Regering se nuwe grondroofplan gaan die sakesektor die hardste slaan – AfriSake

Argieffoto

Argieffoto

Die sakegemeenskap moet mobiliseer ten einde eiendomsreg in Suid-Afrika te verseker. Volgens die sakeregtewaghond, AfriSake, heers daar groeiende kommer onder sakelui oor die ekonomiese impak van die departement van grondhervorming se nuut voorgestelde grondherverdelingsplan getiteld: Strengthening the relative rights of people working the land.

Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, is boere is nie net grondeienaars nie, maar ook sakemanne. Indien hierdie beleid aanvaar sou word, skep dit die regsraamwerk vir die Staat om die bates van enige sakeonderneming onder die werkers van daardie onderneming te verdeel, nie net plase nie. Indien dit moontlik sou word, is geen bate (roerend of onroerend) meer veilig nie.

Eiendomsreg is in werklikheid die ekonomiese vergestalting van menseregte. “Die ANC-regering behoort bewus te wees dat eiendomsreg en burgerregte verweef is. Daarom is AfriSake van mening dat die ontneming of verswakking van eiendomsreg onvermydelik sal lei tot ander vergrype in die land.”

AfriSake het ook gewaarsku dat die groeiende beleidsdruk wat die Kommuniste binne die ANC-regering uitoefen nie bloot as verkiesingsretoriek beskou moet word nie. Daar is meer as 13 wette, wetsontwerpe en beleidsdokumente wat eiendomsreg drasties inperk en wat Suid-Afrika duur te staan gaan kom.

Die voorgestelde beleid is naamlik gegrond op die Vryheidsmanifes en die Nasionale Ontwikkelingsplan, en is nie net verkiesingspraatjies nie. “Die beleid het dit ten doel om grondeienaars van 50% van hul grond te ontneem deur ’n werknemersbesitskema en stel verskeie drakoniese bepalings in die vooruitsig wat grondeienaars oorlewer aan die genade van politici, onbekwame staatsamptenare en ’n radikaliserende werkersgemeenskap.”

Enige persoon, ongeag ras, wat die woorde “grond” in die beleid sou vervang met “my onderneming se bates” of my “my huis/geld/aandele/voertuie” sal die uiteindelike impak van die beleid kan bepaal.

AfriSake meen die sakegemeenskap het ‘n verantwoordelikheid om te verhoed dat Suid-Afrika hier ʼn gevaarlike koers inslaan. Ten einde ’n pro-aktiewe antwoord op hierdie groeiende uitdaging te bied, gaan AfriSake die volgende doen:

1)    In Mei vanjaar word ’n verslag aan die sakesektor bekendgestel waarin die veranderende regsraamwerk van eiendomsreg in Suid-Afrika ontleed word.

2)    ’n Handves van Regte sal geformuleer word ten einde die sakegemeenskap bewus te maak van hul regte.

3)    AfriSake sal regsaksies steun waar eiedomsreg deur die staat bedreig of misken word.

4)    Sakekamers sal gemobiliseer word.

5)    AfriSake sal aktiewe skakeling met beleidmakers en ander sake-organisasies bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

HKGK!!! Hoor wat ek sê!!!! Ek gaan ook nou (net so voor ek op disability gestuur gaan word), aanspraak maak op van my maatskappy se bates. Dan is my finasiële probleme opgelos!!!

Peter Says ·

Hoe dan nou, hulle het al klaar 50% van ons geneem, soek hulle nou die ander 50% ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.