Regering teleurgesteld oor SA op Britse ‘rooilys’ bly

(Argieffoto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy verstaan nie waarom Suid-Afrika steeds op die Britse regering se sogenaamde rooilys ten opsigte van reise na en van dié land is nie.

“Ons glo vas dat daar geen redelike gronde is om Suid-Afrika op die rooilys te hou nie en ek is baie teleurgesteld,” het Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), Sondag in ’n verklaring gesê.

Dit volg nadat die Verenigde Koninkryk Vrydag sy rooilys hersien het en agt lande, waaronder Egipte en Kenia, van die lys verwyder het.

Pandor meen daar is geen verklaarbare rede waarom Suid-Afrika steeds op die lys moet wees nie aangesien die land ’n beduidende afname in Covid-19-infeksies beleef en daar vordering gemaak word met inentings.

Die Britse regering het tot nou toe ʼn sogenaamde verkeersligstelsel gebruik om die Covid-19-risiko in verskillende lande en die moontlikheid dat variante vandaar na die Verenigde Koninkryk kan versprei, aan te dui.

Die land gaan egter van 4 Oktober wegdoen met sy groen- en oranjelys hoewel die rooilys voorlopig van krag sal bly. Reisigers van lande op die rooilys moet onder meer ten duurste vir kwarantyn opdok indien hulle na die Verenigde Koninkryk wil reis.

Pandor sê haar departement gaan nou sy pogings verskerp om Suid-Afrika van die lys te verwyder “en is optimisties dat die Britse regering uiteindelik sal besef dat sy besluit nie net die toerismebedryf benadeel nie, maar ook ondernemings in albei lande”.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika kan meer as R180 miljoen kwyt wees vir elke week wat hy op die rooilys bly.

Die Wêreld-reis-en-toerismeraad (WTTC) sê gegrond op Britse besoekersgetalle van 2019 kan die insluiting verliese van meer as R790 miljoen per maand beloop, of sowat R26 miljoen per dag.

Syfers van dieselfde jaar wys Suid-Afrika is een van die gewildste bestemmings vir Britse besoekers en verteenwoordig sowat 7% van besoekersbesteding, oftewel sowat R7,9 miljard. Verlede jaar het internasionale besoekersbesteding tot R46 miljoen afgeneem van die R134 miljard wat in 2019 bestee is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Barney ·

Wat se regering? Daar is twee swart regerings aan bewind. Ek ondersteun die swart regering wat die Britte uit ons land uit weghou want hulle het niks hier verloor na hulle my nageslag se grond verbrand het en my voorouers laat vrek het in konsentrasie kampe.

Cherokee ·

LOL, knowing you do not understand the language of the languages, I will answer you in English, with the real hope you are telling some subordinate or other to keep an eye on posts like mine.
Why worry about the English? Be genuinely concerned about China, for they are your heroes and the nations you want to shine at! :-) Laughing at you (knowing you would not even understand the finer points of what I am saying).

Willem ·

Want hierdie land is swart gebrand!!!!!!!Wat verwag hierdie anc skurke????

Blomme ·

Naledi…. Waarom is jy nog verbaas? Watter plan behalwe die een wat beslis nie werk nie, het julle in plek om die getalle wat positief toets af te bring… En sommer ook die misdaadsyfer daarby in te sluit. Kry jul huiswerk in plek voordat julle konsuis in alles geskok en verbaas is. Jul bestuurstyl is ń grap!

Tertius ·

Ja kyk, Pandor en Dirco is maar ewe power. Kan seker nie gehoop het dat hulle iets kon uitvoer nie. Wanneer die status verander word, gaan sy dit claim as oorwinning al was dit laat. Maar hulle moes al lankal beter gedoen het.
Neem aan ANC sien ook nie wat kan gebeur as jy buitelandse belegging kry nie en dink voor hulle vergoeding sonder onteining . Seker te veel dink om te sien dat dit gevolg op buitelandse belegging sal hê.

Marius ·

Hallo wonder ook hoekom gaan staan by ons grens poste en sien wat gebeur ai ai nou vrae julle

Anel ·

Ons kinders wou Desember vir ‘n troue kom kuier, maar dit gaan hulle R 100 000.00 kos as hulle terug gaan. 14 dae in ‘n staatskwarantynfasiliteit. Siek, man. Nou kom hulle nie meer nie.

Feite ·

My arme man is nou al 9 maande buite die land oor hierdie rooi lys van Brittanje wat ander lande ook volg. India die OORSPRONG van die Delta virus is nogal op die GROEN lys! Hoe de duiwel kan dit reg wees?

Porseleintjie ·

Pandor se ontsteltenis is oor geld wat Suid-Afrika verloor. Na wie se sak gaan daardie geld? Is die trane werklik oor SA of is dit vir die korrupte regering wie se vingers in elke beursie is?

pieter ·

Ek is oortuig dàar is ander redes hoekom ons verban word , they don’t want to send them subjects to the new south africa

Swerwer ·

Wat het die “Regering” verwag. Natuurlik sal ons op die Rooilys bly want die “Regering” kan nie die land bestuur nie!

Barney ·

Dit maak vir my heeltemal sin dat ons op die rooilys is. Net ongeveer ‘n kwart van die bevolking is ingeënt en dis net ‘n kwessie van tyd voor die volgende golf die land tref. Solank as wat die afrikaners dink hulle is slimmer as die res van die wêreld (statistieke ten spyt) en weier om ingeënt te word, kan hulle niemand anders blameer as hulle self nie. Aanvaar verantwoordelikheid vir die gevolge van die besluite wat jy neem – so maklik soos dit.

Belinda ·

ja wel wat jy saai sal jy maai… ek is glad nie verbaas nie. kyk hoe gaan dit hier in SA. mens het geen veiligheid hier nie.

Jax ·

Ek kan nie verstaan waarom mense steeds na vêr lande Wil reis tydens die pandemie nie. Jy sit vir ure soos sardyntjies ingeryg met mense wat jy van geen Adamskant ken nie. Ek voel jammer vir die toerisme bedryf maar is gesondheid nie Meer Belangrik as geld nie. Die hele wêreld se waardestelsel is skokkend. As mens in die gesondheidsorg werk, besef mens eers werklik hoe hierdie pandemie mense raak. Bly tuis en werk van die huis af, skype/zoom families en vriende en hou (as jou eie gesondheid en die van jou gesin nie belangrik is nie) ten minste ons medici veiliger van die pandemie. As almal doen wat hulle moet doen en nie doen wat hulle wil doen nie, Sal ons die pandemie kan bekamp en aangaan met ons lewens soos dit was. Dink tog vir n slag verder as wat die oog kan sien.

Misky ·

Nie almal rits rond en hou vakansie nie. Baie besighede het internasionale belange en moet soms oorgaan of hierheen kom. Baie mense werk ook daai kant en wil huis toe kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.