Regering se oudsegsman loop oor na ATM

Mzwanele Manyi. Foto: ANA

ʼn Gewese regeringswoordvoerder het Woensdag aangekondig hy verlaat die ANC vir ʼn nuwe politieke tuiste.

Mzwanele Manyi sê hy het besluit om by die African Transformation Movement (ATM) aan te sluit omdat die regerende ANC nie uitvoering gee aan sy konferensiebesluit om artikel 25 van die Grondwet te wysig om grond sonder vergoeding te onteien en nie bereid is om wetgewing te verander wat tot swart mense se voordeel sal strek nie.

Thulas Nxesi, die minister van openbare werke, het die konsepwetgewing oor grondonteiening verlede maand in die Staatskoerant gepubliseer midde-in ʼn parlementêre proses om artikel 25 van die Grondwet ná landwye openbare oorlegpleging te wysig.

“Dit dui op ʼn onbereidwilligheid om die konferensiebesluit werklik uit te voer,” meen Manyi. “Dan vra ʼn mens jou af waar ons ons bevind as die hoogste besluitnemende instelling van die ANC besluite neem, maar wanneer dié besluite uitgevoer moet word, hulle deur die ANC self ondermyn word.”

Hy sê hy het tot die gevolgtrekking gekom dat die ANC “moeg en uitgeput” is. “Die ANC het sy samehorigheid verloor; die ANC het sy morele kompas verloor. Die ANC is gevange en nie daartoe in staat om homself te bevry uit die kloue van die mense wat dit gevange geneem het nie.”

Manyi meen dié bevrydingsparty kan nie meer vertrou word om “ons mense” te bevry nie.

Een van die organisasies wat Manyi gestig het, die Progressive Professionals Forum, het Dinsdag bevestig dat hy sy bedanking ontvang het met onmiddellike inwerkingtrede ná sy aankondiging dat hy van voorneme is om by die ATM aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ig ·

Van die een Atm na die ander Atm. Sy Politieke(Tjek) kaart se fondse is mos onuitputbaar.

marous ·

Sy pelle se ATM is leeg , nou wil hy ‘n ander een probeer

Johan H. ·

Gelukkigg 1 stem minder vir die añc. Tipies die probleem kind. Wil alles en almal ransom hou. 1 dof swaeltjie maak nie n somer nie. Of is dit nou een kraaie!!!

Andrew ·

Hy dink dalk dis ‘n regte ATM. Hy sien mos almal kry geld verniet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.