Regering stel staatsgrond beskikbaar vir grondhervorming

Minister Thoko Didiza. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thoko Didiza, het Donderdag aangekondig dat 529 014 ha staatsbeheerde landbougrond landwyd beskikbaar gestel word as die staat se bydrae tot grondhervorming.

Dit sluit grond in sewe provinsies in. Volgens die minister beskik die staat nie oor geskikte landbougrond om beskikbaar te stel in die Wes-Kaap en Gauteng nie.

Wat wel beskikbaar gestel is om herverdeel te word, is 43 000 ha in die Oos-Kaap, 8 333 ha in die Vrystaat, 3 684 ha in KwaZulu-Natal, 121 567 ha in Limpopo, 40 206 ha in Mpumalanga, 12 224 ha in die Noord-Kaap en 300 000 ha in Noordwes.

Nog grond kan moontlik ter sprake wees, want Didiza het verwys na 696 plase van altesame 700 000 ha wat herverdeel en binne die volgende twee weke landwyd in advertensies geïdentifiseer en in fyn besonderhede bekend gemaak sal word.

Aansoekvorms vir die beskikbare plase sal te kry wees by kantore van die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming.

Ná die sluitingsdatum vir aansoeke sal al die inligting byeengebring word en ʼn distrikskomitee aanbevelings doen wat afsonderlik op provinsiale en nasionale vlak goedgekeur sal word. Alle suksesvolle en onsuksesvolle aansoekers sal skriftelik van die afloop in kennis gestel word.

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die distriksbestekopname behoort volgens Didiza omtrent twee weke te neem, die provinsiale besluitnemingsproses omstreeks drie weke en die nasionale proses ʼn verdere drie weke. Daar sal ook geleentheid wees vir appèl.

Staatsgrond wat tans beset word, sal aan ʼn interdepartementele regeringsondersoek onderwerp word om die toekoms daarvan te bepaal.

Die regering gaan 30 jaar huurpag aanbied met die opsie om te koop. Alle suksesvolle aansoekers sal ʼn omvattende prestasiekontrak moet onderteken en verpligte opleiding ondergaan, waaronder rekordhouding, finansiële bestuur en sakebestuur.

Die huurpagooreenkoms sal nie oordraagbaar wees nie en ook nie onderverhuur mag word nie. Suksesvolle aansoekers sal verantwoordelik wees vir die instandhouding van infrastruktuur en insette vanaf die staat.

Suksesvolle aansoekers sal moet boek hou van alle beleggings en verbeterings op die grond en sal huur aan die staat betaal.

Sedert die begin van 2020 het die staat reeds 135 117 ha grond aan 275 boere beskikbaar gestel. Dit sluit 501 ha in die Vrystaat, 629 ha in Gauteng, 4 940 ha in KwaZulu-Natal, 32 170 ha in Limpopo, 50 460 ha in Mpumalanga en 46 097 ha in Noordwes in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Arme grond! Daar sal niks op gebeure nie. Ek wil graag klein boer maar is wit en ‘n Afrikaner…..dink nie ek sal soe klein hoekie van Suid Afrika kan kry nie?

Althes ·

Wees bly dit is nie ñ boer wie se grond onteien is nie. Hierdie grond wat beskikbaar gestel word kan opkomende boere help

Adam Adriaan ·

Wonder of diegene wat die grond sal kry ook eienaarskap met titel akte sal kry. Ek varmoed oordrag van eienaarskap sal nie gebeur nie. Dus is die aankondiging niks seggend, want daar gaan geen produktiewe resultaat te voorskyn kom nie. Alles sal bly soos wat dit is met geen vooruitgang nie. Kom ons kyk of daar iets van gaan kom, wat positiewe resultate sal lewer.

Maria ·

Die regering gaan 30 jaar huurpag aanbied met die opsie om te koop.. jy moet dit dus vir 30 jaar huur

koos10 ·

Dis seker die plase wat aan Eskom gegee is as sekuriteit. Dis een manier om dit terug te kry.

Dries ·

Nee, daai Eskom plase is bestem vir China, wanneer hulle hulle lening opeis.

Blikkantien ·

“Suksesvolle aansoekers sal moet boek hou van alle beleggings en verbeterings op die grond en sal huur aan die staat betaal.”

Sterkte daarmee…

Maria ·

Transkei is 3871200ha, Bophuthatswana is 4 000 000 ha, Venda is 680700, Ciskei 850 000, Gazankulu 760 000 ha, Qwaqwa 65500, Kwa Ndebele ha 200 000 ha, KwaZulu 574 895 000 , Lebowa 245 4000 = 587,776,400 ha
Sit die hektaar by wat voorgestel word aan nuwe boere is dit 589,005,414 ha Die Grondoudit wat in November 2017 onderneem is, het getoon dat blankes 26 663 144 ha (72%) van die totale 37 031 283 ha plase in die landbou besit . Suid Afrika is 1.22 miljoen vierkante kilometer of te wel 122 000 000 ha. Blankes besit dus 26.6 miljoen hektaar van 122 miljoen hektaar (SA) Dit beteken grondbesit in blanke hande is 21% van die totale oppervlakte.
https://www.litnet.co.za/n-hervoorstelling-van-die-begrip-grond-tydens-n-ondersoek-na-die-rol-van-grondgebaseerde-onderwys-in-suid-afrika/

Sarel ·

Grond sonder oplriding hoe om te bewerk brteken niks
Hulle gaan die mense daar plaas en van hulle vergeet.
Bevorder Misdaad nie LandbouOntwikkeling nie.
Stemwerwing en.om korrupsie toe te sneer en azndag anders te plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.