die aard te beheer nie.
Ou cele kan homself nie eers beheer nie.Hoor hy het n kleuterskool onderwys kwalifikasie wonder watter idioot het hom hoof v d polisie gemaak
“Cele is nie gevoeg om kriminele van die aard te beheer nie” want hy het te veel simpatie met ander van sy soort..
Dit is iets wat ek oor wonder.
Baie min mense sou die gemors beter kon hanteer ; oorreaksie sou gelei het tot ‘n bloedbad en volskaalse oorlog en dit is wat die opstokers van hierdie opstand wou gehad het . Die feit dat totale anargie nie uitgebreek het nie beteken dat hulle gefaal het in hul doelstellinge .
Rampie , julle hoef nie verder te soek as Zuma , Malema en Magashule nie . Klagtes van hoogverraad behoort in orde te wees wat as ek dit nie mis het nie steeds die doodstraf kan kry in uiterste gevalle maar ek mag verkeerd wees .
Ek stem saam met Zuma(s), Malema en Magashule. En ek las Cele by. Die Zuma faksie teen die Ramaphosa faksie. Duduzane het klaar gesê hul gaan 2024 aan bewind wees.
Daar was ongelukkig n onderreaksie voor die tyd met misdaad intel wat nie gebruik was om voorkomende planne in werking te stel.
Wat vertel dit van bevoegdheid / begrips – en oordeelsvermoë om te praat van glo net 118 voorvalle…. Selfs na hy verwoesting gaan bekyk het in Natal ……
Droomwêreld?
Of berekende maar vrot poging tot misleiding?
Geagte mnr Ramaforia, Lyk my super kort geheue help van wal af in sloot. Dis ooglopend ‘n voorwaarde om enige woord of belofte uit daardie oorde te glo.
Ergste is : Jy vra sowaar sommer ook vir ondersteuning vir president wat saam met sy kabinet burgerlikes wil ontwapen vir selfverdediging.
… selfs na burgerlikes se selfverdediging hul patetiese reaksie basse moes red.
CR verwys na ‘n opstand. Waarteen was die opstandigheid en teen wie? Vanaf die opstokers, vandale tot by CR ondersteun dieselfde ideologie: sosialisme/kommunisme. Cyril sè die opstand het misluk maar dui ook aan dat hy die basiese rede vir die chaos begryp, nl dat almal in die land nog nie gelyk/ryk is nie. Boewery is dus ‘n grondige rede, maar dit moet ‘anders’ gedoen word. Hoe? Waar pas die gereg in? Zimbabwe/Kuba is skynbaar bloudrukke vir sukses. Christelike/Bybelse waardes geld vir alle mense/tye. Wie aanbid die ANC? Die Bybel sè die armes sal ons altyd by ons hè.
Ja. Wat mense nie besef nie is die kommunistiese doelwit is nie dat almal ewe ryk is nie maar ewe arm. As almal arm is dan is daar nie meer ongelykheid nie.
As ek so bietjie kan saamvat: “Ons was sleg voorberei vir die uitdaging maar die gewone burgers het ons gered”
Ai tog ou Cyril, dit gaan al jare so en dié is maar net een voorbeeld. Ek daag jou uit om een voorbeeld te noem waar iets suksesvol was agv van die regering en nie ten spyte van die regering nie.
My feesdag is Sondae,nou is dit gemuilband. Ek sien Vrouedag en Erfenis/braaidag is in sig : kanselleer
Konsentreer op die heropbou van ń mislukte staat,vra die ontwikkelde wêreld om te kom help,uitgesluit Venezuela,Zimbabwe,Cuba,China,Haïti,en diesulkes. Good luck! Dit sal help as ons biddend die aangesig van God sal opsoek!!!
Ek wonder wat is die cANCer se definieer van ‘n suksesvolle oproer.
Totale anargie…?
Presies! Dis wat hulle eintlik wil hê!
Lees “Animal Farm” van George Orwell en jy hoef NOOIT weer Suid-Afrikaanse nuus te lees of luister nie.
Nadat die vyand al hulle doelwitte bereik het sal dit afskaal oppas vir die twede fase julle slaap nog steeds.
Toe maar Cyril, dit gebeur maar as jy meer besorg is oor jou ANC en jou posisie as oor die land. Jy het nou die idiale tyd om skoon te maak, maar ons weet jy het nie die moed of durf om dit te doen nie.
Nog ‘n opmerking. Jy noem klomp name van mense wat onlangs oorlede is, waar onder ‘n kunstenaar ook, maar almal is swart mense. Het jy geweet daar is prominete wit mense ook oorlede, of pas hulle nie in jou kraal nie????
Nee Koos10 cyril wou duidelik nie blankes se name noem nie. Maar ons weet dit al lankal.
My vertroue le verseker nie by die ANC regering nie….hulle het daarin geslaag om hulle absolute onbevoegdheid te bewys…. tot Taxi bestuurders boesem meer vertroue in…wow wow
Kabinet skommeling moet nou dringend plaasvind om van al die onbevoegde mense ontslae te raak. Wat n helse gemors was dit nie!!!
Hulle moet almal waai want die hele spul is onbevoeg.
Jy is reg maar met wie vervang hy hulle?
Cele ly julle om die bos , hy is nog steeds in Zuma kamp
Lyk my ramaposa lees ook koerant. Hy het niks gesê wat nie alreeds gepubliseer was nie. Ook geen nuwe planne vir die toekoms nie
Wat kan jy verwag as iemand soos Cele aan bewind is van polisie wat geen maar geen vertroue inboesem nie. As ek noem hoekom ek dit sê sal ek eenvoudig as ‘n rassis gebrandmerk word. ANC het weereens SA in die steek gelaat en gaan dit weer doen . Ons is eintlik gedoem in die land
Ek het die toespraak geluister en het weereens respek vir Pres. Ramaphosa gekry. Ek wens meer van ons eie mense wil hom ondersteun.
Wat my egter pla, is Shivambo se uitlatings en dreigings oor moontlike grondgrype sowel as die diefstal van die reuse klomp ammunisie. Ek is nie iemand vir samesweringsteorieë nie, maar hierdie twee gevalle ontstel my.
Ek sal aanhou hoop. Hoop dat die aanhitsers vasgevat word. Hoop dat die EFF vasgevat word. Met Zuma in die tronk het ek meer hoop en lyk of CR sterker kan staan om dinge nou om te keer. Ons gemeenskappe en hoe hul saamstaan gee my ook hoop.
Om een of ander onverklaarbare rede het hierdie week my net meer patrioties oor Suid-Afrika en sy mense gemaak.
Erik. Hoeveel skade het jy gely die afgelope week?
Asb moenie dit weer rook nie!
‘n Swartvrou wat in Gauteng ‘n winkel eienaar is het op TV2 vertel dat sy R150k by die bank geleen het om haar winkel op die been te bring. Sy vertel hulle WAS vooraf bewus van die plundery maar dit was net veronderstel om in KZN te gebeur. Haar winkel is geplunder. As sy geweet het moes cyril en cele ook geweet het.
Jou “our people” brand heel jaar strate en vragmotors, maar dan is jou mond tjoepstil – hoekom – omdat jy en jou sogenaamde regering geen vermoe het om oor “our people” te regeer nie. Dit is duidelik dat demokrasie en kapitalisme nie pas by “our people” nie. Snaaks tydens jou eerste pateties belaglike “familie toespraak” het jy na THE PEOPLE en nie na OUR PEOPLE verwys nie. Ek wonder hoekom? Die waarheid is `n bitter pil om te sluk – of hoe?
So die selfde polisie en intellegensie diens wat nie die beplanning van hierdie gemors aanvanklik opgetel het nie of wat nie daarop gereageer het nie, is op die spoor van die baasbreine daaragter……Wat n grap.
Margaret. Die SAPS se VIP afdeling is reeds aan die baas breine se sye!
So breinloos soek breinloos?
Ek verstaan mnr beweer dat die poging om die regering tot ‘n val bring het misluk en dat die optrede van die SAPD en SAW stabiliteit gebring het. Indie dit waar is mnr die president wil ek u ontnugter.Korrek, die regering staan nog maar is nie in beheer nie.Die gewone burgers het die pligte van die SAPD oorgeneem terwyl hulle die plunderaars verdwaas dopgehou het en ook gehelp het. Nou,soos te wagte,eien u die sukses hiervan toe vir die ANC . Die plundery het reeds met Zuma begin waarvan u deel was maar nou onskuldig pleit? Soos gewoonlik is u verbaas oor alles. Ek salueer die Indier gemeenskap wat ruggraat getoon het en die boewe vasgevat het.Ongelukkig kon ons blankes nie meedoen nie want dan is ons weer as rassiste uitgekryt. Leef maar voort in u droom van Kammie Kamfer
Ek weet nie in watse skool was die man nie maar dit was n snaakse skool
Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die Here uit te roei
– koning Dawid
Hy het ware kennis van God gehad, om die vrede vir die volk te bewaar.
PS 101:8
Die regering het ons land diep gefaal gesien vanuit ‘n ekonomiese perspektief.. Die argument is nou al holrugbgery maar jy hoef net 2 breiselle te gehad het om te besef dat die Zuma fiasko gaan land in onrus dwing EN gebeurlikheidsplanne in plek te hê!. Gebrek aan insig, visie en beplanning het os ekonomie wat reeds swaartrek onder Covid onnodig erg geknou. Voorkoming is BAIE goedkoper as herstel/vervanging/heropbou
En die opstand het misluk? Beplan hulle iets op ‘n nog groter skaal? Ek wonder net….
Ek glo geen woord van wat C sê nie.
Waar gaan die cANCer regering die geld vandaan kry om hierdie infrakstruktuur van hierdie verwoesting te herstel en waar gaan daar plek in die land se tronke kry om hierdie 2500 betogers wat gevang is te huisves.
Mnr die President – hoekom was die regering nie voorbereid nie?? Maklik is die antwoord – want jy het “kaders” in jou regering en onbevoegde mense!!! But it is time!!!! Die Here sal vir ons veg – ons maak nie staat op geld, mag en posisies nie!!!!
Julle kan dood eenvoudig nie ‘n land regeer nie tot die wilde diere hardloop rond tsek man pffft
Luister iemand na nog die ou?
Amper in dieselfde asem:
118 voorvalle is aangeteken,
maar 180 sentrums, pakhuise en fabrieke, asook horde drankwinkels is getref….
Wat vertel dit van bevoegdheid= / begripsvermoë?
Hopelik weet die regering nou wat om te doen wanneer Zuma weer in die hof moet verskyn.