Regering-taakspan onttrek uit platinumdispuut

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Die regering se taakspan het onttrek uit die proses om die platinumstaking op te los, het mynmaatskappye aangekondig.

“Platinumprodusente neem kennis dat die gesprekke wat deur die minister van minerale bronne gefasiliteer is ongelukkig ontbind is sonder ‘n uitkoms,” het hulle in ‘n gesamentlike verklaring gesê. “Terwyl die produsente verbind bly tot ‘n onderhandelde skikking, sal hulle nou verdere opsies tot hulle beskikking oorweeg.”

Minister Ngoako Ramatlhodi het verlede week die taakspan op die been gebring in ‘n poging om die vier maande lange staking tot ‘n einde te bring. Ramatlhodi sal Dinsdagoggend ‘n mediakonferensie hou oor die regering-taakspan se onttrekking uit die platinumdispuut.

Mynmaatskappye sal ook na verwagting Dinsdagoggend aankondigings maak oor die moontlike sluiting van skagte.

Lede van Amcu staak sedert 23 Januarie en dring aan op ‘n basiese maandelikse salaris van R12 500.

Mynmaatskappye het reeds meer as R21,7 miljard in inkomste verloor terwyl werknemers meer as R9,6 miljard in inkomste verloor het weens die staking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zahn ·

Is dit die regering se bydrae tot ‘n situasie wat sy eie ekonomie knou? Hierdie een insident is klink klare bewys presies hoe bevoeg die regering is. Hul redenasie van: ignoreer die probleem tot hy weggaan, word duidelik bewys. Pateties verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.