Regering suksesvol in Mej. SA-saak

Lalela Mswane. (Foto: Glamfuel/Facebook/Offcial Miss SA)

Die saak tussen Citizens for Integrity, ʼn organisasie sonder winsbejag, en die departement van sport, kuns en kultuur, is in die hooggeregshof van die rol geskrap.

Masechaba Khumalo, woordvoerder van die departement, sê die saak het vandeesweek voor die Gautengse hooggeregshof gedien.

Maroela Media het vroeër berig daar was teenkanting van verskeie drukgroepe, politieke partye en selfs die Suid-Afrikaanse regering oor Lalela Mswane, die huidige Mej. Suid-Afrika se deelname aan die jaarlikse Mej. Heelal-kompetisie in Israel. Die groepe was uiters uitgesproke daaroor dat Mswane (24) haar behoort te onttrek aan ʼn kompetisie wat in “apartheid-Israel” plaasvind.

Die departement het op 14 November in ʼn verklaring gesê hy onttrek sy ondersteuning aan Mswane se deelname aan die kompetisie. Citizens for Integrity wou die regering dwing om Mwane steeds te ondersteun.

Die niewinsgewende organisasie Africa4Palestine het ook as ʼn vriend van die hof tot die saak toegetree.

Regter Cornelius Jacobus Van Der Westhuizen het egter die saak van die rol geskrap.

“Die regter het bevestig die aansoeker het die aansoek gebring as gevolg van die persverklaring wat op 14 November 2021 deur die departement uitgereik is,” sê Khumalo. “Ons bevestig die saak is van die rol geskrap. Die regter aanvaar die regering se standpunt om nie Israel te ondersteun nie, is gebaseer op regeringsbeleid en daarom is die verklaring uitgereik. Die feit dat die verklaring belyn is met die beleid wat al jare lank in openbare domein beskikbaar is, is die agtergrond waarteen die verklaring uitgereik is.”

Khumalo sê die departement verwelkom die uitspraak en stem saam met die regter se mening.

“Ons posisie is gevestig in die verantwoordelikheid om ʼn kultuur van morele rentmeesterskap aan te moedig onder almal wat die Suid-Afrikaanse naam dra,” het minister Nathi Mthethwa bygevoeg toe hy die uitspraak gehoor het.

Mwane is reeds in Israel. Die kompetisie vind op 12 Desember in Eilat plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

groenboer ·

Inderdaad, en sy moet haar nie te veel ontstel oor die regering se onttrekking nie. Dit het voordele ook: sy is onder geen druk om regeringspropaganda te gaan maak nie.

Samuel ·

Mag mej. Suid-Afrika sommer wen en dan hoor ons wat Nathi sê.

Willem ·

Dìt van n party wat al sedert 1994 steeds apartheid toepas en op rassegronde diskrimineer om die “onregverdighede van die verlede” te “herstel” en die land te “transformeer”. SA se ANC regering pleeg dieselfse misdade teen die mensdom as die israeliese regering en die palestynse regering.

Nie Verbaas ·

So die hof is net so rassisties soos die regering? Siestog, mens bejammer eintlik die oningeligte bloedjies.

Jaco ·

As die ANC net so bietjie dieper na Israel se beleid teenoor die Palestyne kyk, sal hulle dalk besef dis iets wat in SA kan werk. Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n selfregerende tuisland is. Maar die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help en die Palestinian Authority erken. Israel laat ook buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe. Ek gee toe, dis VER vanaf ‘n 100% onafhanklike Palestynse Staat, maar dis beter as niks.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie.

Harley Davidson ·

Nog nooit so daaraan gedink nie maar ek stem saam stuur ‘n brief aan die ANC en Eff en hopenlik kry die huidige benaadeelde minderhede ‘n tuisstaat.

groenboer ·

Dit klink vir my na ‘n plan! Dan moet SA net nie onwettige nedersettings in die tuisland begin bou soos die Israeli’s in Palestina doen nie. In ruil daarvoor sal ons onderneem om nie vuurpyle in SA se gebied in te skiet nie. :-)

Jr ·

Die SA’s se govt was sukksesful met PRESIES WAT. HULLE SNY HULLE NEUS AF OM HULLE GESIG TE SPITE. Want nou gaan Palesteiin werk bring na Suid Afrika ( plofstof deskundiges) . Kos invoer. Skoole bou. Kra g stasies bou. Mentors stuur vir water projekte. Dokters oplei ja en ek is ‘n kerfees feetjie

annie ·

Ag ja, die regerings se beleid is ok in lyn met die ewige stryd om Jerusalem/Israel as die Jode se eiendom, teenstrydig met die Vader se besluit, nie te erken nie. Wie gaan uiteindelik wen?

Perdeby ·

Los die vrou uit en los die regering ook. Kyk hoeveel geld en tyd het julle nou gemors oor eintlik ‘n klomp strooi. Sy is groot en selfstandig sy kan vir haar self besluit.

madels ·

As n mens nie weet wat in Israel aangaan nie en net luister na die anti semitiese regering en media dan kan n mens n baie skewe idee kry van wat daar aangaan. Mag mej. SA nog groter standpunte inneem in haar lewe en nie toelaat dat ander haar boelie in wat sy in haar hart glo, wat reg is nie. Ek het groot respek vir haar

lodewyk ·

Sterkte Mej SA,ek hoop jy vaar goed,die olimpiese atleete het ook sonder die regering klaar gekom,die ANC was vinnig om Isreal aantevat oor die verbod op vlugte en maak staat op Isreal se in en uitvoere en toerisme?

Samuel ·

Nathi, van wanneer het jy en die ANC ‘n sogenaamde morele kompas? Wat is moraliteit?

My siening ·

ANC EN EFF is die nuwe apartheid regering want hulle moet maar eers die balk uit cyrel se oog haal voor hulle ander wil aanvat, rassebeleid.

Niklaas ·

Dis alweer Nathi en sy streke! Dis tog so lekker om in die nuus te wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.