Regering steun Caster se hofstryd

Caster Semenya (Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse regering het hul gewig ingegooi agter die middelafstandatleet Caster Semenya se pogings om as vrou aan internasionale atletiekbyeenkomste te bly deelneem.

Die kwessie dien Maandag as hofsaak voor die Internasionale Sportarbitrasiehof in Lausanne, Switserland. Dit word bestry tussen Semenya, Atletiek Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse regering aan die een kant, en die Internasionale Amateuratletiekfederasie (IAAF) aan die ander kant.

Semenya, die huidige vroue-wêreldkampioen in die 400 meter en die 800 meter, is ’n voorbeeld van hiperandrogenisme, wat op die abnormale voorkoms van manlike hormone in die vroulike liggaam dui. Dit sluit testosteroon in.

Die IAAF voer sedert 2011 aan testosteroon is essensieel die onderskeid tussen mansatlete en vroue-atlete, en dat vroue met testosteroon bo ’n sekere vlak verbied moet word om aan vroue-atletiek deel te neem.

’n Indiese naelloper het die 2011-regulasies suksesvol in die hof in Lausanne bestry, wat daartoe gelei het dat die IAAF verlede jaar nuwe regulasies uitgevaardig het. Dit is hierdie regulasies wat Semenya nou bestry, op morele, etiese, mediese en menseregtevlak.

Volgens Tokozile Xasa, minister van sport, is die hoofpunt dat Semenya onteenseglik juridies en fisiek ’n vrou is, met ongewone fisieke eienskappe, soos baie topatlete. Haar menseregte as vrou sal geskend word as sy nie as vrou kan deelneem nie.

Boonop het sy geen behandeling ontvang om enige fisieke eienskappe te verander nie – sy is so geskape.

Xasa sê dis duidelik Semenya word spesifiek en onregverdig geteiken omdat sy so goed is. Daarvan getuig die feit dat die IAAF hul reëls slegs van toepassing maak vir die items tussen 400 meter en 1 500 meter – die presiese items waaraan Semenya deelneem – sonder enige rede hoekom hulle spesifiek op daardie items konsentreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Duppie ·

Wat is die verskil dan of jy met dit (testoroon) gebore word en of jy dit onwettig gebruik. GEEN FLIPPEN VERSKIL. Die reëls van die IAAF en enige ander reël is daar om die speelveld vir ALMAL so gelyk as moontlik te maak. As haar vlakke dan natuurlik te hoog is en sy eerder dan ‘n man moes wees, haar problem. Sy kan nie deelneem nie, so maklik soos dit. Almal dink sy is so wonderlik goed, maar wat sou hulle reaksie wees as mans met die selfde testoroon vlakke as sy in vroue items begin deelneem. Daar is mos geen verskil dan in die kompeterende vlak van hulle nie. Kom by IAAF en staan by julle punt en vat al die person se rekords weg, net soos wat julle doen met mense wat skuldig bevind word aan die gebruik van verbode middels. Daar is geen verskil nie

Deon ·

So ‘n paar jaar gelede was sy verplig om haar tesovlakke onder beheer te hou met medikasie. Sy het gesukkel en konstant verloor teen ander vrouens.

Gert van Wierdapark ·

Lekker publisiteit vir dir A en C voor die verkiesing! Geld is mos nie n probleem vir regskostes nie! Wie onthou nog die fliek: “She’s the Man” van Amanda Byrnes toe sy in haar broer se plek sokker gaan speel het. Wat van ‘n opvolg daarop: She’ s the Man 2!

Thinus Erasmus ·

Fisiek lyk en klink sy soos ‘n man, daar is operasies gedoen ja, maar is dit regverdig vir ander vrou om teen hierdie “uitsondering” deel te neem? NEE!
As ‘n mans atleet net nie kan wen nie, en hy ondergaan ‘n wettige “sex-change”, kan hy dan teen vrou gaan deelneem en dan lekker almal wen?
In die ou dae was veral Oos-Europese sport vroue so vol testosteroon gepomp dat hul soos mans gelyk en presteer het. Dit is deur regulasies gestop – wat is die verskil hier?
O ja ek het vergeet, in die liberale leefwereld het die individu meer regte as die groep.

DeVill ·

Laat Caster gaan hardloop saam met mense wat dieslfde as hy is, dit is al hoe dit regverdig kan wees.

Swartwolf ·

Dis die probleem want dan sal hy geen medaljes wen of rekords breek nie.

Swartwolf ·

Dis die probleem want dan sal hy geen medaljes wen of rekords breek nie.

Nuuskierig ·

Ek sal nogal graag wil weet hoe voel die ander atlete wat teen haar moet meeding – As jou teenstaander in elk geval gaan wen – hoekom nog deelneem ?

Asjas ·

Caster is “getroud” met ‘n vrou, dus maak dit Caster ‘n man?

B ·

Vriende se dogter is in die VSA op universiteit. ‘n Frisgeboude man is besig met die geslagsverandering proses en het solank begin met die medikasie (nog geen operasie ens). Hy stap vrylik in en gebruik nou die vroue-badkamers om te stort ens – die dames wat daaroor gaan kla het is gedreig met skorsing as hulle nie stilbly.

Pieter ·

Ek wil nou ‘n ander klip in die bos gooi. Die feministe is dan so erg oor mans en vrouens is gelyk. As dit dan so moet wees, wat dan die probleem daarmee as Castor deelneem as vrou. Ek sê nie hiermee dis my siening nie, ek dink maar net aan die cenario

Jack Klok ·

Ek wil graag nog ‘n klip in die bos gooi. Die die hoeksteen van die liberaliste asook die sosialiste wat almal so gretig multi-kulturisme propageer is gelykheid, almal moet gelyk wees, daar moet gelyke uitkomste wees. Maar in die geval van CS het sy ‘n genetiese afwyking wat haar ‘n onregverdige voorsprong gee wat waarborg dat daar nie op gelyke vlak meegding word nie en die uitslag altyd tot haar voordeel verloop. AS dit in hulle guns is het hulle geen probleem met ongelykheid nie.

willem Botha ·

Dit is onregverdig hy moet teen mans deelneem en nie vrouens nie.

Koos de Meyer. ·

As jy na sy stem luister is dit ‘n man. Nie regverdig om teen dames te kompeteer nie.

jakes ·

Die IAF sou nie hierdie saak verder geneem het as hulle nie absoluut seker was van hul saak nie. Dis nou weer tipies die denkwyse en optrede van seker suidafrikaners. Hier is die Semenja ondersteuners altyd reg want hier mag jy nie teen die meerderheid stem nie. Wat n siek grap. As Caster teen mans deelneem sal ek hom ook wen.

Johnnie ·

Die regering sal hom ondersteun want hulle weet dat as die wêreld moet uitvind dat hy in werklikheid n man is dan sal hulle nie weer in enige sports toegelaat word nie. HYSY is n man en nie n vrou nie.

Ja nee ·

Die vroue wat teen haar deelneem moet toegelaat word om test te spuit, dis of dit, of sy mag nie teen hulle deelneem nie.

Deon ·

Indien ander vroue uitgevang met hoë testo vlakke uitgevang word, word hulle vir jare geskors. Hulle het geen regte nie. Hierdie en gaan net aan en aan.

Riana ·

Die sport is nie mans teen vrouens nie. Dis vroue teen vroue en mans teen mans. Vergestel die reels was anders dan sou daar nie n probleem gewees het nie. En die “feminist” sou dan nie gekla het nie. Hulle kla eerder oor dit nie so is nie maar 1 geval word uitgesonder. Dis onregverdig

Elbie Naude ·

Die ANC regering gaan R25 miljoen beskikbaarstel vir die regskostes. Nogal! In ‘n tyd wat hulle president in die openbaar verklaar ons land se fiskus is in sy maai in.

Andre ·

Ek het nie medies geswat nie, maar sy moed net haar snor, baard en borskas wax voor sy na Switzerland vertrek. Verbeter die kanse om die saak te wen.

Judge Dredd ·

Die IAAF hoef slegs ‘n aparte klas vir hiperandrogenisme atlete te skep.
As daar nie genoeg sulke atlete vir ‘n spesifieke item is nie dan kan die IAAF natuurlik nie die item aanbied – so baai baai Caster.

Atleet ·

Die reels moet toegepas word op al die items en die ander atlete moet maar dalk net die items begin boikot as Semenya deelneem. Daar is defnitief n onregverdige voordeel.

One man band ·

Soveel moeite vir ‘n hy/sy. Is daar nie ander belangriker kwessies waarvoor die regering die geld op kan spandeer nie?

Karn ·

Hy/sy baklei erg teen die, want sal nie n enkele item wen as dit regverdig was nie.

Bamsie ·

As Caster wit was, het die regering niks gedoen om haar te help. Ek wil nie sy wees maar ek dink sy het n onregverdige voordeel. Ek sal nie wil wen met almal wat weet ek is nie wat ek moet wees. Dit is baie geld wat nou gemors gaan word

Izak ·

Wêreld sportbeheerliggame is almal n klomp huigelaars. Hul verkondig almal luid in hul grondwette dat hul o.a. niecseksisme en rassisme duld nie. Ongelukkig nie wat hul in praktyk uitvoer nie. Rugby en krieket in SA is deurspek met blatante rassisme en spelers van seker etniese samestelling geniet voorkeur behandeling. ICC en World Rugby staar hul blind teen SARU en SA Krieket se beleid. Nou weer IAAF…hul dag- en aandpraatjies is n verleentheid.

Willem ·

Caster het heel duidelik n onregverdige voordeel. Wanneer Caster n Olimpiese medalje wen kry mens nie daardie gevoel van trots soos wat mens met Hezekiel Sepeng, Josia Thugwane ens. gekry het nie. Omdat mens diep binne weet dis onregverdig en ek is seker Caster weet dit ook al sal Caster dit nooit self erken nie.

Ek ·

As ek een van die dames atlete wat teen haar moet almal by die wegspring om draai en loop want sy het n voordeel oor die egte regte dames

Andrew ·

Ek dink tog die IAAF maak ‘n fout. Dit moet vir alle vroue items geld.

Eddy ·

Sê: Caster’s a man ya ! Ek glo sy is n vrou,maar haar testeroonvlakke maak dat sy soos n man loop,lyk en praat.Daai testosteroon gee haar n “onregverdige voordeel”bo ander normale vroue atlete……Maar Caster is getroud met ‘n vrou…..hoe is dit dan??

Ralph ·

ANC wil nou seker ook die IAAF se huis en reëls opfoeter soos hul alles hier opfoeter en nogal met ons belastinggeld.

A song by the Kinks ·

“Well I’m not the world’s most masculine man
But I know what I am and I’m glad I’m a man ?
And so is Lola. ?
Lo lo lo lo Lola.
Lo lo lo lo Lola.”??

Magaretha van heerden ·

Dit is nie regverdig om fyn vroue teen n defnitiewe growwe manlike persoon te laat deelneem nie. Die hormone se wat is wat. Hoekom neem hy nie deel teen mans nie?

Pieter ·

Vroeër jare was die vroue uit lande soos Rusland en Oos-Duitsland vrot van opkikkers. Gelukkig is daar nou WADA. Die speelveld sal egter nooit volkome gelyk wees nie, want die liberale en hul politieke maatjies dwing mos deesdae ook “transgender” op ons af, met hul verwronge denke. As Jannie dus wil deelneem as ‘n vrou, of Sannie as ‘n man…wie is ons om te oordeel?

steve ·

Aan almal wat so baie te sê het; ek wonder wat julle opinie sou was, as Caster wit was….dan was die IAAF seker rassisties?

Gert ·

EK dink eerlikwaar hierdie het niks met ras te doen nie, wel met reg en verkeerd, en dis verkeerd wanneer mans as vrouens deelneem, die testosteroon gee hulle ‘n massiewe voordeel.

Swartwolf ·

Ja nee Steve gewonder wanneer gaan iemand die ras kaart op die tafel gooi, behalwe die regering en Caster aanhangers. Gewoonlik word die kaart gespeel as verdraaide logika en liberale moderne snert idees meer werk nie. Maar die keer is dit nie swart of wit nie maar eerder man of vrou. So bly maar eerder by die “basics” die keer.

Peta ·

Ek dink ook dis baie onregverdig teenoor die ander vroue wat teen hom moet deelneem.Met alle respek teenoor ons atlete wat aan die “paralympics” deelneem,kan hulle nie daar n klas byvoeg waaraan atlete soos hy dan teen mekaar kan hardloop nie?

jj ·

wat altyd reg was is nou verkeerd , en wat verkeerd is en was is nou reg
die waarheid het n manier om vir homself te praat……..

TN ·

Semenya het testikels ; dit is in die oorspronklike mediese verslag , geen baarmoeder nie en geen eierstokke nie . Ek dink dat dit heeltemaal genoeg sê en dat Semenya onder geen omstandighede teen vroue mag deelneem nie en dat alle rekords geskrap moet word en alle medaljes teruggegee moet word .

Andrea ·

Ek stem saam. Moet mens aanhoudend jou kop in die sand druk ter wille van politiek? Caster is meer man as vrou. Dis onregverdig dat sy/hy teen vroue deelneem.

Nora ·

Caster is ‘n groot uitvoerproduk vir SA en hardloop pragtig. Dit sit ons land op die kaart. En soos almal weet is die lewe selde regverdig. Ek is baie vrydenkend, maar dit is so dat Caster dus bevoordeeld (meer bedeeld is) :) is bo die fyner vroue. Sal interessant wees om te sien wat die IAAF besluit. Genderkwessies is aan die orde van die dag en die mense is vloeiend. Die X-mense. Hulle is vir my persoonlik altyd baie interessant. Die ideaal sal seker wees kompetisies waar hulle oorgrens na albei kante toe kan deelneem, soos hulle verkies of toegelaat word. Eintlik verdien Caster baie lof om aan te hou na al die dit. Goeie hemel. Ek verstaar my aan haar. Ek is ‘n groot bewonderaar, maar ek voel ook liewe hemel. Maar net om haar aan die hardloop te hou moet eintlik prioriteit geniet. Sy beskou haarself as vrou, is ook baie gelowig, wat ek nie is nie, maar dit help haar deur. Ek is gefassineerd. Interessante w^reld.

Elsa ·

Ek gun haar sukses vir haar. Sy is so gebore en dit was nie haar keuse om so te wees nie. Dit sal ook nie regverdig wees as sy teen mans moet hardloop nie, so waar pas sy dan nou eintlik in?

Essa ·

Elsa, beter kan niemand dit stel nie. Sy is onderwerp aan aaklike toetse, ondersoeke, priemende media dekking, verslae en nogmaals media dekking. Uiteindelik was sy op medies wetenskaplike gronde
aanvaar om as vrou deel te neem. Is daar werklik nie een Maroela leser wat trots is op ‘n mede-Suid-Afrikaner se deursettingsvermoë en verdiende sport prestasies nie?

Andrea ·

Ek stem saam. Moet mens aanhoudend jou kop in die sand druk ter wille van politiek? Caster is meer man as vrou. Dis onregverdig dat sy/hy teen vroue deelneem.

Opisthophthalmus ·

Dit is seker nodig dat n regering opstaan vir sy landsburgers maar wanneer jou land besig is om uitmekaar te val moet fondse sekerlik goed bestee word om die land meer stabiel te kry. Is dit dan nie mors om R25miljoen van belastingbetalers se geld te gebruik op sport nie? Zimbabwe as voorbeeld is n ramp maar daar word nog internasionale krieket gespeel.
Wat is jou opinie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.