Regering sal steeds HOP-huise verskaf

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings (Februarie 2015) (Foto: Departement van kommunikasie)

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings (Februarie 2015) (Foto: Departement van kommunikasie)

Die minister van menslike nedersettings het Sondag gesê die regering sal nie ophou om HOP-huise aan behoeftiges te verskaf nie.

“Minister Lindiwe Sisulu het met kommer kennis geneem van misleidende mediaberigte wat aanvoer dat die regering nie meer BNG (“breaking new ground”)-huise, ook bekend as HOP, aan behoeftige Suid-Afrikaners gaan verskaf nie,” het die ministerie in ʼn verklaring gesê.

Volgens die verklaring “verdraai” hierdie mediaberigte Sisulu se uitlatings by ʼn perskonferensie tydens die Habitat III-vergadering oor informele nedersettings verlede week in Pretoria.

“Die departement van menslike nedersettings sal steeds behuisingsgeleenthede skep vir alle behoeftige Suid-Afrikaners, as deel van ons etos om menseregte en menswaardigheid te respekteer,” het Sisulu in die verklaring gesê. “Almal het ʼn reg om toegang te hê tot behoorlike behuising, soos in ons Grondwet bepaal, wat insluit dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet toepas met behulp van sy beskikbare hulpbronne om hierdie reg te realiseer.”

Volgens haar beleef lande dwarsoor die wêreld ekonomiese beperkings en daar is eise om gesondheid-, onderwys-, vervoer- en veiligheidsdienste te verskaf. “Suid-Afrika is nie immuun hierteen nie. Ons regering sal steeds die verskaffing van behuising vir behoeftiges prioritiseer, soos huise waar kinders, bejaardes of gestremdes aan die hoof staan. Ons sal nie hiervan afwyk nie,” het Sisulu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

Dis ‘n bewese feit dat mens beter na iets omsien waarvoor jy gewerk het, as dit wat jy verniet gekry het. Hierdie land moes nooit begin “huise” uitdeel het nie…maar liewer rente-vrye lenings sodat mense daarmee huise kan koop. Ongeag jou inkomste sou die terugbetaling dan 10% van daardie inkomste gewees het. Dit sou mense gemotiveer het om te begin werk, want as jy werk kan jy ‘n rente-vrye huislening bekom. Dit sou verhoed dat mense “handel dryf” met HOP huise. En baie meer mense sou baie gouer huise so kon kry, want die geld sou gesirkuleer word…..soos mense terug betaal, kon dit aan die volgende lener beskikbaar gestel word. Al wat die regering nou reggekry het is om ‘n klomp mense kwaad te maak, ‘n klomp onwettig te maak, gapings te skep vir korrupsie en nepotisme…en die “verniet kryers” het NIKS geleer nie. Inteendeel, baie van hulle het daardie huise verkoop, en WEER in die ry ingeval vir NOG ‘n huis. Swak…..

Irene ·

Hophuise gaan nou weer gegee word wat nou van water en ander goedere waaroor hulle elke dag bande brand hoe nou hahaha dink ons is DOM

Hennie ·

Ag dis vir my die ou storie plaaslike verkiesing om die draai nou begin daai beloftis van ANC

Wat-ek-lees ·

Soos ook daar by Deneysville waar steeds uitbreidings plaasvind en daar ‘n verdere 3000 gebou gaan word. Tans moet die rioolwerke verdubbel word om voorsiening te maak vir die HUIDIGE inwoners wat nog te sê die 3000 wat gaan bykom. Dus driekeer die grootte van die huidige aanleg sal dan benodig word om voorsiening te maak vir dit wat tans gaan gebeur.
Die groot grap is oënskynlik dat nóg die plaaslike munisipaliteit nóg die dept. van waterwese en saniteit hiervan geweet het. Daar is dus geen samewerking en skynbaar word daar net voortgeploeter met geen beplanning.
Ek glo dat op ander dorpe dieselfde ding aan’t gebeure is.
Ook het DWS nie die beskikbare geld vir hierdie ‘uitbreidings’ en lyk dit nie of Sisulu van haar kant ‘n bydrae lewer.
Die ander kommerwekkende punt is dat op hierdie klein dorpies daar nie werk is vir hierdie mense, ‘n toestand myns insiens erger as die swart dorpe van apartheid waar daar tog gedink is aan werksmoontlikhede.

Corné ·

Ek wonder nou maar net of dit wérklik van toepassing is op álle arm mense – ook die huidig benadeelde bevolkingsgroep waarvan só baie sonder heenkome of in tydelike nedersettings woon – sonder enige regeringshulp. Indien wel, gaan dit ook volgens die “kwota” stelsel werk?

E ·

Grondhervorming aan die ligter kant en HOP huise aan die ander?
So tussen die lyne lees ons nou maar.

alida ·

As die ANC ons nie so besteel het nie sou daar nie ‘n enkele plakkershut in SA gewees het nie. Die winter kom nader en ek kry die arme oumense en kinders jammer in daardie sink “kaias” Skande op skande !!!! Koue en honger vra nie watter kleur jy is nie. Bou die beloofde huise verskaf water en krag aan hulle. Meeste van die huidige huise wat hulle bou val na 6 maande uitmekaar en die kontrakteurs lag al die pad bank toe. Walglik !!!!

Anoniem ·

Net jammer amal wat behoeftig is kry nie n HOP huis nie…net sekere’s…hang af wat is jou velkleur!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.