Regering spandeer meer as R30 miljard op konsultante

Argieffoto

Argieffoto

Nasionale en provinsiale regeringsdepartemente het die afgelope finansiële jaar meer as R30 miljard op konsultante en die uitkontraktering van werk spandeer, het City Press berig.

Die departement van verdediging het meer as R3 miljard vir kontrakteurs en uitgekontrakteerde dienste betaal. Die koerant het die 2013/14-jaarverslae van 115 van die 131 regeringsdepartemente bestudeer en vasgestel dat daar R30,5 miljard op konsultante spandeer is. ʼn Totaal van R33,7 miljard is in die 2012/13 finansiële jaar spandeer.

Die departement van menslike nedersettings het sy spandering op konsultante van R102 miljoen in die vorige finansiële jaar na R42 miljoen in die 2013/14-boekjaar verminder. Regeringsdepartemente in KwaZulu-Natal het R5 miljard, die meeste van al die provinsies, op konsultante spandeer gevolg deur Gauteng wat R3,2 miljard spandeer het en die Oos-Kaap wat R3,1 miljard spandeer het.

Pravin Gordhan, destydse minister van finansies, het regeringsdepartemente in 2013 gewaarsku oor die oorbesteding op konsultante. Hy het gesê baie van die take waarvoor konsultante aangestel en betaal word, is veronderstel om intern gedoen te word.

Mashwahle Diphoga, direkteur-generaal van die departement van staatsdiens en administrasie, het gesê “hulle is besorg maar nie bekommerd nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Dit is mos n duidelike bewys dat van hulle nie bevoeg is om in die poste te sit nie.

Jan ·

Wonder net hoe sou die land gelyk het as “hulle” nie konsultante gebruik het nie !

Sollie ·

Die grap is hulle kry (BEE)konsultante wat ook nie die werk kan doen en die (BEE) konsultante kry dan weer ander maatskappye wat deur wit mense (wat die werk KAN doen) besit word om die werk vir hulle te doen, hulle las net by die uiteindelike prys vir werk wat hulle nie gedoen het omdat hulle nie kan nie.

Francois ·

Sollie, jy slaan die spyker op die kop!! Dis PRESIES wat hulle doen. Hulle bluf eintlik net hulself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.