Regering paai unies oor SAL

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die departement van openbare werke sê hy sal met SAL se reddingspraktisyns vergader met die oog daarop om hulle te oortuig om die afskaffing van bepaalde roetes te heroorweeg.

SAL se sakereddingspraktisyns het Donderdag aangekondig die lugdiens sal van 1 Maart 2020 alle plaaslike vlugte vir Durban, Oos-Londen en Port Elizabeth staak. SAL is sedert Desember in vrywillige sakeredding geplaas.

Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakereddingspraktisyns, het gesê kragtens SAL se verbintenis daartoe om dringende stappe te doen om kontant te spaar en ʼn lewensvatbare platform te skep vir ʼn suksesvolle toekoms, moet sleutelmaatreëls “nou” ingestel word.

Dié aankondiging het groot ontevredenheid by verskeie unies uitgelok, wat van mening is dat dié besluit noodgedwonge tot die aflegging van werkers sal lei. Sommige unies het selfs gedreig met hofaksies, sou dié besluit deurgevoer word.

“Die departement van openbare werke is bekommerd dat onlangse besluite oor SAL ondersekerheid in markte en onder verbruikers kon veroorsaak het, wat die toekoms van die lugredery op die langtermyn negatief kan beïnvloed,” lui die departement se verklaring. “Daarom sal ons voorleggings aan die sakepraktisyns doen sodat ons die behoefte om niewinsgewende roetes te sny kan balanseer met die toekomstige volhoubaarheid van die lugredery sowel as om Suid-Afrika se lugvaartbedryf te verseker.” As deel van hul voorlegging, sê die departement, sal hulle die sakereddingspraktisyns versoek om hul besluit om die roetes te sluit, te heroorweeg.

“Terwyl ons die impak van die sakereddingsproses op die herstrukturering van roetes, personeel en kostes verstaan, is die regering én sakereddingspraktisyns daartoe verbind om ʼn oplossing te vind om ʼn volhoubare SAL daar te stel,” lui die verklaring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nie Verbaas ·

Die staat weet al jare dat SAL wanbestuur word en het absoluut niks gedoen om dit te verander nie. Nou staan hulle op hul kniee dat mense SAL moet ondersteun. Nee dankie, hulle moet nou maar die prys betaal vir plunder en wanbestuur. Unies wil hof toe gaan? Siestog. As werkers weer staak sal dit finale spyker in kis wees.

Stefan ·

Dus dieselfde vakbonde wat gestaak het vir belaglike hoër as inflasie verhogings terwyl die maatskappy bankrot is, wil keer dat er besuinig word om SAA te probeer red.
Dit raak al hoe belagliker, dinge wat ek gedink het onmoontlik is gebeur nou 3x per dag.

Peet ·

Dit is presies waar die probleem lê, die unies het die staat gekaap en hou vol daarmee. ‘n Mens wonder wie regeer nou eintlik die land, die res het net hulself gehelp met soveel geld as moontlik. Die regeerders is vas aan die slaap en weet geensins wat werklik in hierdie land aangaan nie.

Grassie ·

Daardie reddingspraktisyns het nie ‘n kat se kans om SAL reg te ruk nie. Die vakbonde gaan hul werk ongedaan maak.

Jannie van Niekerk ·

Die vakbonde en regeering is bang hulle skelmstreke word opnebaar.

Stof ·

Interkaap busdiens het bewys dat as hulle inploeg in die werk van evangeliste en sendelinge, hulle seën vermenigvuldig. Menigmaal, ry ons teen baie ruim kortings. Dit bemagtig ons om die werk van die Gewer van alle guns se werk makliker te doen. SAL het nog nooit so ‘n skema gehad nie. Hulle het staatgemaak op hulle historiese monopolie en allerlei ander, bloot menslike faktore. Nou ontstaan die gedagte: het geen SAL amptenaar al ooit daaraan gedink om ‘n intersessie-goep binne SAL te skep, wat sommer direk met Hoër Gesag konfereer nie?
Interkaap het dit. Wat weerhou SAL om dieselfde te doen?

Jannie van Niekerk ·

Christenskap het niks met die SAL se sake te doen nie. Dis arrogansie van ons regering en swak beestuur wat die oorsaak is vn hul swak prestasie. Geen Christelike beweging kan die SAL red nie.

Cherokee ·

Stof, dit is met belangstelling wat ek dinge raak lees wat miskien maklik misgekyk word. Dat dit wat jy skryf (sover) met 3 afwaartse duime begroet word, en dan opgevolg word met Jan van Niekerk se skrywe, verduidelik vir diè met oop oge, in watter tye ons lewe. Hy het nie eens verstaan jy sê nie dat Christelike bewegings die land kan red nie, maar die Een waartoe die Christelike bewegings hul vertoë rig. Moet nie kwalik neem nie. Dit mag bloot gebrek aan begrip wees.

Eragrostis ·

Het iemand al gekyk na die salarisse van die top strukture van die staats- en semistaatsdepartemente en dit openbaar gemaak aan Jan-Publiek? Dan sal van die ondersteuners van die regerende party dalk twee keer dink voordat hulle weer vir hulle stem. Dis een van die hoofoorsake omdat daar nie genoeg geld is nie, maar die regering verwys altyd na ander faktore as die rede. Mense sal op hul rûe val as hulle weet hoeveel sekere burgemeesters verdien.

Jannie van Niekerk ·

Nadat die regering gesê het hulle sal nie inmeng met die SAL se sakeredding nie, meng hulle alweer in.
Aangesien hulle nie saamstem met dis sakeredding praktisyns nie, het ek ‘n goeie voorstel:
Elke ANC LP, asook die LP’s en vakbonde wat die SAL wil behou, moet maandeliks 50% van hulle bruto inkomste as rentevrye belegging in die SAL belê. Aangesien hulle soveel vertroue in d e SAL het sal dit mos ‘n goeie belegging vir hulle wees

katerinadiekat ·

Oh my soul…Pateties verby. Wanneer gaan die vakbonde hulselwers laat registreer as politieke partye? Want dis duidelik dat hulle die land regeer.

Kobus ·

Vakbonde wil ‘n krokodil slaan tot hy erken hy is ‘n likewaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.