Regering staan oorlede Eskom-vrou se familie by

Thembi Lucia Yende. Foto: Verskaf

ʼn Span maatskaplike werkers van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling gaan Donderdag die familie van die Oos-Randse Eskom-vrouewerker besoek wie se liggaam twee weke nadat sy vermis geraak het, in ʼn kantoor by haar werkplek gevind is.

Die liggaam van Thembisile (Thembi) Lucia Yende (29) is Maandag in ʼn ongebruikte kantoor van Eskom se Springs-substasie gevind. Die polisie moes die deur afbreek, want dit was gesluit, en het daarna op haar liggaam afgekom.

Yende is op 17 Mei deur haar ma as vermis aangemeld nadat sy die dag nie van haar werk af teruggekeer het nie.

Nandi Mayathula-Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het gesê die span gaan Yende se familie besoek om vas te stel hoe daar ingegryp kan word om hulle te help om die tragiese verlies te verwerk.

“Ons sal ná die besoek ʼn behoorlike verslag bekend maak en inligting verskaf oor watter stappe gedoen gaan word.”

Mayathula-Khoza het gesê sy sal self die familie omstreeks 12:30 besoek om haar innige meegevoel te betuig.

Die oorsaak van Yende se dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Die polisie doen in die stadium ʼn geregtelike doodsondersoek.

“Die Gautengse regering onderneem om alles moontlik te doen om te verseker dat die voorval volledig en deeglik ondersoek word,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Dis alles goed en mooi so, maar graag wil ek weet waar is hulle bystand wanneer Blankes daagliks in hulle huise en op plase vermoor word. Ons mag mos nie diskrimineer nie geagte Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling????

Netta ·

Alles goed en wel, Die gesin verdien ondersteuning en simpatie. Maar mag ek net een iets vra? Waar is die Ministers/LUR’e van Justisie en Korrektiewe Dienste, Polisie en Maatskaplike ontwikkeling waar daar plaasmoorde plaasgevind het. En ek vra nie hierdie vraag uit die wanopvatting dat dit net blanke mense is wat ly onder plaasaanvalle en -moorde nie; ek vra dit uit die oogpunt van ‘n bekommerde Suid-Afrikaner, want nie alleen net blanke boere word aangeval, aangerand, verkrag, vermoor ens. nie, maar ook werkers op die plase. Is daar iemand wat op hierdie vraagstuk ‘n antwoord kan of wil gee?

al ·

Hul keer weer vir hul wickets. Daar was blykbaar geen sekuriteit die dag van haar ‘verdwyning’ nie, die familie sê nou wemel die perseel van sekuriteitswagte.

hendrie schalkwyk ·

Tragies van haar afsterwe, maar nou raak dit weer ‘n media sirkus met al wat ‘n Staats Departement wat betrokke is. sou dit ‘n Blanke werknemer wees – en ek speel nie nou die Rassekaart hier nie, dit is ‘n feit, dan sou dit ongesiens verby gegaan het.
hier kom ‘n Staats begrafnis ook, want hulle het al klaar begin betoog.
Is al SOOOOO GATVOL VIR DIE KLOMP!!!!!!

suzieq ·

2 Weke !!!! Maak ESKOM nie hulle kantore skoon nie ?
Regtig, as dit my familielid was, het ek die kantoordeur afgebreek, indien nodig, om seker te maak hy/sy is nie daar nie.

Theresa ·

Ja, en dan was die deur gesluit. Begin dus by almal wat sleutels het vir die plek. Kon ook ekstra gemaakte sleutel gewees het. Waarom juis daardie dag nie kameras / sekuriteit nie. Die sekuriteitswagte en persoon wat hul dienste reël kan dalk verduidelik? Bly baie tragies.

DB ·

Gaan die familie ook nuwe huis by zuma kry soos courtney pieters se familie?

al ·

Goeie vraag! Dit maak my siek as mense nie opreg is in hul meegevoel nie.

Dit is rassisties ·

EN wat van die VERMOORDE BOERE se vroue en families of is hulle die verkeerde kleur? Hoekom die regering, hoekom nie ESKOM self nie? Julle raak nou belaglik vir ‘n paar votes!

al ·

Sy werk vir n staatsonderneming, en hul het drooggemaak. Hul keer nou vir ñ vale dat hierdie insident nie in hul gesigte ontplof nie.

EJ ·

Wat van die familie van die boere wat so vermoor word?????????????

Theresa ·

Dear Gauteng government, wonderful that you are going to look into this matter urgently and that the family is going to be visited and helped by a whole team of welfare staff. Is it at all possible to give a short feedback on what you plan to do about all the murders on farmers in Gauteng and also outside Gauteng borders, please? Is it possible to go back for a few years and send out a team of welfare staff to comfort and help families whom lost loved ones to farm murders in our beloved country? Time is right for being responsible and really answering this plea.

Sê net ·

Wat van Hannah Cornelius wat beroof, verkrag en vermoor is? Het enige iemand van die regering haar familie al besoek of ondersteun?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.