Regering skenk R50 miljoen aan Kuba

Kubaanse gesondheidswerkers kom in April verlede jaar in Suid-Afrika aan. (Foto: GCIS)

Die regering gaan R50 miljoen aan Kuba skenk, in ʼn poging om die voedseltekort in dié land te help aanpak.

Alvin Botes, die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die skenking Woensdag bekend gemaak ten tyde van ʼn sitting van die betrokke parlementêre portefeuljekomitee. Verskeie politieke partye het dié besluit gekap, veral in die lig van stygende werkloosheid en armoede op eie bodem.

“Die ANC gaan skynbaar uit sy pad om nuwe maniere te vind om geld na Kuba te gooi, terwyl Suid-Afrikaners letterlik honger ly,” het Willem Faber, DA-lid van die parlement, Donderdag gesê.

Die VF Plus meen die regering se skenking aan Kuba is “skandalig” en grens aan misdadigheid teenoor die mense van Suid-Afrika, veral teenoor hulpbehoewendes sonder kos of heenkome.

Kuba word tans deur ʼn dwingende voedseltekort in die gesig gestaar, onder meer weens sanksies wat deur die VSA teen dié land ingestel is. Volgens internasionale mediaberigte het Kuba onlangs ook geen melkvoorrade gehad nie.

Die VF Plus meen egter Suid-Afrikaners is steeds slegter daaraan toe. “Volgens Trading Economics was die werkloosheidsyfer in Kuba 3,5% teen die einde van 2021, terwyl Suid-Afrika steier onder sy hoogste werkloosheidsyfer ooit van bykans 35% met ʼn uitgebreide werkloosheidsyfer van 46,6%,” het dr. Corné Mulder, die VF Plus se woordvoerder van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.

“Dit beteken miljoene mense in Suid-Afrika leef in algehele armoede. Talle skole in Suid-Afrika het nog puttoilette, die polisie se begroting word weens geldnood gesny, misdaad bloei en dokters by die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal is vanjaar nog nie ten volle betaal nie. Dit is slegs enkele voorbeelde van ʼn land sonder geld wat weens algehele wanbestuur ekonomies in die dryfsand wegsak.”

Faber wys daarop dat die regering die afgelope paar jaar reeds kontrakte ter waarde van R1,4 miljard met Kuba aangegaan het om Kubaanse werkers en diensverskaffers in Suid-Afrika aan te stel.

“Dit is geld wat eerder aangewend kon word om werk te skep en voedselsekerheid in Suid-Afrika aan te pak.”

Mulder sê die feit dat Suid-Afrika hom ontferm oor ʼn ander land terwyl dit so sleg gaan op eie bodem, “gaan die verstand te bowe”.

“Net so verstommend is die rede wat aangevoer word vir die skenking. Die ANC vervreem homself net verder van die mense van Suid-Afrika – in hierdie geval weens ideologiese bande met ʼn baie twyfelagtige bondgenoot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

PieterJ ·

Waarvoor is die omkoop nou eitlik die keer? Ek kan nie meer tred hou nie.

anniekiewiet ·

Pay back time. Onthou, die anc het nie n clue wat op grondvlak aangaan nie. En so omseil die regering namens Kuba, die sanksies teen lg.

Peet ·

My mening is dat ‘n dringende hofbevel aangevra moet word om die skenking te stop. Dit sal ook die regering dwing om redes aan te voer of dan die skenking te motiveer sodat oposisie ook die geleentheid het om dit teen te staan of te ondersteun. Die huidige regering het n geskiedenis van mislukking opgebou en kan nie meer sulke besluite alleen neem nie. PUNT.

Sê maar net ·

Ons regering gaan seker die lening gebruik wat hul nou onlangs gemaak het :(( Wat ‘n gekke spul!

SlinkseKoljander ·

Ek dog hulle is bankrot, lekker mors hulle belasting geld wat na ons mense moes kom!

TC ·

Die regering leen by die land bank 1,5 biljoèn en skenk 50 miljoen hoe de hel dink hulle. Ons land is klaar so in die skuld wat gaan oorbly vir ons kinders. Skuldlas dis al en nog geld verswendel onder korupte meenigtes wat reeds genoeg geld oorsee vir hulle bele het. … ???? Neeee hoor, hier sal ons almal vinnig moet saamstaan.

Henry ·

Ons moet 11 miljard leen omdat ons nie geld het nie. Nou moet ons dir kommuniste land met kos voorsien. Skande. Ons moet na die 34 miljoen wat
Nie werk het nie kyk. Maar hulle probeer in Kuba se goeie boeke kom

TC ·

Stuur ook sommer die Kuba dokters terug want ons het hulle ook nie nodig nog minder hulle ingeneurs. Alles word onder die mat ingevryf en almal is tot stilswye gedwing???

N ·

In Junie 2021 is Kubaanse dokters R32.5mil betaal deur die regering. Nou weer? Ek ruik n rot.

N ·

Daai geld gaan net so weer terug betaal word in ANC lede se rekeninge. “The African handshake”

Onnie ·

Het ons nie so pas 11 miljard loop leen nie??! Nou skenk ons sommer 50 miljoen aan Kuba om voedseltekorte aan te vul, dit terwyl ons eie mense honger ly?! Skandalig dom!

Jr ·

ELKE DAG nuwe streeke van hierdie kommunistiese regering. It never stops. REAL IDIOTS. As ons nie pakhuise geplunder, trokke geplunder en gebrand, supermarkte geplunder, boere vermoor en chinese cancer lockdown vir 3 jaar gehad was hierdie rubbish verskooning NIE nodig. Thats what happens when the grasshopper controls the ants

CA ·

Daar is uiteraard redes ja, maar is dit regverdigbaar? Kan ons die sanksies goedpraat en dan ons rug keer op die voortspruitende probleme?

Samuel ·

Al hierdie geskel en slegsê help net mooi niks. Die mense in die regering en in die opposisie partye lees dit nie. Foeitog.

MakersMark ·

Probeer not steeds betaal vir kubaanse bloed in liters gestort in ’76 met Savannah en ’86-’89 by Tumpo 1/2/3 en Cuito. Kubane so liederlike loesing by 32, 4SAI en 61Meg. gekry dat Castro sy generaal laat terugvlieg Kuba toe en summier terreggestel het.

annie ·

As ek my skelm-geldjies by my vriende wil gaan wegsteek moet ek seker ‘rente’ betaal vir die voorreg. Hoekom gaan kuiers party kaders dan so gereeld daar. Of voer ons nou 19-voertsek-Sjevvies of Fordjies in vir ons top kaders… Dalk vir ons voornemende prez-antie of vir Zuma se classic look… Die ANC se kordate aksies gaan nie ongesiens by die VSA verby nie. Oppas vir as ons in die nood is.

Pieter ·

N kommunis bly maar net n gemors maak nie saak wat se land hulle is nie.

CA ·

Wel volgens dr Mulder het die kommuniste in Kuba net ‘n tiende van die werkloosheid van ons hier in kapitalistiese SA.

Alfred E Neuman ·

Maar hulle verdien peanuts. N dokter, argitek, ingenieur, ens verdìen die ekwilalent van om en by R7000.00 per maand. Amper almal werk, maar verdien te min om te oorleef.

CA ·

Alfred – Dr Mulder se argument is enige werk/salaris (Kuba) is beter as geen werk (SA)

Jacobus ·

Seker besig om nessies te bekom as sake hier te warm word.

CA ·

As enigeen hier Kuba se sosio-ekonomiese stelsel goedpraat protesteer ons altyd dat die mense in Kuba swaarkry onder die kommunisme, nou seg dr Mulder nee dit gaan eintlik baie slegter hier by ons (onder die kapitalisme). Maak mens baie deurmekaar…

piet ·

Die regering is duidelik uit voeling uit wat op grondvlak aangaan. 50% van SA se mense leef onder die broodlyn. Hoe op dees aarde kan ons nog geld vir ander lande gee as ons eie mense krepeer van die honger? Gaan die verstand te bowe. Hierdie 50 miljoen kon aangewend word vir “voedselkoepons” vir mense wat nie weet wanneer hulle volgende bord kos kom nie. So terloops – hoekom het ons nie ‘n voedselkoeponstelsel in die land nie? Baie beter as om vir iemand ‘n toelaag te gee wat uitgedrink kan word.

annie ·

Kyk hoe sukkel die VSA om uitlanders weg te hou van hul heuningpot. Met ons swak geestelike weerstand teen ‘familie’-bande en ons lelie-heining sal ons die volgende sensus dan sommer vanuit die lugruim moet doen en ‘n paar miljoen moet aftek van die finale skatting om te keer dat finans ‘n kroonaar slaan.

Magda G ·

Wat van ons land se mense wat bitter swaar kry. Hoekom n ander land help. Dis pateties

Johann ·

Laat die multiziljoener kaders vir hulle Kuba pelle n geldjie stuur.

Ansie ·

Die SA-regering leen miljarde om kop bo water te hou en gee dan R50 miljoen vir Kuba – dít ‘n party wat nie sy eie werknemers kan betaal nie. Ek wonder of die geld ooit aangewend gaan word vir kos en of dit ook na regeringsamptenare se sakke toe gaan.

Chris dupreez ·

Kyk maar of die hele 50miljoen kuba toe is en of n paar rand nie terug gehou is om anc salarisse te betaal nie.

Nico ·

Dit is hoe die ANC regering huk Kommunistiese boeties help, terwyl SA self in die moeilikheid is, die populasie van SA groei ook te vinnig.

Androclus ·

Nee wat hierdie regering van nou……..HOPELOOS.
Hulle kan dan nie eers hulle eie kaders betaal nie,dink niks van ons anders nie.

JohanR ·

Maar SA het nou net 11 biljoen by die wereld bank geleen! Was dit nou om van daai geld vir Kuba te gee. Wat is die liefdes verhouding met Kuba wat hulle ryker maak, en alle Suid Afrikaners armer?

CA ·

Wat verbasend is is nie die stuur van die R50m om bondgenote by te staan nie, maar dat ons nie die VSA kritiseer vir die dekade-lange ekonomiese blokkade teen Kuba nie.

Karina ·

R50m aan Kuba maar die regering gaan lenings aan oor ‘n paar biljoen Rand! Tel maar op hoeveel biljoen al geleen is.

Swerwer ·

Ag dit is ‘n lekker land hierdie. Die geld word van bome gepluk en is vrylik beskikbaar vir die wat wil hê, behalwe vir die landsburgers wat krepeer van elende.

Elméne ·

OH.MY.WORD!!!!!!!!!!!!!!!!! Ongelooflik, wat is volgende .. o ja, bietjie vergeet!!! China loop in en NEEM OOR!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.