Regering swyg oor rioolkrisis

Argieffoto

Die land se plaaslike regerings word oorval met rioolklagtes omdat riool op enige gegewe tyd iewers in die land vrylik lek en gevolglik ’n wesenlike gesondheidsrisiko vir Suid-Afrikaners skep en ernstige besoedeling veroorsaak.

AfriForum het Maandag gesê sy takke landwyd ontvang byna daagliks klagtes in dié verband van moedelose gemeenskapslede.

Die departement van omgewingsake het vroeër vanjaar die 2014-groendruppelverslag aan die parlementêre portefeuljekomitee bekend gemaak. Die toestand van Suid-Afrika se rioolaanlegte en infrastruktuur word in dié verslag uiteengesit. Die verslag is egter nog nie aan die publiek bekendgemaak nie.

Volgens Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, is dit veilig om af te lei dat die 2014-verslag aandui dat die land se rioolsituasie nie goed daar uitsien nie. Dit kan ongetwyfeld nie vir die parlementêre portefeuljekomitee aanvaarbaar wees om ’n 2014-verslag eers in 2017 te ontvang nie. Boonop is dit slégs die komitee wat ’n verslag van enige aard ontvang het – die res van Suid-Afrika weet nóg wat die toestand van ons rioolaanlegte, nóg wat die mate van besoedeling is wat hierdeur veroorsaak word.

Die departement moes in die 2015/2016- finansiële jaar R827 miljoen aan tesourie teruggee omdat dié geld nie bestee is nie. Dit bring die onbestede bedrag vir die laaste paar jaar op meer as R2 miljard te staan. Dít terwyl ’n geskatte 4 200 megaliter rou riool daagliks in ons rivierstelsels opeindig omdat 82% van die land se rioolaanlegte nie aan toepaslike wetgewing en standaarde voldoen nie. AfriForum het dié inligting by die onlangse simposium oor riool- en afvalwaterbehandeling by Emperors Palace bekend gemaak.

“Om dié rede het AfriForum besluit om jaarliks as deel van ons waghondfunksie water- (bloudruppel-) en riooltoetse (groendruppeltoetse) te laat doen en ’n eie verslag op grond van die uitslae saam te stel,” het Pawson gesê. “Toetse word op elke dorp gedoen waar AfriForum ’n tak het sodat gemeenskappe self deur middel van geloofwaardige en aanvaarde metodes oor die toestand en gehalte van hul dorp se drinkwater ingelig kan bly, asook die mate van besoedeling wat teenwoordig is al dan nie.”

Hy benadruk dat AfriForum terselfdertyd druk op die departement sal plaas om hulle verslag ook aan die publiek bekend te maak.

Raak betrokke by die AfriForum se inisiatief om die volhoubare gebruik en beskerming van ons waterhulpbronne te verseker deur die naam van jou dorp na 45354 te SMS (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adam ·

Mooi man! 82% van die rioolaanlegte is nie op standaard nie. Ek het nog altyd gewonder hoe party ouens in die parlement opeindig. Raaisel opgelos!

Vet Ed ·

Bel die Guptas,daars n besigheids geleentheid. Dit gaan net verskriklik duur wees

Johan vd Merwe ·

Ek wil n regstelling doen die Dept moet wees die Dept van Water en Sanitasie wat hier verantwoordelik is. Die blue drop en green drop was n ongelooflike inisiatief wat munisipaliteite wat presteer uitgewys het en die wat nie hulle verantwoordelikheid nagekom het nie se koppe laat sak het. Die politieke wil om munisipaliteite doeltreffend te bestuur ontbreek egter en die inisiatief is besig om n stil dood te sterf. Die portfolio komitee moet asseblief intree en die rioolfiasko wat n geweldige impak gaan he op ons skaars waterbronne in ons water skaars land. Asseblief gou

CHRISTA ·

Hier in Edenvale, Ekurhuleni, loop gedurig water in ons strate af. Ek weet egter nie watter lekkasies rioolwater en watter varswater is nie. Een lekkasie kom al vir meer as 6 maande voor in Eerste Laan!!!

John ·

Rommel en riool rym nogal. Beide is ‘n ongure spulletjie en almal was net hande in onskuld.

Potlood ·

jyt net nodig om winkel toe te ry dan sien jy menige “riool” langs die pad

Scalla ·

Rommel status se naam moet verander na riool status, dit is meer verstaanbaar vir almal.

Justice ·

Jy leer `n klein hondjie om nie in sy huis te skuit nie deur sy neus daarin te druk en dan met `n opgevoude koerant te raps – mooi praat met die relevante munisipale beamptes werk nie – miskien moet die strategie verander word – sonder die koerant.

Tammy ·

Zuma die swakste ongeletterdste president van die dag. Hy is lief vir vernietiging…rommelstatus..rioolvernietiging, .. hospitale wat nie kan voorsien nie. Gupta kaders….. Ha ha . Wonder of sy parlement trots is op hom????

pieter ·

Dit is onaanvaarbaar!!! Waarom word dit nou eers opgevolg?! Daar moet iets daadwerklik daaraan gedoen word!! Hier sit ons land met ‘n baie ernstige water krisis in die Kaap maar die staat besoedel ons damme!?!?! Skande op skande – ek is so moeg om van ons onbevoegde korrupte staat en kie te lees wat ons land deur hulle gaaie trek!!! En nie te praat van die uiters geweldadige misdaad nie! Wat het van ons mooi Suid-Afrika geword? Daar is niks oor om meer trots op te wees nie. :(

SARIE VAN HEERDEN ·

Jare gelede was ons in Nigerie en op my vraag oor die baie water wat langs die strate loop het die persoon geantwoord dit rioolwater. Grootmond het ek vir hom vertel dit sal NOOIT in Suid-Afrika geduld word nie. Nou vat ons Suid-Afrikaanse rioolwater sommer kortpad en gaan direk in die strome en damme in.

jeannie du Plessis ·

Alle bevindinge moet dadelik aan die publiek vrygestel te word…maar hoeveel lees regtig, al skree die feite elke dag in jou gesig. Dis nie jou probleem nie..waars die Stadsraad, soveel mense se reaksie… joune?
Meeste van die feite kom uit sonder dat dit gepubliseer word omdat niemand dit kan publiseer…
Hoeveel mense wag vir die ander persoon om lekkasies en riool lekke aan te meld… het jy gesien die riool loop in die straat….RAPPORTEER DIT SELF moet nie wag vir iemand anders om dit te doen..elke persoon het die verantwoordelikheid teenoor HOMSELF. Anders bly liewer stil om as om te wag dat die Stadraadslid dit vir jou moet doen… as hy dit nie doen… blameer dit op die party.
Ons kan hierdie probleem oplos deur self elkedag die probleem aan te meld en toe te sien dat dit reggestel word, asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.