Regering spook met oormaat entstof: ‘Min wil dit hê’   

Duisende dosisse van die Pfizer-entstof kom in Suid-Afrika aan. (Foto: Twitter)

Die regering is bekommerd dat 100 000 dosisse Covid-19-entstof vernietig sal moet word, aangesien dit aan die einde van Maart verval en min mense skynbaar nog ingeënt wil word. Minder as helfte van die Suid-Afrikaners het al ten minste een dosis van die entstof ontvang.

“In hierdie stadium lyk dit waarskynlik dat hierdie dosisse vernietig sal moet word, ondanks ʼn klein toename in die getal mense wat die afgelope tyd aangemeld het om ingeënt te word. Dit sal baie jammer wees en ons doen alles in ons vermoë om dit te verhoed,” het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, Vrydag tydens ʼn webinaar gesê.

Hy is egter nog meer bekommerd oor die getal dosisse wat in Junie en Julie verval, aangesien selfs meer entstof dan vernietig sal moet word indien Suid-Afrikaners teen die huidige koers opdaag om ingeënt te word. Al die dosisse wat binnekort verval, is Pfizer-produkte. Dit is omdat Johnson & Johnson ʼn veel langer rakleeftyd het. Die regering het tans meer as 20 miljoen dosisse van albei verskaffers in voorraad.

Volgens die departement se syfers is sowat 45% van die volwasse bevolking tot dusver ingeënt. Dit sluit egter dié wat net een dosis ontvang het, in. Die getal mense wat weekliks in Suid-Afrika ingeënt word, het ook drasties afgeneem, van 461 000 tydens die eerste week van Desember tot 64 000 tydens die eerste week van Maart. Teen einde Augustus verlede jaar is meer as 1 miljoen mense per week ingeënt.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.

Wat die provinsies betref, het die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Limpopo en Vrystaat tans net-net meer as 50% van hul bevolking ingeënt. In KwaZulu-Natal is net 41% van die bevolking ingeënt en in Mpumalanga net 42% van die bevolking. Gauteng het die grootste getal mense wat reeds ingeënt is (meer as 5 miljoen), maar minder as die helfte (45%) van die bevolking het reeds die entstof gekry.

Phaahla sê Suid-Afrika probeer nou kyk of hy die entstowwe wat in Junie begin verval aan ander lande, wat ʼn tekort aan entstowwe ervaar, kan gee, met die doel om later weer nuwer dosisse van dieselfde lande terug te kry, indien die vraag na entstowwe in Suid-Afrika weer begin toeneem. “Die eerste mikpunt is natuurlik om meer mense te kry om ingeënt te word.”

Dr. Nicholas Crisp, direkteur-generaal van gesondheid, sê daar is veral ʼn lae opkoms onder mense tussen 18 en 34 jaar oud en slegs 30% van dié ouderdomsgroep is al ingeënt.

“Dit is belangrik om te noem dat die meerderheid van die pasiënte wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem word, nie ingeënt is nie. Daarom moet Suid-Afrikaners aangemoedig word om die inenting te kry.”

Volgens Crisp is die meeste mense wat tans opdaag vir inentings dié wat voorheen ingeënt is en nou ʼn opvolgdosis wil kry. “Ons sien bitter min mense wat vir die eerste keer ingeënt wil word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Groen Ghoen ·

Is dit dan ‘n vrugtelose uitgawe? Hoeveel bedra die totale verlies? Die staat moet/het betaal daarvoor, dit was sover bekend nie skenkings nie. Is daar enigiemand wat die totale koste van Covid vir S.A. kan bereken? En nog is het einde niet…..

Sarie ·

Hoe gaan dit die verlies van inkomste, lewens standaarde ens regverdig?

SlinkseKoljander ·

Lekker mors die ANC weer ons belasting geld.
Pateties!

kolonel ·

En as daar te min was het jy ook gekerm.
Verduidelik vir ons hoe hulle meer akkuraat moes bestel het – en wys jou berekeninge.

Heinrich ·

Daar is ongelukkig nog instansies soos UJ wat menseregte vertrap en hulle studente en personeel verplig om op geëksperimenteer te word; hulle sal dit met ‘n glimlag vat.

Rooikoos ·

Goed so. Julle non vaxers veroorsaak dat die ding nog lank met ons gaan wees!

Bernard ·

Die verskyning van ‘The Real Dr Fauchi’ het hierdie hele projek ‘n groot knou gegee en die ANC se geldmaakskema erg aangetas.

Martie ·

Oe lekker mors ons die geld.
Stuur die entstowwe na armer lande… so humanistiese skenking – ek is seker daar is iemand wat dit sal wil hê (beslis nie ek nie)

Karen ·

Om te wag en te verkoop aan ander lande is lankal nie meer ñ opsie nie. Dit onbruikbaar verval.

Misky ·

Die wat die ent wou hê, sou teen die tyd al gekry het. Gooi weg en moenie weer bestel nie. Ons het oorleef en die ramp is verby.

casper ·

So na al die gekla, geween en gekners van die tande oor die “ryk” lande dit opgaar weet julle nou nie meer wat om daarmee te doen nie.
Lykk my die hond het die fiets nou gevang ne !!

Karel Kobus Kruger ·

Seer sekerlik is daar diegene wat graag nog 20 boosters sal wil hê. Jy weet…..net om jou kans op oorlewing van 99.99999% na 99.99999999999% te verhoog.

Papsak ·

Lekker so word belatingbetaler se geld gemors hulle speletnie loop uit lekker

Martin ·

Swak beplanning van ons regering julle weet hoe om geld te mors. Weereens dubbele standaarde en skynheiligheid, Westerse sosiale media-dekking van die oorlog in Oekraïne in vergelyking met die COVID-19 pandemie. Skielik is COVID-19 op die agtergrond. ‘n Jaar gelede was ons Suid-Afrikaners nie toegelaat om op die strand of selfs branderplank te ry nie en ons was selfs gedreig met arrestasie deur die polisie want “dit was die norm” – wat ‘n klomp stomme skynheiliges en dom mense in ons regering…!

VaalDonkie ·

Ironies genoeg sou die seelug en soutwater enige Coronavirusse gedood het en ons gesond gehou het.

Cathaldus ·

En weereens al wat lag al die pad bank toe is the groot pharma maatskappy.

VaalDonkie ·

“Dit is belangrik om te noem dat die meerderheid van die pasiënte wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem word, nie ingeënt is nie.”

Die meerderheid van die bevolking is nie ingeënt nie. Netcare se statistieke het vir ons gewys Omicron worry nie of jy ingeënt is nie. as hy jou wil hospitaal toe stuur, dan maak hy so.

Ou Joe moet net rustig raak.

Di ·

Ja die GELD koei het nou opgedroog! Mense val nie meer vir al die stories en booster twak nie. Ek is seker dat die meerderheid wat OOK NIE ingeent wil word nie, Rampie se EIE mense is. Wil nog sien hoe hy HULLE gaan dwing om inentings te kry, sal seker weer op 2de plundering opeindig.

Pampoen ·

Aan die ander kant, as daar ‘n tekort was, sou menigte hulle gestenig het omdat hulle nie genoeg bekom het nie. Dit was inderdaad so aan die begin. Toe het ‘n ieder en elk hulle afgeskiet omdat hulle nie genoeg gehad het nie. Nee wat, wees bietjie meer redelik. Kap hulle eerder oor dinge wat regtig verkeerd is.

VaalDonkie ·

Ja ek stem saam met jou. Eerder te veel as te min. Maar hulle kan myne maar vir iemand anders gee.

Jedi Knight ·

Iets soos 40% (?) van ons bevolking is werkloos. Daai mense moet elke liewe beskikbare oomblik gebruik om te probeer oorleef (wettig of onwettig). Hulle het beslis nie tyd vir beuselagtighede nie. Enigiemand wat dink n werklose mens gaan eerder n halfuur mors vir n inenting (vir n siekte met n hemelhoë oorlewingskoers), leef in n droomwêreld.

Cobus ·

Laat ou Joe Phaahla dit gebruik vir mix saam met sy Whisky of Brannas. Dan is hy verseker dat hy nie COVID sal kry nie.

JohanR ·

Eers was hulle traag om entstof aan te skaf nou is daar te veel. Seker Kuba sal die oortollige neem as ons hulle R40 000 000 betaal!

piet ·

Sopas ‘n sms gekry dat ek nou kwalifiseer vir ‘n booster shot. Sal volgende week as ek weer by die winkels is sommer gou daar by Clicks ingaan vir die booster.

VaalDonkie ·

Net jou Loyalty Card onthou want jy kry ‘n gratis koffie saam met elke vyfde een.

Charles ·

Donkie, dit was gratis koffie met die eerste, ek dink dit is ń toaster met die vyfde..

Robert ·

Sopas my 3de ook gekry, van moeder natuur af… geen meer boosters nodig nie dankie. Het al baie erger verkoue in die verlede gehad.

Annike ·

Ek het gegan vir my 2 jabs, maar daar is nie n manier wat ek sal gan vir n booster nie… Ons lewens het drasties verander begin Jan, my pa moes die saterdag gan vir sy 2de jab, in daai week het hy eendag in mekaar gesak… Toe het hy guillain barre syndrome van die phizer jab gekry. Hy was in hospitaal vir 2 maande en is nou in rehab hospitaal. Hy kan glad nie sy arms of bene beweeg nie. ????

marius ·

Verkoop dit terug aan die twee boeties wat julle voorgee om mees gesoek te wees .

Strandloper ·

Moet lekker wees om n vrot eier te le na die krisis…twee jaar gelede het almal gebewe nou is almal bek. Ek kies oorlewing bo net nog n statestiek.

VaalDonkie ·

Kyk, as jy nie 50+ is nie, is jy in bitter min gevaar. Daar het die afgelope twee jaar 6000 mense in totaal gesterf terwyl hul COVID+ was (nie eens noodwendig AAN covid nie). Oftewel se 3000 per jaar. Dis net die oumense wat rerig moet versigtig wees. Die res van ons moet net gesonder verstand aan die dag le.

Willem Wikkelspies ·

Ek weet party mense dink die entstof is die merk van die dier of iets, maar dink net bietjie wyer. Dit is nie die regering se skuld dat ons nou te veel entstowwe het nie. Die regering het nou uiteindelik die entstowwe bekom wat ons nodig het vir almal in die land.
Dit is die mense wat nou nie meer dit wil hê nie.

So waar lê die fout?

VaalDonkie ·

Die fout le by die paloekas wat in grootmaat gekoop het terwyl hulle van die begin af geweet het hulle sal nooit die teiken haal nie en dus eerder twee of drie groot besendings moet kry.

Robert ·

Jy vergeet hoeveel MOES inent om nie werk te verloor nie, dit was growwe skending van menseregte.

Herman ·

Daar was nooit 1 miljoen mense per week ingespuit. Miskien per maand, maar nooit per week.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.