Regering verkoop belang in Vodacom vir Eskom-reddingsboei

Foto: vodacom.com

Foto: vodacom.com

Die regering het sy belang in Vodacom verkoop om ʼn kontantinspuiting vir Eskom te help finansier.

Die regering het dié belang van 13,91% aan die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) verkoop. Dié transaksie maak ʼn kontantsinspuiting van R23 miljard aan Eskom moontlik. Die tesourie het Woensdag aangekondig die OBK tree namens die pensioenfonds vir staatsamptenare op.

Die tesourie het die nie die bedrag wat betaal is bekend gemaak nie, maar net gesê die OBK se aanbod “was in lyn met pryse wat deur ander instellings aangehaal is wanneer die grootte van die belang in ag geneem word”. Die OBK het ook gesê die voordeel van die transaksie is dat die belang steeds in die hande van ’n staatsbeheerde entiteit is.

Vodacom se aandele, wat Dinsdag op R13,87 per aandeel gesluit het, het Woensdag teen R14,40 verkoop met die nuus van die transaksie. Die belang was glo R28 miljard werd.

Die transaksie kom nadat twee wetsontwerpe wat Eskom se balansstaat met nagenoeg R50 miljard sal versterk, verlede maand die groen lig in die Nasionale Vergadering gekry het.

Die spesiale begrotingswetsontwerp baan die weg vir die betaling van die eerste gedeelte van ʼn kontantinspuiting van R23 miljard aan Eskom, wat na verwagting uit die verkoop van die regering se nie-strategiese kernbates gefinansier sal word.

Die ander wysigingswetsontwerp wat goedgekeur is, behels dat die R60 miljard-lening wat Eskom van die staat gekry het, in aandele omskep gaan word. Die omskakeling sal Eskom se skuld glo met R24,4 miljard verminder, het Nhlanhla Nene, minister van finansies, vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Ondanks die enorme hulppakket aan Eskom dring hul steeds aan op n 25% verhoging in tariewe. Kom ek wed enigeen dat hierdie hulppakket nie gaan hou nie en Eskom gaan weer bakhand staan vir hulp want hul bestuur is netsoos die ANC uiters onbekwaam. Indien die hulppakket opgebruik is , wat gaan dan verkoop word. Vat kortpad en verkoop vir Eskom,en jaag die spul kaders weg en kry bevoegte mense om die werk te doen.

Nikolaas Pienaar ·

Robbing Peter to pay Paul.
Paul doesn’t mind…

SNEL ·

Stem saam met Gerhard en punt is, geld verdwyn in hulle hande,daai geld gaan vlerke kry sodra dit grond vat by ESKOM….party time.

neelsie ·

Hoe lank kan die bestuurstyl gehandhaaf word?
Bronne raak een of ander tyd op!

Berhalet Beukes ·

Nog ‘n paar miljard om te begroot vir belaglike salarisse en bonusse. Môre vra hulle net weer!

Winston ·

Die Indiane se spreukwoord:”As jy agterkom die perd wat jy ry is dood, vang n ander een”. Sal werk vir ESKOM

scalla ·

Deur die verkoop van die belang in vodacom gaan nie die oplossing wees nie, dalk tydelik tot al die fondse weereens wanbestuur word deur onbevoegde bestuur, verkoop eskom aan die privaatsektor wat die nodige kennis het om dit winsgewend te bedryf. Kan hul nie verder dink nie.

Sophia ·

Ek dink ESKOM en die Staat probeer nou wraak neem deur in elk geval die Staatsdiens Pensioenfonds daarvoor te gebruik… So jammer vir die Staatsdiensamptenare wat binnekort op pensioen moet gaan, ons hoop julle kry iets uit!

antoinette ·

Ek is nie seker ek verstaan reg nie—is staatsamptenare se aftreegeld gebruik om aandele in Vodacom te koop? Kan staatsamptenare nou sê hulle besit deur hul pensioenfonds, aandele in Vodacom? Hoeveel geld is nog beskikbaar uit die pensioenfonds om elders sulke beleggings te kan maak? Wat sou gebeur as die OBK, byvoorbeeld, die pensioenfonds geld belê in maatskappye wat onafhanklik van Eskom krag kan opwek uit herwinbare bronne en só die las van Eskom verminder, of het dit als met Eskom se skuld te doen vir grondstowwe en arbeiders wat hom tot op hierdie onbetroubare punt gebring het?

Tweedens, die Grieke (‘n ontwikkelde land) is in die sop oor ‘n 1.6 bn Euro trugbetaling wat hulle nie kan doen nie, maar die regering kan R 28 bn sommerso rondgooi om ‘n sinkende skippie so klein soos Eskom te red? Sjoe, maar die staatsamptenare is darem báie ryk as hulle só met die EU kan kompeteer!

Kobus N ·

Gaan die Staatspensioenfonds dalk nou dieselfde paadjie loop as die Spoorweg Pensioenfonds? Hierdie Eskom lot het hande soos soplepels, bly net aan die skep!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.