Regering ‘verklaar oorlog’ teen staatsamptenare – vakbond

(Argieffoto)

Die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) sê hy is teleurgesteld dat die minister van finansies, Tito Mboweni, niks in die mediumtermynbegrotingsrede gesê het oor salarisverhogings vir staatsamptenare wat geskrap is nie.

Mboweni se aanduiding dat daar geen verhogings vir staatsamptenare oor die volgende vier jaar gaan wees nie, is ʼn oorlogsverklaring teen vakbonde, het die VSA gesê.

Die minister het gister die begroting in die parlement ter tafel gelê. Hy het gesê staatsamptenare sal dieselfde salarisopofferings moet maak wat hul eweknieë in die private sektor in die lig van die verwoestende Covid-19-afsonderingstyd moes maak.

“Ons landgenote in die private sektor moes opofferings maak en selfs salarisverminderings aanvaar om sakeondernemings aan die gang te hou. Oor die afgelope vyf jaar het staatsdienswerkers se salarisse gemiddeld met 7,2% gegroei – veel meer as inflasie. Oor die volgende vyf jaar sal dit baie, baie stadiger moet groei,” het Mboweni gesê.

Volgens die minister vergader die regering en leiers van vakbonde in die staatsdiens om te beraadslaag oor hoe “meer met minder gedoen kan word”.

Die VSA het reeds ʼn arbeidsdispuut by die arbeidshof ingedien oor die regering se besluit – wat in die Februarie-begroting aangekondig is – dat ʼn salarisverhogingsbesluit waarop vroeër ooreengekom is, omgekeer moet word. Dit is gedoen in ʼn poging om die staat se salarisrekening oor die mediumtermyn met sowat R160 miljard te verminder.

Die vakbond was Donderdag woedend oor die feit dat Mboweni vasskop oor die verhogings, terwyl hy steeds die begroting só kon bewimpel om R10,5 miljard vir die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakereddingsplan te vind.

“Dit word al hoe duideliker dat daar ʼn aanval op die gesamentlike onderhandelingsproses in die staatsdiens is en dat wetgewing en prosesse wat dié reg vir werkers bestuur, verontagsaam word.”

Die vakbond sê die lot van sy lede word vererger deur die nuwe pensioenfondsboetes wat aan staatsamptenare opgelê word wanneer hulle die staatsdiens verlaat. “Staatsdienswerkers sal in slawearbeid onder verslegtende toestande gevange gehou word.”

Die VSA sê in teenstelling met wat Mboweni sê, is daar geen beraadslaging aan die gang tussen die minster van staatsdiens en administrasie en vakbonde oor werkers se salarisse nie.

“Onder hierdie omstandighede kan die VSA die regering se stellings as niks anders sien as ʼn oorlogsverklaring teen werkers in die staatsdiens nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

annie ·

Wel, die unies het ‘n keuse tussen ‘n werk en geld of geen werk en geen geld. SA is steeds op die aarde en elders op die bal word mense gereeld afbetaal as werkgewers dit nodig ag. Vrydae is gereeld ‘go home’-dag in die VSA. Natuurlik sal dinge wonderlik verander as Vader Biden en Moeder Harris in beheer is. ‘Go West’.

Mariana ·

Dit maak sin dat hulle kapsie maak teen die feit daar alewig reddingsboeie uitgegooi word na SAA maar nie geld is vir salarisse nie. Hoekom steeds geld gooi agter die bankrot lugdiens aan. Dit kan nie gered word nie.

twaalfboor ·

Geen salaris verhogings vir 4 jaar? Nou gaan hulle hul korrupte bedrywighede EERS voortsit. En hulle gaan dit nog probeer regverdig ook.

Persheks Adri ·

Plaas kry die klomp in die parlement wat so onbevoeg verby is geen geld nie, want hulle werk in elk geval nie hulle plunder net!

Renier johannes ·

Wat is n verhoging ek het nie eers gekry nie hou op moun en werk vir julle geld

Nie Verbaas ·

Dit gaan n mens se gesonde verstand te bowe. Hulle will net he en he en he. Salarisse is alreeds bo die mark verwante vlak en daar is nie geld nie. Dan is daar nog die wat totaal onbevoeg is om die werk effektief te doen. ANC se slapgat houding sal op die einde die ekonomie totaal vernietig. Hulle hou ook doodeenvoudig nie op plunder nie. Kyk hoeveel het van TERS geeis. Die arrogansie is kommerwekkend.

Kokerboom ·

Die staat se funksie moet gereduseer word tot ‘n adviserende /regulerende aksie om standaarde te handhaaf. Die ekonomie moet uitsluitlik in hande van privaatsektor wees. Slegs Gesondheid tot ‘n mate, onderwys en Polisie/SAW moet en professioneel bedryf word. Staat as werkskepper is ‘ onding.Weg met SOO’s

daniel ·

Die SAL is wanbestuur sedert 1994 en sal in die toekoms ook wanbestuur word tenspyte van die 10.5 biljpen se boei.

Pieter ·

Ja ou Tito jy is deel van die ANC sirkus jy het laas ook gese geen geld meer vir SAL nie en toe wat doen jy gorhdan praat en jy spring. Julle ANC kommuniste is soos Zanu Pf van zimbabwe voetsek…

JohanR ·

Tyd dat die SACP en Cosatu hulle naam op ‘n stem brief sit en eerlik parlement toe gaan instede van ‘n free ANC ride kry. Wonder of hulle genoeg stemme sal kan kry om iemand IN die parlement te kry?

LiveAndLetLive ·

Nou skielik word al hierdie bedrog oopgevlek en aangevat – want wie gaan tog nou stem vir n korrup ANC?
Kyk asb sommer oral na salarisse wat buitensporig hoog is.

Pieter ·

Ontslaan sumier die oneerlike “skelm” amptenare sonder pensioen. Skaf 50 persent poste af en kyk die dienslewering sal nie verswak nie.

Keelvol ·

Verstaan die geen verhoging vir staatsamptenare. Maar moenie sê dat daar nie geld is nie, maar 10.5 biljoen word vir SAL bewillig. Julle het geld gehad vir n nie belasting betaalde taxi bedryf.

Elsa ·

‘n Hele paar jaar het die VSA Vereeniging van Staatamptenare besluit dat persone wat vir 5 jaar en langer op een kerf was, se salarisse gered circle moes word. Ons het 10 jaar vir bevordering baklei en moes 4 jaar sonder verhoging, bonus klaar kom. En ons het GEWERK.
Die wat nie gewerk het, het die verhoging gekry.

‘n Verskil van R5000 per maand aan ons pensioen gemaak.

Danie ·

About time sal ek sê.
Hierdie vet katte se poste kan met 50% verminder word dan sit die res steeds en niks doen heeldag vir groot geld.
My kinders se lone is gesny met 50% sedert die lockdown begin het en hoor jy hulle kla?
Nee, hulle besef waaroor die opoffering gaan en werk selfs harder.

Nie Verbaas ·

Regering verklaar oorlog teen staatsamptenare en vakbonde. Siestog, staat nog altyd voorgeskryf deur vakbonde en dit gaan nou verander? ANC grap vir Oktober

Derek ·

Die staats amptenare is bederf en verstaan nie dat daar baie is wat glad nie werk het nie. Om die minste te se absolute ondankbaarheid en indien die produksie gemeet word ten die privaat sektor verdien hulle drie maal meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.