Regering oorweeg taakspan, wetswysigings rakende pitbulls

Argieffoto

Die regering beoog om die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede te wysig sodat die eienaars van kragrashonde wat mense aanval vir dié aanvalle verantwoordelik gehou word.

Dié beoogde wysiging aan die wetgewing sal ook verseker dat die slagoffers teen enige skade beskerm word.

Dit volg nadat die Sizwe Kupelo-stigting ʼn petisie, waarin meer as 139 000 Suid-Afrikaners vra dat eienaarskap van pitbullterriërs verbied word, aan Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, oorhandig het.

Didiza het gesê die regering is bekommerd oor pitbullterriërs se betrokkenheid by aanvalle en lewensverlies.

Die regering doen daarom tans “omvattende DNS-ontleding” van pitbullterriërs en soortgelyke honderasse in ʼn poging om meer oor dié honde se gedrag te wete te kom en die spesifieke honderasse te identifiseer wat deur onoordeelkundige kruisteling in probleemhonde ontwikkel het.

Volgens die minister voer haar departement en die departement van justisie intussen samesprekings om die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede te wysig.

Sleutelrolspelers in die private sektor, waaronder die Pitbull Federasie van Suid-Afrika (PBFSA) en die Centre of Applied Pet Ethology (Coape), het boonop nou met die departement hande gevat om ʼn gesamentlike taakspan te skep in ʼn poging om die probleem aan te pak.

Die minister sê dié taakspan moet maniere vind om die veiligheid van mense te verseker wat saam met pitbullterriërs en soortgelyke rasse leef.

Maroela Media het vroeër berig die Sizwe Kupelo-stigting het verlede jaar die petisie begin ná ʼn noodlottige aanval op ʼn 10-jarige seun van Gqeberha.

Dié kind het gesterf nadat die gesin se twee pitbullterriërs hom aangeval het.

Die stigting wys in sy petisie daarop dat lande soos Rusland, Finland, Denemarke, Brittanje en dele van Duitsland en China reeds ʼn verbod of beperkings op die eienaarskap van pitbullterriërs of die invoer daarvan geplaas het.

Sizwe Kupelo wil hê die Suid-Afrikaanse regering moet dieselfde doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

domheks ·

As die honde gereeld gevoed word en nie vir honde gevegte gebruik word nie, sal daar NIE ‘n probleem wees nie.

TruthDealer ·

Dis ongelukkig net nie so eenvoudig nie. Hoeveel gevalle was daar nou al hier en oorsee, waar Pits liefdevol behandel was vandat hulle klein hondjies was, altyd genoeg kos, geen probleem. Maar eendag haak die hond se kop net uit en hy byt iemand dood. Ander tipes honde sal nog een byt gee en wegloop maar n Pittie hou vas en byt tot die persoon dood is. Daar is baie baie sulke gevalle. Dis ongelukkig hul natuur om as hulle eers byt, nie te laat gaan nie, tot die mens of ander dier dood is.

Kuver ·

Dis nie net die honde nie, n paar weke rerug het 2 Great Danes n vrou dood gebyt, wil julle hulle ook nou weg he??, Pitties het aandag, liefde en goeie opleiding nodig, iets wat baie mense nie besef nie

TruthDealer ·

Ons het nou al vir 24 jaar konstant ten minste een Great Dane, soms tot 3 al gehad. Liefdevolste honde op Aarde. Die 2 Danes wat daardie vrou doodgebyt het is n absolute “anomaly”. Een uit n biljoen kans. Pittbulls val gereeld mense aan en byt hulle dood. Gereeld. Dis juis die rede waarom ons ook n Rottie het, om die huis te beskerm. Ons GD is nie kwaai nie. Sy grootte is intimiderend maar dis al wat hy het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou wie gaan toesig hou oor dit wat jy voorstel?

piet ·

Snert. Ek stap baie en ek kan vir jou se dat hierdie welgevoede pitbulls absoluut mal gaan as jy op die sypaadjie verbyloop. Soek verseker net ‘n kans om daar uit te kom en hulle gunsteling sport, mensvreet, te beoefen.

TruthDealer ·

En nou gaan baie mense vir jou sê dis die manier waarop jy loop se skuld, Piet. Hulle sal enige ding uitdink om die Pits die onskuldige party te maak.

Sulize ·

Ek wil net weet van al die ander honde rasse wat ook mense aanval? Gaan hulle ook verbied word?

Amelia ·

Kyk ook tog na hoe kinders honde terg en met stoke na hul steek as hond agter devils fork is dis seker ook n rede hoekom honde mense aanval honde word tot met klippe of baksten gegooi gaan dit nou geld as persoon inin hond se einaar se erf gebyt word (wat soek die daar niks in ander se erf te doen nie)

Samuel ·

Ek weet van liefdevolle Pitbulls. Ek glo die grootste probleem is die agterplaas telery in die townships.

piet ·

Ek stap baie en sien GEEN liefdevolle pitbulls nie. Almal van hulle wil net by die erf uitkom en jou aanval. Deur die bank, geen uitsondering nie.

Angela ·

Dankie vir jou, Stem saam 100% het self 2. En is liefdevol.

JvR ·

GErt van Rooyen was ook gesien as n gesinsman, ouderling van die kerk, vooraanstaande man.

Bernhard ·

Hierdie gevaarlike diere moet onmiddelik verban word , goed so !

bfree ·

en die volgende oomblik wor chichauchau en wors honde en labradors enige ander hond ook verbied…

TruthDealer ·

Maar nie dodelik nie. Unless you actively pick up and hold the Chihuahua against your jugular vein.

Nettie ·

Ek was deur ‘n worshondjie gebyt. Drie gaatjies. Toe kry ek hom van my af, want ek is soveel groter en sterker en vinniger as hy. Ek is nie eers dokter toe nie. Binne ‘n week was dit gesond. Mens kan dit ongelukkig nie vergelyk met wat ‘n pitbull aan my sou gedoen het nie.

Sean ·

Almal weet n pitbull is n vegter Dis hoekom eienaars van pitbulls nie ander honde of katte het nie

Kuver ·

Waar hoor jy dit, my dogter het n Pittie en nog 2 ander honde en hulle is die beste maats en daar is nog baie ander net soos hulle

Martha ·

Daar is net soveel ander honderasse wat mense aanval, waarom word pitbul’s uitgesonder. Ek hou nie van hulle nie, maar hulle kan nie uitgesonder word nie

Nettie ·

Want die statistieke wys dat meeste mense oorleef ander honde se aanvalle, maar ‘n baie groot persentasie oorleef nie die aanval van ‘n pitbull nie.

piet ·

Want hulle is nie net meer geneig om mense aan te val nie, hulle byt ook dood.

Anel ·

Ag asseblief. Enige hond byt. Of hy klein of groot is. Hoe moet hy hom srlf verdedig? Ons het op geleide honde. Sal niemand byt nie, toon geen agressie nie. Toe begin die bure se kinders hulle terg, stokke deur die heining druk. Gelukkig kon ons hulle elke keer in die huis in roep, maar vir die eerste keer het hulle begin agressie toon. Ons seun het toe met die ouers gaan praat en verduidelik dat as gevolg van hulle kinders ‘n onskuldige kind later kan seer kry. Groot omveskoning gevra. So, om enige hond vir enige rede te verbied, is verkeerd. Voed die mense op. Sal jy ‘n leeu se snorbaard gaan trek? Dieselfde met ‘n hond. Los ander mense se diere uit. As jy iets of iemand wil terg jry ‘n mens wat jou kan tetug terg. Al do moeg daarvoor dat onskuldige diere die onderspit moet byt agv die mens! En geen dier, of dit nou ‘n kat of ‘n hond of ‘nbok of ‘n esel sal vir geen rede aanval nie, tensy hy bedreig voel!!!!!!!

TruthDealer ·

Nee daar was al baie gevalle waar Pits grootmense of kinders aangeval het sonder Enige terg of uitlokking. Daar is dan hoeveel videos oral oor die internet van katte wat mense aanval, self hul eienaars, en nie spelerig nie. Maar n kat gaan jou nie kan doodbyt nie. As mense dit net wil begin verstaan: Dis in Pitbulls se genetika dat hul vasbyt en doodbyt. En hulle Het die krag om dood te byt.

trotsNAMSA ·

Ek is ‘n kwalifiseerde hond gedragskonsultant. Pitbull Terriers is nie die probleem nie, mense is. Die meeste hond eienaars het geen idee wat hul hond se daaglike gedrag is nie, honde word nie gesosialiseer nie en KINDERS word nie geleer om honde te respekteer nie. Geen kind of persoon wat onbekend is met enige hond, moet alleen met hond gelos word nie. Almal se honde is “vriendelik” tot jy dié hond verkeerd benader, hond is oud, voel nie wel nie en raak geïrriteerd met mense wat hard praat, aan liggaam raak. My familie het 3 Pittbul Terriers, hulle is gesosialiseer en word met RESPEK hanteer. Geen onderteling of agressiewe speel gedrag word toegelaat nie.

Wonder ·

ek stem ek het n pitbull, die vriendelikste liefdevolle hond my kinders kan hom druk vir hom uit hull hande kos gee hy vat mooi sy lippe of tande raak nie eers aan mens se hand as ons hom n treat gee nie, die naweek het ons mense gehad met kinders ieweskielik grom die hond vir hulle na hull n ruk by ons was, ek het met hom geraas ens en weer na n hele ruk toe vang ek die kinders my hond skop en dis kom ek agter hulle het hom eerste begin seer maak…

Michael ·

Mense is nie die probleem nie, pitbull terriers is die probleem, verban die aanhou van die wilde diere soos heelwat ander lande al gedoen het. Julle heg duidelik meer waarde aan honde se lewens as aan mense se lewens-skande!

Nettie ·

Die probleem is dat jy verwag van die hele mensdom om een honderas met meer respek te moet hanteer as al die ander. Meeste honde raak nie aggressief as hulle nie respek kry nie. Meeste honde se aanvalle is nie dodelik nie. Pitbulls s’n is. Mense word elke dag deur wetgewing beheer teen hulle eie onnosele gedrag. Dis al wat almal hier ook verwag.

Wonder ·

ek sal alle Respek vir my hond gee want hy is die enigste een wat daar gaan wees indien my lewe in gevaar is die polisie self mense wat vir mens kuier wat se “lewe dalk in gevaar kan wees vir die hond” gaan nie daar wees nie

piet ·

Hoekom gaan die goed, sonder uitsondering, beserk as mens op die sypaadjie stap?

TruthDealer ·

Daardie storie raak nou al regtig afgesaag. En dis eenvoudig nie waar nie. Hoe verklaar jy dit, dat meeste mense hul Pits liefdevol grootmaak en tog byt Pits meer mense dood as enige ander ras? Baie maal sommer net uit die bloute?

Veldskoen ·

Statistieke wys dat 70% plus van honde aanvalle deur pitbuls veroorsaak word. Sekere spesies en rasse is net meer geneig tot agressie. Ek hou bv nie ‘n pug aan om die hadedas te verjaag nie. Net soos labradors hou van swem, skaaphonde hou van skape bymekaar maak of shnauzers hou van rotte vang, so ook het pitbuls ingeboude neiging tot agressie, maak nie saak hoe mooi en liefdevol jy vir snuffels grootgemaak het nie. Reguleer eienaars van pitbuls, stel vereistes vir aanhouding en maak eienaars krimineel strafbaar vir aanvalle.

Wonder ·

en as die kind my hond skop of seer maak en die hond val hom aan wie is dan skuldig?

TruthDealer ·

Ek sou sê as jou kind n hond skop of seermaak is daai hond geregtig om die kind n hap te gee. Dis wat die meeste honde sou doen, grom of blaf of n waarskuwings-byt gee, gewoonlik een vinnige byt. Maar Pitbulls se natuur is ongelukkig om nie op te hou byt as hulle eers begin het nie. They latch on and bite till the person is dead. Dis ongelukkig nou maar net n feit.

Veldskoen ·

Eienaars moet hulle honde op plekke hou waar kinders nie kan uitkom nie. Selfde geld vir vuurwapens. As jou wapen op jou sitplek lê en jou tjommie se seun kry hom in die hande is jy aanspreeklik.

Wonder ·

nee die tjommie is verantwoordelik om te kyk wat sy/haar kinders doen…

JvR ·

Nee Wonder. Die wet se jy is aanspreeklik vir wat met jou vuurwapen gedoen word.

Jean ·

Die regering is bekommerd oor pitbullterriërs se betrokkenheid by aanvalle en lewensverlies…
60+ mense word ‘n dag vermoor in die land, doen iets aan dit.

TruthDealer ·

Dis n hele ander onderwerp daai. Ek stem saam dat die regering drasties aan die mens teen mens misdaad moet ingryp. Oor die Pitbull kwessie, hulle is Ook die oorsaak van baie onskuldige mense en kinders se wrede dood. So daar moet ook drasties ingegryp word. Wees bly daar word ten minste nou aan een vd kwessies aandag gegee.

Nettie ·

Daar’s ander rasse wat ook deur “onoordeelkundige aanteling” geraak word. Maar ons sal maar niks daaroor sê nie of hoe? ;-)

Nettie ·

Ek sien mense dink die regering wil pitbulls verbied. Nee. Lees mooi. Hulle wil eienaars aanspreeklik hou vir die finansiele skade wat ‘n slagoffer of sy familie moet verduur. Onthou, die slagoffer is onskuldig!! Ek verstaan nie hoe hierdie ‘n verkeerde ding kan wees nie? As jy ‘n pitbull aanhou, sorg dat hy niemand seermaak nie. As hy doen, vat verantwoordelikheid daarvoor of neem versekering daarteen uit. Dis tog sekerlik die minste wat jy as eienaar behoort te doen in elk geval??

piet ·

Nettie, hierdie moet verder gaan . Die honde moet verbied word in dorpsgebiede. Jy kan nie die risiko loop dat die goed iemand gaan doodbyt nie. Kompensasie na die tyd gaan nie die slagoffer se lewe terugbring nie.

bolletjie blom ·

Dit is omdat sekere mense die honde in haglike omstandighede aanhou vir honde gevegte. Daardie honde is “cross breeds” nie opregte pitbulls nie. Hulle word ook aan kettings vasgemaak. Begin by die honde eienaars en nie die honde self nie.

George ·

Dis reg, as dit van my afhang, stel sommer self tereg daar waar jy een sien.

alice ·

Ek sal sowaar nie my kind of kraai by so ‘n hond los nie, wie sin dit ookal is nie.

De Bok ·

“Asseblief regereing, vat ons vryheid weg sodat ons veilig kan wees!”

TruthDealer ·

Ek dink dis n oordrewe en hiperboliese gevolgtrekking wat jy nou maak.

TruthDealer ·

Dan is sy stelling daai een en selfde ding. Tevrede? Do you have any actual opinion about what he said? If playing grammar nazi is all you have, i gather you’re trying to deflect from the point that that member made, and my reply to him.

Di ·

GEEN hond wat dag en nag vas geketting word kan normaal optree nie. HIERDIE is die EIENAARS van hierdie diere se skuld, PUNT. Hoekom ‘n hond aanskaf en dan 24uur van die dag aan ‘n ketting hou????

TruthDealer ·

Maar dis nie net Pitbulls wat 24/7 aan n ketting gehou word, wat mense en kinders gereeld doodbyt nie. Meeste van hulle leef in normale omstandighede en is geliefd en word genoeg kos en aandag gegee. Tot daardie kop eendag uithaak. Op daardie gebied is Pits soos perde, Onvoorspelbaar. Maar as n perd skrik of sy kop haak uit, gaan hy jou nie begin byt en probeer doodtrap nie. The horse rears up and you fall off. Dis n kans wat jy vat as jy lief is vir perd ry.

TruthDealer ·

Om verder te gaan (lyk my mens kan nie lang antwoorde in een blokkie tik nie): As jy besluit om te gaan perd ry en die perd skrik nou weer sy/haar blaas weg vir n blaar wat van n boom val en jy val af en kry seer, is dit Jou lewe, Jou keuse. Met Pitbulls kan Jou keuse van hond n Ander onskuldige mens se dood veroorsaak. Die Pitbull ras se koppe is geneig om uit te haak, dan val hul die eerste die beste mens aan en byt Dood.

piet ·

Hoe het die honde dan uit die erf gekom en mense in die straat doodgebyt?. Dalk moet hulle juis die heeltyd vasgeketting wees om sulke voorvalle te voorkom.

Papsak ·

Ek stem moenie honde verkeerde goed leer nie dit is n dier nie n mens nie hulle moet die honde los hulle pas hulle mense op ons moet reeds self na ons kyk nou daai hond gaan jou oppas maak hom reg groot want niemand beskerm ons meer nie los diere uit

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien ek reg verstaan het munisipaliteite die reg om sekere honderasse te verbied. Trouens, munisipaliteite kan alle diere verbied soos die geval in sekere dorpe in Australië. Ek weet nie waarom nader die anti-Pittbull groep nou ‘n ANC minister nie.

TruthDealer ·

Seker omdat hierdie land n ANC regering het? Mens leer elke dag iets nuut, nie geweet vd dorpe in Australië nie. Uuugh om nie eens n kat te kan aanhou nie. Daardie moet die mees miserabele dorpies op Aarde wees. Jy sal my nie genoeg kan betaal om sonder enige diere te lewe nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Knysna het in ‘n stadium Pitts en ander aggresiewe honderasse verbied. Dalk het dit nou verander.

Piet ·

Hulle kan dan nie eers beeste, bokke, skape uit die munisipale gebiede hou nie. Wei sommer in die dorp.

Gideon ·

Die probleem le by die eienaars nie die ras nie, pitbulls benodig baie aandag en oefening, as jy hom in n klein erf aanhou en nog erger vasbind sal hy aggresief raak….stap gereeld met die hond en stel hond bloot aan kinders en ander diere dan sal jy nooit n probleem he nie

Piet ·

Jy was al van die Romeinse tyd verantwoordelik vir jou diere se optrede. Vir wat moet jy aan ;n wet loop karring om dit reg te kry. Probeer jy jou posisie regverdig?

Sandra ·

Ek weet nie hoekom hulle hul tyd mors om die honde se DNS te toets nie. Daar moet liewer opleiding gegee word aan die mense wat die tipe honde wil he, en as hulle wel so ‘n hond wil aankoop, hulle ondersoek moet word, en ‘n permit kry wat wys dat hulle wel toegerus is om so ‘n dier aan te hou. Ek glo nie dat daar iets is soos ‘n probleem hond nie, maar ‘n ontoegeruste eienaar wat nie voorsorgmaatreels tref deur bv te sorg dat die honde nie uitkom nie, of dat hulle eenkant gesit kan word in ‘n plek wat hulle skei van vreemdes as hul byterig is. Ek dink in die regte omstandighede kan enige hond iemand aanval. Ek praat van ondervinding oor juis dit. En dit help ook nie dat ‘n vrees nou gekweek is vir die Pitbulls nie. Want ek het al geleer, die harde manier, dat ‘n hond jou vrees vir hom kan aanvoel. My ouers was al die jare toe reg.

boerie ·

Oorweeg blitsig n taakspan oor honde , maar niks oor plaasaanvalle nie waar daar baie meer mense hul lewe verloor.

Mariaan ·

Goeie nuus!! Hierdie honde net te gevaarlik…oor en oor bewys

piet ·

Korrek. Die track record is daar. Prevention is better than cure. Verban die mensvreters.

Nettie ·

Hoekom? Worshondjies byt nie sommer mense dood nie! Pitbulls doen. En hulle wil nie die honde verban nie, hulle wil eienaars aanspreeklik hou vir die skade wat slagoffers opdoen!

Dandeleen ·

Bly weg van ons heinings af met julle klein hondjies en leer die kinders respek vir honde. Indien die honde nie grensloos geterg word nie sal niemand seer kry nie.

Lillian ·

Hou op om onskuldige diere te straf vir hul geweldadige eienaars se optrede!

JvR ·

Gaan dit troos bring vir die ma wie se baba doodgebyt was, terwyl hy rustig op die gras gesit en speel het, toe die bure se pitbul oor die heining spring en hom doodbyt?

Sharmane ·

Jy weet mense is so maklik om die ras pitbul uit te sonder. MAAR is hulle die engiste honde ras wat byt. Gaan doen bietjie navorsing na so aanval en kyk na die omstandighede. Regtig om die hond te blameer is die maklike uitweg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.