Regering se Covid-19-strategie ‘onlogies’

Sosiale distansiëring in ʼn ry buite ʼn toetsingskliniek in Khayelitsha, Kaapstad (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Die aanvanklike Covid-19-model, wat instrumenteel was in die besluit om afsonderingsmaatreëls in te stel, het glad nie die ekonomiese gevolge van dié maatreëls in ag geneem nie.

Dit moes bloot die potensiële uitwerking van Covid-19 in die afwesigheid van potensiële ingrypings beraam. Dié plan word nou uit verskeie oorde gekritiseer, onder meer omdat daar glo nie wyd genoeg gekonsulteer is voor die plan aanvaar is nie.

Die bekendmaking van ʼn nuwe, verbeterde plan word egter binnekort verwag.

Prof. Juliet Pulliam, direkteur van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (Sacema) aan die Universiteit Stellenbosch, sê die aanvanklike, voorlopige skattings was gegrond op ʼn statiese model wat van die bes beskikbare inligting in daardie stadium gebruik gemaak het om die potensiële reikwydte van Covid-19 in Suid-Afrika te beraam. Sacema het die eerste model saam met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) opgestel.

“Data van die epidemie in China is aangepas vir die Suid-Afrikaanse bevolking, byvoorbeeld deur vir verskille in ouderdomsverspreiding voorsiening te maak. Talle potensiële scenario’s is voorgehou weens die groot onsekerheid in daardie tyd,” sê sy.

(Foto: Brian Inganga/AP)

Sacema en Nios het onlangs in die media onder fel kritiek van prof. Shabhir Madhi, die voormalige hoof van Nios, deurgeloop. Hy meen dat die model onlogies was, wilde afleidings daarvolgens gemaak is en die moontlike kollaterale ekonomiese en maatskaplike skade nie in berekening gebring is nie. Hy voer aan dat hy probleme in die model uitgewys het, maar prof. Pulliam sê sover haar wete strek, het prof. Madhi nie toegang tot die aanvanklike verslag gehad nie.

ʼn Senior mediese epidemioloog by Nios, dr. Harry Moultrie, het bevestig dat die vroeë model se doel nie was om die potensiële uitwerking van intervensies op die epidemie se trajek óf die ekonomie te assesseer nie. Hy sê die statiese model het vier scenario’s met sensitiwiteitsontledings ingesluit en het die onsekerheid van die situasie duidelik aangedui, gegewe die beskikbare inligting.

“Die wêreldwye begrip van die Covid-19-pandemie ontwikkel voortdurend teen ʼn snelle pas. Meer onlangse modelle sluit ʼn dinamiese transmissiemodel in, wat gereeld bygewerk word om nuwe inligting en data in te sluit.”

Oor die kritiek dat die model verder versprei kon word vir evaluasie deur ander kundiges, sê Moultrie dat talle organisasies en individue, onder wie Nios-personeel, betrokke is by die ontwikkeling, beoordeling en verfyning van Suid-Afrika se reaksie op die epidemie.

(Foto: Brian Inganga/AP)

“Die jongste dinamiese transmissiemodelle is in samewerking met verskeie modelleringsgroepe gemaak. Omdat die Covid-19-epidemie heeltyd ʼn veranderende situasie is, bied die risiko-aangepaste strategie ʼn voortdurend aanpasbare raamwerk om nuwe inligting en lesse by te werk, soos nodig,” voeg Moultrie by.

Prof. Pulliam verduidelik dat die insette van ʼn wye reeks kundiges ingewin is, onder wie viroloë en kliniese kundiges, as deel van die Suid-Afrikaanse Covid-19-modelleringskonsortium.

Een so ʼn kundige is Theo Ligthelm, lid van die minister van gesondheid se adviesraad oor Covid-19. Hy het vroeër vandeesweek aan Maroela Media gesê dat die akademiese advieskomitee ná uitgebreide navorsing verlede week ʼn nuwe model vir die president voorgehou het vir goedkeuring.

“Dit is gegrond op ʼn grootskaalse ontleding van data van alle lande om ʼn model vir die kurwe in Suid-Afrika te gee. As die president die model so aanvaar, kan die strategiese plan gefinaliseer word.”

Hy voeg by dat dié groep kundiges wat die regering in sy stryd teen Covid-19 bystaan tot 18 uur per dag onder geweldige druk werk om die bes moontlike oplossing vir die uitdagings wat die pandemie stel, te vind.

Lwazi Manzi, woordvoerder van die minister van gesondheid, het nie gereageer op Maroela Media se versoeke vir ʼn afskrif van die aanvanklike model, of navrae oor wanneer die volgende model in werking gestel gaan word nie.

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

Die Solidariteit Navorsingsinstituut het ook modelle opgestel oor die plaaslike uitwerking en reikwydte van Covid-19. Die instituut se modellering verskil van die regering sʼn deurdat hy van sy eie demografieprojeksies gebruik maak en die wisselwerking tussen vigs en Covid-19 in berekening bring.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê volgens Statistieke SA het ongeveer agt miljoen mense in Suid-Afrika vigs, van wie ongeveer 54% antiretrovirale medisyne gebruik. Dit laat ongeveer vier miljoen potensieel kwesbare mense.

“In Suid-Afrika is dit die een deel van die legkaart wat bepalend gaan wees. In ander lande kan kwesbares in ouetehuise en hospitale maklik geïsoleer word, maar om ʼn wye verskeidenheid mense tussen 15 en 49 te probeer isoleer is bitter moeilik,” sê hy.

Die uitdaging rakende Covid-19 is ook nie soseer die sterftesyfer nie, meen hy, maar veel eerder die kapasiteit binne die bestaande gesondheidsorgstelsel wat dit opneem. Pasiënte wat ernstige behandeling benodig, het langer intensiewe sorg nodig. Dit impliseer dat ander hanteerbare mediese gevalle skielik noodlottig word omdat jou gesondheidsorg se kapasiteit oorweldig is.

“Tot daar ʼn entstof is, is die enigste pad vorentoe om deur te druk. Ons moet genoeg mense kry wat herstel ten einde tropimmuniteit te vestig, anders is ons bloot kwesbaar vir ʼn tweede golf infeksies,” sê Mulder.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oros Soros ·

“Lies, damned lies, and statistics” – Benjamin Disraeli.

Fedup ·

You can work on models and make up data as you go along, but not one thing you have done worked. You cannot even get along or agree on anything. Why should we trust a word you say? And one more thing. NEVER EVER compare us to the chinese. That is just wrong on so many levels.

Michael 1 ·

My opinion is that if only we had competent people to rule this country it would have been great,now we live in fear and anxiety because we are not sure who is truthful and who actually knows what he is doing.

Jaco ·

ek kan verstaan as die regering eintlik inperking wil gebruik om wit mense finaal ekonomies te kelder. dis seker maar deel van die ewige straf vir apartheid.
maar wat ek nie verstaan nie, is dat daar ook negatiewe gevolge vir ons regering se eie mense, Ramaphosa se “our people” gaan wees. hoe werk dit dan? Dis mos nie reg nie.
daars rumours selfs uit regeringkringe dat 7 miljoen meer mense na lockdown werkloos gaan wees. daardie syfer is DUBBEL die getal ekonomies aktiewe wit mense. So iets maak regtig nie sin nie.
Onderdruk dan die wit mense as julle so graag wil, maar moet dit net nie aan julle eie mense ook doen nie.

Jacobus ·

Fedup absoluut perfek gestel. Die Sjinese het geen agting vir hulle eie bevolking en sê net wat jy wil, hulle is patalogiese leuenaars.

Anel ·

Piet, Fedup en Oros, ek stem saam met julle. Die Sjinese het ‘n masiewe blaps begaan en probeer dit nou verdoesel. Verder kan geen ander deel van die wêreld met ons omstandighede vergelyk word nie. Ons land is uniek, so probeer om vir ons ‘n unieke oplossing te kry, wst ek weet hierdie komunistiese regering nie by magte is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.