Regering oorweeg veediefstal-liggaam

Argieffoto

Argieffoto

Die regering oorweeg dit om ʼn nasionale liggaam op die been te bring om die toenemende probleem van veediefstal te ondersoek.

“Dit is ʼn groot probleem, veral oor die grens tussen die Oos-Kaap en Lesotho. Boere het groot veiligheidsprobleme,” het Bheki Cele, adjunkminister van landbou, gesê.

Cele het gesê die regering wil streng optree teen die probleem van veediefstal wat veeboerdery in dié provinsie en die res van die land lam lê.

Hy sê die kwessie van landelike veiligheid is baie belangrik in die boeregemeenskap en dat dialoog en strategiese vergaderings noodsaaklik is om die probleme wat boere en hul werkers ervaar, aan te spreek.

Cele sê hulle sal ook met hul eweknieë in Lesotho vergader om te bespreek hoe veediefstal verminder kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

"Huh!" ·

Ek is nou nie snaaks nie, maar daar is mos duisende veediefstalliggame.

:-)

Ag los tog maar die stukkie humor, Maroela.

Grassie ·

Toe die huidige regering in 1994 oorgeneem het, het hulle twee goed toegeruste, funksionele veediefstaleenhede van die vorige bedeling geërf – die een het reg rondom Lesotho basisse gehad en die ander een het in Noord Natal en Zoeloeland gewerk. Hulle het dit tot niet laat gaan omdat hulle glad nie die boere se belange as belangrik beskou nie. Waarom sal hulle nou weer eenhede wil stig? Behalwe as hulle miskien nou vir wolf skaapwagter wil maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.