‘Regering trek skouers op oor sinkgat’ – VF Plus

(Foto: Verskaf)

Inwoners in Emalahleni (Witbank), Mpumalanga, se lewe word ontwrig deur ʼn mynverwante sinkgat.

Linda Vorster, VF Plus-raadslid: Emalahleni- plaaslike munisipaliteit, sê inwoners van Jacaroo Park wat naby die sinkgat woon, kla oor nuwe krake in plaveisel en mure wat nou gereeld vorm. ʼn Ander sinkgat het ook al in die erf van ʼn huis in deursnee vergroot.

Plaaslike inwoners is oortuig daarvan dat die sinkgat veroorsaak is deur mynaktiwiteite langs die woongebied.

“Die VF Plus het die Menseregtekommissie (MRK) in Maart gevra om die oorsake te laat ondersoek wat gelei het tot die vorming van ʼn sinkgat. Dit het gevolg nadat nóg die myn nóg die munisipaliteit verantwoordelikheid vir die herstel daarvan wou aanvaar,” sê Vorster.

Daar is tot op hede nog geen terugvoer of oplossing van die MRK ontvang nie.

Die munisipaliteit se assistentbestuurder van omgewingsbestuur en nakoming, Life Mahlaule, het bevestig dat die sinkgat sowat 300 m vanaf die ondergrondse mynbedrywighede van die Stock/Tavistock-myn is.

Volgens hom is die saak nog nie opgelos nie, aangesien die munisipaliteit wag op terugvoer vanaf die raad van geowetenskap.

Vorster sê om sake te vererger het die Uitspan-myn sowat drie maande gelede met onwettige bedrywighede in die omgewing begin en mynbeamptes skiet gereeld springstof af. Dit lei tot gekraakte vensters en swembaddens in die woonbuurt.

“Hoewel die nasionale departement van minerale hulpbronne en energie die myn versoek het om sy bedrywighede stop te sit, word dit blatant geïgnoreer.”

Die VF Plus het ʼn dringende versoek aan die departement gerig om die onwettige myn toe te maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christine ·

Blatant geïgnoreer, want te veel ouens het hul vingers in die onwettige mynbedrywighede pie, soos op die Wes en Oosrand. Hier wag nog groot tragedies met die onwettige zama zamas wat Johannesburg se Wes en Oosrand en Vrystaat uithol deur die onwettige werksaamhede van die 1000de zama zamas. Hoë koppe buit hieruit en dit sal slegs stop wanneer 1000de mense se lewens geëis word. Hou hierdie spasie dop.

Di ·

STEM! Dink ons sal GESKOK wees as ons die hele waarheid moet hoor rondom hierdie ZAMA ZAMA sage

Nie Verbaas ·

En waar is die polisie dan nou met arrestasie van onwettige myners of is dit miskien omdat plaaslike regeringsamptenare dalk n vinger in die pie het dat daar nie opgetree word nie?

Nico ·

Die regering weet nie wat om te doen nie, wag nou wag hulle vir opdragte terwyl die Uitspan myn onwettig is.

Di ·

MYNE verwoes so baie plekke EN die natuur. Kyk maar na al die kriminele aktiwiteite by toegemaakte myne wat net so gelos is en kriminele lok! Dagvaar hulle, dis hulle PLIG om na die omgewing om te sien, kan nie net hulle skouers optrek nie

Samuel ·

Mens kan tog geen spoedige optrede van die regering verwag nie. Die kaders word beskerm.

Noelene ·

Twee van my kliente het in daardie gebied in d veld gestap en deur die grond in n brandende massa getrap – steeds is geen aksie deur die munisipalitieit geneem om die gebied te beveilig nie.

SjN ·

Laat die klomp werkloses help om die gate vul in ruil vir hul maandelikse grant. Hulle doen mos in elk geval niks produktiefs nie!!

Spotty ·

Gooi eers i paar rookbome in die gat miskien is daar ander gate ook dan kan mens sien waar die rook uitkom, netnou val iemand in een van die gate,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.