Regering vat OB hof toe oor Nkandla-verslag

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Ministers in die veiligheidsgroepering het Donderdag aangekondig dat hulle aansoek gaan doen dat die omstrede Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer onder geregtelike hersiening in die hooggeregshof geneem word.

Die regeringskommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) het in ʼn verklaring gesê die gronde van die hersiening sal ten volle in die hersieningsdokumente uiteengeset word. “Dit is die ministers se siening dat die Openbare Beskermer (OB) se verslag en die ondersoek wat sy gedoen het, die leerstelling van skeiding van magte oortree het. Dit is ook teenstrydig met artikel 198 (d) van die Grondwet wat nasionale veiligheid van die parlement en nasionale bestuur behels,” lui die verklaring. “Dit is ook die ministers se siening dat van die bevindinge en aanbevelings in die verslag irrasioneel en teenstrydig is, en ook regsfoute bevat.”

Die ministers se regspan is opdrag gegee om die hersieningdokumentasie reg te kry en sal dit na verwagting in die volgende week by die hooggeregshof indien.

Die OB het in haar Nkandla-verslag oor opgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu- Natal, bevind dat Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit veiligheidsopgraderings van R246 miljoen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dalene ·

Die verkiesing is verby en die belastingbetaler moet nou weer pa staan.

Grassie ·

Die uitslag van die hofgeding is tien teen een al klaar “gereel”.

JB ·

Die regering het nog NOOIT van enige waarhede gehou nie!!!!!! Die verslag was die begin af gedoem!!!

Theresa ·

Thuli het baie goeie werk gedoen. Maar hierdie ding gaan ook ‘n stil dood sterf. Hierdie mense wat betrokke is in hierdie korrupsie vee alles gerieflikheidshalwe onder die mat in. Hier is niemand wat die balls het (soos Thuli) om op te staan teen die korrupte regering nie. Vir hulle is dit uit en uit ‘n saak van selfverryking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.