Regering se argument oor rookverbod ‘verstommend’

(Foto: Maroela Media)

Die regering se bewering dat rokers nie Suid-Afrika se vier maande lange verbod op tabakverkope kan betwis nie omdat die verbod primêr op die verkopers van tabakprodukte gemik is, is vals, het British American Tobacco (Batsa) Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangevoer.

In haar verklaring in die regstryd met Batsa voer die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, aan die verbod is ʼn beperking op handel en dus die regte van verkopers. Enige inbreuk op rokers se reg op privaatheid, waardigheid en outonomie is volgens die minister ʼn bykomende saak en kan dus nie in die hof geopper word nie.

Dlamini-Zuma voer aan die saak berus op die kwessie of tabakmaatskappye se regte ingevolge die Grondwet geskend is.

Alfred Cockerill, Batsa se regsverteenwoordiger, het gesê dit is ʼn “verstommende argument omdat die hele doel van die verbod is om rook te stop”.

“Ons is verward oor die argument. Ons geleerde vriende is desperaat om te sê dat hierdie saak nie handel oor die regte van verbruikers nie, maar oor die regte van handelaars.”

Cockerill het ook verwys na die regering se veelbesproke verduideliking dat die verbod probeer om rokers te keer om tabak te gebruik en dan Covid-19 só ernstig op te doen dat hulle ʼn las op die land se reeds sukkelende gesondheidsorgstelsel plaas.

“Ver van bykomend, is dit die hele doel van die verbod,” het Cockerill gesê.

Cockerill het ook ten sterkste verskil van die minister se argument dat die verbod nie die grondwetlike regte van tabakprodusente skend nie omdat hulle nie verhoed word om hul werk te doen nie. Volgens die minister word hulle ten slegste deur tydelike kontantvloeiprobleme in die gesig gestaar omdat die verbod die aanvraag na hul produk verminder het.

“Die minister sê, uit die verhewe hoogte van haar lessenaar in Pretoria, dat hierdie bloot ʼn kontantvloeiprobleem is,” het hy aangevoer.

Dié argument is duidelik onwaar en help niemand nie, het Cockerill voortgegaan, omdat die eindresultaat is dat boere wat nie hul tabak kan verkoop nie, hul deure sal moet sluit. Die minister het boonop geen aanduiding gegee tot wanneer die verbod, wat reeds op 27 Maart in werking gestel is, gaan voortduur nie.

Die hofsaak word oor twee dae aangehoor.

Batsa se regstryd volg op ʼn onsuksesvolle hooggeregshofaansoek deur die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) om die verbod te laat omkeer. Fita SA het hom nou tot appèlhof gewend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hennie ·

Ek is ‘n nie roker en ek het nie erg aan enige rokers nie maar, die wetgewing ontneem ons die keuse.

Verder is daar navorsing wat daarop dui dat Rokers nie maklik COVID-19 opdoen nie. Ek moet bysê dat ek dit op hoorsê het.

Belangrikste: Ons is vrye burgers. Ons kan kies of ons wil rook of nie, of ons wil drink of nie.

Cherokee ·

“Belangrikste: Ons is vrye burgers’ sê Hennie. Askies dat ek my een wenkbrou so effe gelig het. Daar was ‘n tyd wat ons selfs meer vry was. Maar eendag sal ons totaal en al vry wees.

PH ·

Ou NDZ gryp nou na strooihalms. Hopelik gaan die hof nie val vir haar kinderagtige “redes” vir die verbod nie.
As die hof sou bevind dat die verbond onkonstituneel was, het Ramaphosa en kie groot probleme.

Estelle ·

Ek ken geen roker wat opgehou het nie. Hul betaal net meer vir sigarette maar blykbaar het die pryse nou heelwat afgekom want daar is n oorvloed sigarette bekombaar. Net die kriminele baat by die verbod.

Anel ·

My ma is 83 jaar oud en sy rook nig elke dag. Nou waar sou sy haar sigarette kry? Sy het nie op gehou rook nie.

JJ ·

En glo my vry- moenie glo dat die staat in die toekoms belasting uit die bron gaan kry nie- ek verkies om my besigheid elders te neem en sal nie huiwer om swart mark sigarette te koop nie- Meer nog, ek sal elke ander roker wat ek teenkom aanmoedig om dieselfde te doen. Onverantwoordelik? Miskien. Dis my manier van stille wraak neem

ᛄᚪᚾ ·

Jy ken my nie, maar my getuienis: ek het opgehou rook na 20 jaar. My ma het opgehou rook na 47 jaar. Die tabakverbod was `n motiverende faktor. Ons het baat gevind by die verbod. Dat kriminele die situasie en rokers uitbuit, ongetwyfeld. Die verbod kos boonop kloue vol geld om te verdedig in die hof. Belasting geld natuurlik, geld wat aangewend moes word vir ander belangrike doeleindes.

marius ·

Dis verstommend dat regslui dink dat die howe enigsins ‘n remedie inhou teen diegene wat alles met minagting platvee .

JJ ·

dis al wat ons het tussen demokrasie en diktatuur. Ek sal bekommerd word as die howe nie reg laat geskied nie

Persheks Adri ·

Ons het regte!!! Julle is verslaaf aan omkopery en korrupsie! Dis oor jy NDZ saam jou kinders geld maak op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Wat doen hulle met mense wat verslaaf is aan drugs, dagga wat wettig is en pil verslaafdes? Sweet blow niks. Jou redenasies maak GEEN sin nie kom by kopdoek!Taxi’s mag 110% vol gelaai word aikona dit veroorsaak Covid

Steady Eddie ·

Daar is ‘n gesegde “Dom, maar nie Stupid nie” !!!
Ongelukkig, (of is dit dalk Gelukkig) is NDZ “Dom” verby !!!
Hier het sy BATSA die reg gegee om hul werk te doen !!!
BATSA moet nou net verteenwoordigers kry om in stede en dorpe te ‘barter’ …
Hulle gee rokers sigarette en die rokers gee die verteenwoordigers finansiële ondersteuning !!!
GEEN verkope vind plaas nie !!!
Net dankbare Harte … en Longe !!! ????

Persheks Adri ·

NDZ kom ons vat “our people” se regte weg en kyk of hulle gelukkig gaan wees! Ek praat spesifiek van jou taxi’s. Jy’s te bang vir hulle ne? Jou dubbel sinnige reëls is ‘n pot snot

Evert Philippus ·

Ramaphosa se baas NDZ bewys nou sy is die stompste potloot in die pakkie. Wat nou??

Johnny ·

Daar is wel een ding wat BATSA sê wat nie waar is nie, en dit is dat tabakboere sal moet “hulle deure sluit”. Hulle kan eenvoudig ander gewasse begin kweek.
En, of mens daarvan hou of nie: rook is slégs skadelik vir die roker en die tabakmaatskappye maak staat op verslawing om hulle produk te smous . . .

Jones ·

Johnny jy het geen benul waarvan jy praat nie. Dit is nie net vinnig ander gewasse plant nie. Ander gewasse gaan heel moontlik nie daar aard nie. Ander implemente word gebruik vir ander gewasse. Dalk moet jy net eers navorsing doen voor jy hier kommentaar lewer. Rook is nie so skadelik sois jy wil voorgee nie. Baie mense word kalmeer wanneer hulle rook. Te veel kos eet is ook skadellik vir mense. Te veel chemo na kanker lankal genees is, is dodellik en dit word deur dokters toe gedien. Mense soos jy wat nie weet wat regtig aangaan is meer skadellik vir ander. Dis sulke reaksies wat rokers dadellik ‘n sigaret laat aansteek.

Ben ·

Die “vrou”???? se kop is nie reg nie. Dit is onverstaanbaar dat sy nou met sulke snert voorendag kom. En ons los dit maar en gaan maar net aan. In ander lande sou die hel los gewees het.

Inkpot ·

Sug!
Om te dink sy is ń minister “met ń kwalifikasie”wat so redeneer.
Red nou ń volk met sulke mense aan bewind.

Chris ·

Ek het nie gerook nie, maar weens die feit dat ek aldag by die huis sit (ingeperk) en meer bewus gemaak is van al die diefstal, misdaad en hoe swak dat ons land regeer word, is ek genoop om tussen my drankies, ‘n rokie te maak. Ek stel voor dat “sy” die verlies aan inkomste van belasting ervaar en regkostes betaal en vir CR eerlik vertel dat “sy” eintlik bedoel het om hom te laat “lyk” soos hy nou eintlik “lyk” of soos gestel, nou die land se spreekvoerder is, natuurlik met voorbehoud en vooraf toestemming.

KB ·

Johnny, jy was lanklaas op ‘n tabakplaas, klink dit vir my. Daar staan tabakoonde en ander duur toerusting, asook landbou-chemikalieë op daardie plase (wat op skuld gekoop is en met die verwagte oes-opbrengs afbetaal moet word). Die boer kan nie net eenvoudig oorskakel na ‘n ander gewas toe nie! Verder moet ‘n nuwe gewas aangeplant word, en dit neem verdere tyd voordat die boer weer die nuwe (dubbel-duur gewas) kan oes.
Dink bietjie voor jy sommerso van die heup af skiet.

Adam Adriaan ·

NGZ is van haar sinne beroof om sulke argumente aan te voer. Dit wys net weer die integriteits siekte waaraan die ANC en sy kaders ly.

Adam Adriaan ·

Dan het sy nogal regsgeleerdes wat sulke twak in ‘n hof wil verkoop

Nico ·

Ek het 35 jaar gelede die rokery gelos. Die wittes het mos nie regte nie, NKZ het haar vinger diep in die pasty van die onwettige sigaret verkope, elke roker het die besluit of hy/sy wil rook of nie, dit is ook nie haar geld wat gemors word nie, sy kan ook nie namens hulle besluit nie. Die tabakboere is wat gaan verloor. Stop eerder die alkohol verkope wat meer drama veroorsaak, sy is ook besig om die wit rokers se regte te vertrap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.