Regering besluit om SAL in ondernemingsredding te plaas

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die regering het besluit om die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in vrywillige ondernemingsredding te plaas.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die regering het tot sy verbasing besluit om nie Solidariteit se aansoek om ondernemingsredding te opponeer nie. Solidariteit het in November dié aansoek gebring.

Volgens Hermann het die regering verlede week nog regsbriewe aangestuur waarin hulle aangedui het dat hulle die aansoek gaan opponeer. “Ons vind die vinnige omdraai baie vreemd,” het Hermann gesê.

Solidariteit sal Donderdag Tito Mboweni, ministers van Finansies, Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en die lugdiens se regsverteenwoordigers by die adjunk-regter‑president van die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg ontmoet om die proses vorentoe te bespreek.

Hermann het in die verklaring gesê die regering se besluit om die SAL onder vrywillige ondernemingsredding te plaas, is nie vrywillig nie, maar eerder in reaksie op Solidariteit se aansoek. “Hulle probeer waarskynlik nou om beheer oor die proses te kry nadat hulle besef het Solidariteit gaan slaag,” voer Hermann aan.

Hoe dit ook al sy, dié besluit is verwelkom.

Alf Lees, ʼn DA-lid van die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement (Scopa), het in ʼn verklaring gesê die DA is verheug dat Gordhan op die SAL se tweede beste opsie naas likwidasie besluit het.

Volgens Lees het die DA reeds lankal aangevoer dat ondernemingsredding die enigste lewensvatbare opsie is om te verhoed dat die SAL enige verdere las op die ekonomie en die belastingbetaler plaas.

Maroela Media het vroeër berig die blote indien van die aansoek gaan ʼn groot invloed hê op die toekoms van die lugredery, want dit beteken die hof word gevra om ʼn ondernemingsreddingspraktisyn met omvattende magte aan te stel om die lugredery te red.

As ondernemingsredding geaktiveer word, sal finansiële ooreenkomste slegs deur die ondernemingsreddingspraktisyn aangegaan kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

pieter ·

Nou eers ja,na aandrang van Solidariteit.Wys jou maar hulle kan nie besluite op hule eie maak nie,dis hoekom die land is wa hy is.

André-Chris ·

Die sakeredding begin vandag al, so is aangekondig. Maar wag so ‘n biedjie, dis nie al nie, die staat gaan ook nie net ’n lening van R2 miljard aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) waarborg as deel van sy sakereddingsplan nie, hy gaan self óók R2 miljard aan die lugdiens gee.

legens ·

die ANC regering speel hierdie kaart perfek . as die proses skeefloop en dit sal , dan is hulle van alle blaam onthef ,want Solidariteit het die proses begin . enige verdere stakings en afleggings sal ook nie die regering se problem wees nie , maar die van die besigheidsredder .

gertjie ·

Mooi Solidariteit!!!!
Ai julle is net die beste!!!
Sterkte!

Leon ·

Baie goeie idee. Nou, watter kader en comrade maatskappy gaan die werkie kry? Hoeveel Gupta bande gaan die maatskappy hê?

Werknie ·

Gewoonlik werk hierdie “fixit” planne glad nie. Al wat gebeur is dat dinge duurder raak en die met invloed of vinger in koek in meng tot nadeel van verbruiker.

marous ·

So tiperend . Foeter alles totaal op en dan moet die mense wie hulle vervloek die stukke probeer optel .

Pieter ·

Ons blankes moet net n manier kry om eskom ook onder sakeredding te kry

Hasie ·

Die gewese hoof van SAL moet dalk ook in ‘n reddingsboei geplaas word, want sy het ook nie geld nie. Sy het nie eers geld om hof toe te gaan nie. Was seker swak betaal. Zuma maatjie. Oorweeg hom ook sommer.

Wielspore ·

Koop SAL en verander sy naam na SoleFly, Solidariteit se eie lugdiens.
Ek glo daar is baie goeie SAL werkers, van SAL se bestuur kan ek nie dieselfde sê.

Ironies ·

Indirek word SAL ge privatiser. Wonder wat die ras van die besigheid reding praktiseerder gaan wees. Mense gaan afgedank word en die unies gaan nie gelukig wees nie, dit gaan die besigheid reding praktiseerder se skuld wees. Of gaan die prakitiseerder ook nie toegelaat word om sy plug 100% uit te voer nie. Die gaan ‘n interesante storie wees! Dit gaan baie bepaal waarheen ons land opad is, met verwysing na ander sukelende staat instellings. Dit gaan darm eronies wees as n privaat maatskappy die SAL red.

Hasie ·

Plaas me. Myeni ook onder reddingsboei, sy het nie eers geld vir treinkaartjie nie.

Die regte Grassie. ·

Miskien is dit nie so ‘n goeie plan nie. Wie gaan die ondernemingsreddingspraktisyn (Sjoe, wat ‘n mondvol) aanstel? Miskien weer ‘n kader wat vir hom (haar?) ‘n gasie van ‘n hele paar miljoen beding voor hulle begin? Wat wil hulle red? Ek glo al die regdenkende burgers van die land is oortuig dat die moontlikheid van redding van die SAL se keerpunt laaankal verby is. Waarom is die regering nou skielik te vinde vir die plan? Al wat nou gaan gebeur is dat die hele SAL-ellende nog langer gaan voortsleep met gepaardgaande opvreet van belastinggeld (en ook die bates van pensioenfondse) totdat die SAL uiteindelik tou opgooi en sy laaste asem uitblaas.

Stephen ·

SAA receives 2 Billion from Government on 5 December, “but it is not a bailout”. Difficult to understand the economic reasoning of Government.
I wonder who the “Rescue Practitioner” would be.
Probably another incompetent individual losing the 2 Billion into a bottomless pit. Most likely scenario is that after 3 months Gov will issue a statement that the money is gone, but the practitioner has been promoted to take care of the ESKOM affairs. And so it goes on.

Nugter ·

Ek mag seker nie name noem nie, maar hierdie ouens wat sogenaamde reddingsboeiers is, red baie kere net hulle self.

Hostie ·

Gaan die pilots se families nou hulle perks verloor om gratis saam te vlieg, of gaan hulle net oorskuif ekonomie-klas toe op buitelandse vlugte?

AndrewL ·

Nog ‘n klousule in die grondwet sal seker nou verander word om sekere sakereddings nietig te verklaar.

HPV ·

Baie slegte nuus! Belastingbetaler sal nog steeds verantwoordelik wees vir soustrein reddingsboeie, astronomiese salarisse en bonusse, eintlik gaan niks verander of verbeter nie. Stop om die SAL te ondersteun en sluit dit so spoedig moontlik, geen verdere reddingboeie, stakings of betogings.

Ig ·

Boikot SAL hulle mors ons geld, geen beheer, hulle skrik na 15 jaar wakker, what a joke, volgende is Eskom?????

Werknie ·

Gewoonlik werk hierdie “fixit” planne glad nie. Al wat gebeur is dat dinge duurder raak en die met invloed of vinger in koek in meng tot nadeel van verbruiker.

Frans C ·

Wat in Suid Afrika gebeur kan aan die hand van ‘n eenvoudige voorbeeld verduidelik word.
As jy iemand wat swaarder as jy is probeer regop trek om weer op sy bene te kom, is daar ‘n 100% kans dat hy jou gaan omtrek en jy saam met hom op die vloer gaan beland.

Dit is wat in Suid Afrika op alle regeringsgebiede gebeur, vakbonde en korrupte bestuurders laat SOE’s deur buitensporige eise (waaroor hul juig) en gulsigheid en wanbestuur op die grond beland.

Die belastingbetaler moet dan dmv die staat die spul weer regop trek sodat hul kan aangaan met hul besighede en onheilighede.Maar nou het die belastingbetaler agv ‘n leë staatskas ook op die grond beland en het niks meer om te gee nie.

Nou is die kanse groot dat van die juigende vakbondlede werklik deel van die groeiende getal werkloses gaan word.

André-Chris ·

Hande af private sektor en Solidariteit, die ANC regering kan dit nie verdra as julle inmeng nie, want dit gee ‘n beedskap dat hulle nie hul werk kan doen nie, en NATUURLIK wil hulle wys hulle is tegnologies ver gevorderd.

Marius ·

As al die geld wat vir SAL bewillig is van die begin af kon almal wat so graag plase wil he gehelp gewees het en geboer het.

Alexz ·

Ek het in die mid 90s hierdie ding sien gebeur en beleef in ñ staatsentiteit wat die regering tot by die afgrond bestuur het. Hulle stel toe iemand aan om die mpy te red en ontbondel al die afdelings. Die mpy word op die JSE genoteer met die regering as 51% aandeelhouer, en aandele word feitlik verniet weggegee. Baie werknemers word skeidingspakette aangebied en op vervroegde pension gestuur. Heelwat duplikaat funksies word in die mpy uitgewis en heropleiding in ander werksfases word geimlementeer met gevolg dat mèèr personeel diens opsê. Intussen styg die aandele goed en die regering maak ñ goeie wins daaruit. Intussen word die mpy verder in stukkies verdeel en verkoop.
Dus, ñ goed deurdagte besigheids strategie om lewensvatbaar winsgewend te word.

Thelma ·

Uiteidelike iemand wat die proses verstaan. Ek dink mense het ‘n wanbegrip van wat dit is.

Trojaanse Donkie ·

Nou moet net die hele SA onder sakeredding geplaas word, en Dalk kom die IMF nog tot ons redding ! Hulle sal die skroewe goed aan draai

ore ·

Hoop hulle stel Maria Ramos aan.Sy vat nie twak van vakbonde nie.

Siener van Melbourne ·

Ek dink Suid Afrika moet in vrywillige besigheidsredding geplaas word. RSA het belis ander bestuurders nodig.

Susan ·

Slegte nuus. Hier is ‘n slang in die gras – veral net nadat miljoene alweer aan SAL gegee is

Heksie ·

Dr Herman moet maar ons president word … baie respek vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.