Regering se misleiding oor gesondheidsversekering blootgelê

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Die regering mislei Suid-Afrikaners willens en wetens oor die onbekostigbaarheid van die voorgenome nasionale gesondheidsplan. Só bevind ʼn gesaghebbende navorsingsverslag wat Dinsdag by die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid ingedien word en waarvan Maroela Media ʼn afskrif bekom het.

Die omvattende verslag oor die ware koste van nasionale gesondheidsversekering (NGV) is opgestel deur prof. Jannie Rossouw, professor in ekonomie en hoof van die skool vir ekonomie en sakewetenskappe aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Mike Holland van die maatskappy PriceMetrics.

Dit sal as deel van die Solidariteit Beweging se voorlegging oor nasionale gesondheidsversekering by die parlement ingedien word.

Die verslag word ingedien in ʼn week dat Suid-Afrikaners hul rug styf maak teen nasionale gesondheidsversekering. So byvoorbeeld gaan die DA Maandagoggend ʼn petisie met duisende handtekeninge teen die gesondheidsplan by die parlement indien.

Luidens die verslag laat die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering spesifiek na om enige kosteberekening in te sluit, wat ondenkbaar is gegewe die ingrypende uitwerking daarvan wat luidens die wetsontwerp se eie bewoording beoog word.

“Die memorandum tot die wetsontwerp poog om die publiek en parlementslede te mislei met die stelling dat die koste/begrotingsmodel op praktiese kwessies eerder as algemene modelle fokus. Boonop wys dit net die aanvanklike koste om die NGV-fonds te stig, waaronder ʼn fonds waartoe dokters bydra per lid van die bevolking wat hulle bedien, en ʼn paar klein korttermyn-ingrypings,” bevind die verslag.

Die mees onlangse staatsberaming van die NGV-koste is in die tersaaklike witskrif uit 2017 vervat, maar kommerwekkend genoeg gebruik dit onaangepaste syfers uit 2010 vir kosteprojeksies in 2025-’26.

“Sodoende word ʼn vals indruk van die instellingskoste gewek.

“Dit wil voorkom asof die NGV aan geen kostevoordeelontleding onderwerp is deur die nasionale tesourie of die departement van gesondheid nie,” bevind die verslag.

Die verslag bevind dat die ware instellingskoste van die NGV in die omgewing van R226,9 miljard sal wees, wat onbekostigbaar is selfs indien die ekonomie teen ʼn hoogs optimistiese koers van 2% per jaar tot 2025-’26 groei.

Die finansieringsgaping bereken teen huidige geldwaarde beloop sowat R166,5 miljard, of sowat 12,3% van die Suid-Afrikaanse staat se algehele inkomste vir die huidige geldjaar.

Teen 2026 sal die finansieringstekort minstens 10,8% van verwagte staatsinkomste bedra, wat ʼn algehele belastingverhoging van 10,8% sal noodsaak.

Gegewe dat staatskuld tussen 2008 en die huidige geldjaar toegeneem het van 25% van die bruto binnelandse produk (BBP) tot 60% van die BBP is dit duidelik dat die land se fiskale kapasiteit uitgeput is. Intussen het die gesamentlike koste van welsynsuitbetalings, staatsdienssalarisse en rente op staatskuld toegeneem van 55% van staatsinkomste in 2008 tot 73% van staatsinkomste in die huidige geldjaar.

Boonop het die belastinginvorderingskoers ʼn draaipunt bereik kragtens die sogenaamde Laffer-kurwe wat beteken belasting se invloed op geld beskikbaar vir welvaartgroei lei daartoe dat belastinginkomste vir die staat sal afneem as die belastingkoers verhoog word. En soos reeds aangetoon, gaan die belastingkoers op groot skaal verhoog moet word om die NGV te laat ontplooi.

Luidens die verslag sal verhoogde BTW, ʼn salarisheffing, ʼn toename in persoonlike én maatskappybelasting, asook die kansellasie van mediese belastingkrediete nodig wees om die NGV te finansier.

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

Wat voorts verreken moet word, is of die verhoogde belastings ʼn invloed gaan hê op ekonomiese aktiwiteit. Wat gaan die invloed wees op bestedingspatrone, werkure, emigrasie, en so meer?

Die verslag wys uit dat die minister van finansies, Tito Mboweni, in die pas aangekondigde mediumtermyn-bestedingsraamwerk vir die volgende drie geldjaar ʼn meer beperkte instelling van die NGV voorsien. Die gevolge hiervan kan wees dat koste in toom gehou word, maar ook dat lede van die laer middelklas hul mediesefonds-bydraes gaan staak, wat die las op die openbare gesondheidstelsel sal verhoog.

Ter opsomming bevind die verslag dat die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering nie ʼn behoorlike kosteberekening insluit nie. Die verslag beveel aan dat die parlement nie eens die wetsontwerp begin oorweeg voordat die koste van die inwerkingstelling daarvan bepaal is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

André-Chris ·

Korreksie, die ANC regering, en elke president van hulle, mislei ons die afgelope 25 jaar.

Bob Jan ·

Alle regerings en politieke partye is oneerlik. Gen. Eerste Ministers Louis Botha en Jan Smuts. Meer onlangs Presidente P.W. Botha en F.W. De Klerk.

André-Chris ·

Bob Jan, jy veralgemeen, daar is nie ‘n manier hoe mens die hede met die verlede kan vergelyk nie, veral nie met die endemiese korruptes soos ons die afgelope 25 jaar ondervind nie. Kyk na die ekonomie, waarom moet die regeringsentiteite tot barstens toe vol gepak word van kaders, ook poste wat in triplikaat gevul word … so kan ek aangaan en aangaan … die salarisrekeninge bas uit hul nate … hulle kan nie eens jaarstate verskaf nie … wat ek nou hier sê is maar in druppel aan die emmer, ‘n korreltjie in die sand …

André-Chris ·

Ek hou van die woord wat Jan-Jan hierbo gebruik … “Laffer-kurwe”. Baie beskrywend van ons probleem.

JW ·

Dis mos darem op hierdie stadium so duidelik soos daglig
Alles waaraan die regerende party raak verander onmiddellik in n nuwe ANC:

A- ANOTHER
N-NATIONAL
C-CRISIS(moet eintlik wees : DISASTER

Hans ·

en Jan van Riebeeck en Apa-theit word blameer ….. ten spyte van ‘n meer as n kwart eeu aan die stuur van sake vlug selfs mede afrikane die land uit.

Pieter ·

Dit is maar eenmaal die ANCircus se metode – wanvoorstelling, halwe-waarhede, volslae leeuens, en manipulasie. En al die optredes is deel van die NGV droom.

Die klomp narre het nog geen projek begin wat eerstens tot die beoogde begrotings beperk is nie, en tweedens waar daar geen korrupsie en omkopery was nie, en derdens waar daar nie onbevoegde en onkundige mense aan stuur was nie.

Die NVG sal Eskom se huidige skuldvlakke, van bykans 480 miljard Rand, en onbevoegdhede soos n pasgebore lammertjie laat voorkom.

Willem Grobler ·

Hulle gaan van die standpunt uit dat die onnosel-, wit belastingbetaler net sal aanhou betaal om die vrede te bewaar. Dis lankal tyd dat ons ophou om die ander wang te draai – dit is ‘n resep om jou kop afgeklap te kry.

Oom leeu ·

Hulle kan nie eers die klinieke wat daar is van medikasie voorsien nie.Hoe wil hulle die nuwe gesondheid sorg doen.Dit is weer die wat bevoordeel moet word wat gaan swaar kry.

Vince ·

Alles stuur af op kommunisme, waar die staat als wil besit, ook vir jou as individu. Hul wil jou lewe dikteer en jou bates besit. Die volk is dwaas of passief gewillig, soos blyk by stembus na verkiesings.

André-Chris ·

Jan-Jan en watter rol het Moegoeng hierin te speel om hul in hul saak in die algemeen te sterk? Hy is duidelik die orakel, wat by elke geleentheid wat hy gegun word, die grondwet opraap om oor apartheid mond uit te spoel. Steve is ‘n sanger en Moegoeng is die hoofregter van die grondwethof. Waarom word Steve verguis as hy hom op politieke terrein begewe, maar die hoofregter nie? Moegoeng is slim genoeg om probleme wat die regering sedert 1994 in die gesig staar aan kolonialisme en apartheid te koppel. En as JvR nie daar was nie, en ook nie ‘k’ en ‘a’ nie, waar was hulle dan? Miskien het Jessie Duarte tog ‘n punt beet, en sal hul trialbalism, sonder die blanke, wel ander misken het.

Hendrik ·

Ek dink net Jessie Duarte het definitief ‘n punt beet en nie miskien nie. Wat sy gese het is virseker ‘n probleem in die regerende party.

A E Burger ·

Ek weet nie of ek kan kommetaar lewer nie. Sekere StaatsHospitale in dieselfde stad is in goeie alles maar die ander Hospitaal is verseker swak alles swak. Ons is soveel nasies in die land die Hospitale is oorvol. Ek het 3 maande gelede my arm in gewrig baie sleg gebreek en duim ook, dit pyn 24 uur van dag ek gebruik net 1 arm. Ek moet plate en skroewe kry . Vele maal was ek by die saal waar ek opgeneem moet word en wag tot laat met die hoop dat daar ‘n bed beskikbaar sal wees. Dan sal Suster sê geen bed dan weer ‘n nuwe datum so gaan dit aan. Ons bly op ‘n ander dorp en kry pensioen, my lyf is seer gery van op en af. Ek het moet opgegee. Ek weet noodgevalle kom 1 ste en wat sieker as ek is. My arm en hand was al 16 keer gebreek maar kom nie gelyk oormekaar nie nou groei dit nie meer aan nie maar my hand en arm trek al krommer van mekaar. Help my asb
Of my hand gaan gebreklik raak. Die Hospitaal en Drs. en Staf almal is wonderlik, maar nou is my man ook baie siek , Hart net 15% werking. Bv. ek wil graag vandag opgeneem word en weet dat ek môre ge-opereer word, nie dae ook lê en wag vir ‘n teater. Groete

Johanna Botha ·

Alles waaran die anc vat soveer is n flop …hoekom sal die ngv nou n sukses wees met so n patetiese rekord !

Carel Pienaar ·

Al die analiese in die wêreld gaan nie die NGV stop nie. Vir die gemiddelde Suid Afrikaner beteken dit ( hopenlik ) n beter gesondheids sorg en vir die ANC beteken die stemme vir die volgende paar verkiesings. Jou opinie tel nie. Dis klaar besluit dat die NGV sal ingestel word en jy gaan daarvoor betaal.

Feite ·

Die ANC en CR se NGV en skole/universiteite plan is sinoniem met misleiding vir die skep van n ondemokratiese en ongrondwetlike nie rassige welsynstaat. Nie rassig beteken vir die ANC dat alle rassegroepe se verskillende ideologiee en identiteite onderdruk word tot een ras ideologie en identiteit. Die NVG het dit verder ten doel om mediese fondse te kaap en te sentraliseer!

John ·

Wie sit eintlik agter die grootse plan? Staatskapings neem vele vorme aan; nou word die medisyne-kassie geteiken. Die argitekte van die plan se gesigte is reeds vertoon. Praat met hulle en die prentjie sal in plek val. Meer van dieselfde gif wag.

Anna Theron ·

NVG gaan daargestel word vir net nog n SOE wat deur die staat en amptenare kaalgestroop kan word, want vir alle regdenkendes is dit duidelik dat dit n verdere ANC fiasko gaan wees, wat die land miljarde gaan kos en bloedsweet vir die belastingbetalers!

Leon S ·

Meet die ANC aan die prestasies van hulle SOE’s…..almal druip….so ook met die NGV. Askuus mabuza vlieg na rusland vir mediese behandeling. Waarom vertrou mabuza nie sy eie land se mediese sorg nie?? Arme Bob het in die buiteland ten duurste sy laaste asem uitgeblaas?

Swannie ·

Daar is geen staatsinstelling meer oor wat geplunder kan word nie, dus moet `n nuwe een geskep word.

So duidelik soos daglig.

Winx ·

Ja Swannie, maar daar is 1000de belastingbetalers wie getap kan word. Dink gou … bitter min huishoudings sal kan klaarkom as ‘n verdere % belasting uit hul maandelikse inkomste verhaal word. My vraag is as volg: wanneer iemand wil geld leen, doen die banke ‘n bekostigbaarheidsoefening? As jy nie ‘n leningspaaiement kan bekostig nie keur hulle jou af reg?
Nou
Hoe op aarde kan die staat wetgewing in plek sit om jou te VERPLIG om verdere belastingverhoging of aftrekkings te betaal as jy dit nie kan bekostig nie? Let wel… hulle verplig jou.. dis nie uit jou eie keuse nie.
Verskoon asb.. my vraag is dalk kinderlik uiteengesit, maar ek weet nie hoe anders om dit uit te druk nie.
Daar is klaar nie geld in huishoudings nie… waar moet mense dit vandaan kry om aan te hou om die ANC se gemors te befonds? Ek is nie ‘n regsgeleerde nie, maar kan nie dink dat dit grondwetlik of wetlik reg kan wees nie?

Boet. Fasie ·

Teen die tempo wat besighede toemaak en belasting betalers hulle werk verloor gaan die staat maar swaar kry om sy verpligtinge na te kom en toelaes te betaal. Die staat kan nou nie eers sorg dat klinieke kroniese medikasie aan pasiente kan verskaf nie wat beteken dat behoefde pasiente nie hulle kroniese medikasie kan bekostig om te drink nie. Mense sit ure by staats hospitale vir behandeling en wag maande om noodsaaklik operasies te onderhaag. Verder is staats hospitale in haglike toestande, hoe wil hulle hê dat NGV moet werk as hulle nou nie eers basiese gesondheids dieste kan lewer nie.

gatgogga ·

Dit begin nou al duidelik word dat Ramaphosa die mees ekonomies onbedrewe president is wat nog ooit daardie amp beklee het.

Stof ·

Eish! Vanuit die kommentare, alweer die veralgemening dat staatsgesondheidswerkers substandaard sou wees…
Maar ons is geplant waar ons is om te dien, en ons sal dien in gehoorsaamheid, ongeag die gereede aanvalle op ons integriteit.
Vrede en seën vir elke leser.

A E Burger ·

Help my asb. met advies my man het 2 weke gelede ligte Hart aanval gehad msar laasjaar 4 grotes. Hy het net 15% van sy hart in gebruik. Ek is van die Staat afhanklik. Ek kanni sonder my man nie ons het 3 en half jr. gelede ons seun ook binne 3 dae met ‘n Virus verloor. My lewe voel leeg en bang en wegggooi deur Jesus. Ek sien nie kans sonder my man nie hy is 63 jr. Ons rustiger lewe saam moet nou eers begin. Ek weet nie waar om vir hulp te vra nie. Deur Staat is die lys van wag tot +- 10 jr
Help my Groete AE

JohanL ·

Innige empatie aan jou rakende jou situasie AE. Dit is duidelik dat enige staatsgesondheidsorg nie die antwoord is nie. Ek neem aan gegewe jou situasie dat julle nie mediese fonds het nie, anders sou jy nie die hulpkreet geplaas het nie.

Hopelik kan MM help met ‘n berig om so dalk mense vir hulp te vra of as julle na die roete van “skare finansiering” kyk (wat ek van weet maar nie weet hoe dit werk nie).

Baie sterkte AE Burger.

helena ·

Hulle het alles in plek vir ‘n uitstekende mediese sorg plan, dit moet net reg bestuur word en groter gemaak word. Waarom iets nuut begin.

Kallie ·

Dit wat die ANC geërf het is afgetakel en in die grond bestuur. Nou moet daar weer van vooraf begin word.

Neels ·

Dit gaan erger word. Geografiese selfbeskikking is die enigste oplossing.

Tina ·

Die nuwe wet is nou in plek. Die ANC hoef nie vir ‘n tenvolle toegeruste hospitaal te betaal nie. Hulle kan dit gratis bekom binne die wet, sonder enige vergoedig omdat dit ten bate van die meerderheid Suid-Afrikaaners en hulle toekomstige stemmers is.

Hulle gaan die privaat hospitale net kan vat. Doktors wat kla gaan soos die boere in Zimbabwe hanteer word. Tronk toe of landuit vlug. Dit gaan nie werklik die ANC pla nie; dit het ook nie Mogabe gepla nie en hulle lede gaan baie van hulle nuwe plan hou.

So vlug Jan vRiebeeck landuit met sy stert tussen sy bene en los al sy bates agter tot vreugde van 75% van Suid-Afrikaanse burgers. Laat my dink aan Siener van Rensburg se visioen oor mense wat landuit vlug, hulle staan kaal by die vliegtuie (maw. Sonder hulle bates)

Te Realisties ·

Kyk mens weet nie hoe die NGV gaan uitspeel nie. Ek weet net daar gaan baie mense dood gaan. Of die politici gaan bekommerd wees, sal net tyd leer.

Susna ·

Drie van my kinders in die mediese beroep wat tot nou toe hulle onbaatsugte diens in SA ingesit het, is stadig maar seker besig om uit die land uit te kom. Hulle kinders amper klaar met skool. Dankie tog.

Attie. ·

My geloof was die afgelope tyd geweldig opgebou deur alles wat met my gebeur het, Tydens ‘n geweldige haelstorm is twee dakplate stukkend geslaan en die water het deur dieplafon gestroom. Eenuur later kon ‘n kontrakteur begin om die plate te vervang. Daarna het die storm met swaar donderweer en blitse, sonder hael, weer hervat. die kontrakteur met sy helpers het deur dit alles bly werk en die aand was my huis herstel. So sal ons Here vir ons sorg in die tye wat kom. Ek jubel en MM se nuus en jul kommentaar sal my nie negatief beinvloed nie want my God leef, Leef julle God ook? Ons en ons eiendom behoort aan Jesus en as Hy dit terugneem is dit ons verdiende loon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.