
Die eerste besending van die Oxford-AstraZeneca-entstof toe dit begin Februarie in Suid-Afrika geland het. (Foto: GCIS)
Die een miljoen dosisse Oxford-AstraZeneca-entstof wat die regering in Januarie tevergeefs aangekoop het, is eindelik aan die Afrika-unie (AU) verkoop.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondag by monde van sy departement se woordvoerder gesê die departement van gesondheid moes die afgelope paar weke eers toesien dat alle lidlande wat deur die AU se entstofverkrygingspan as ontvangers van die entstowwe geïdentifiseer is, aan al die regulatoriese goedkeurings, permitte en lisensies voldoen om die entstowwe in hul onderskeie lande toe te dien.
“Die minister kan bevestig dat die departement die volle bedrag [waarteen die dosisse gekoop is] verlede Maandag ontvang het,” sê Lwazi Manzi, woordvoerder van die departement.
Die AU het die besending dosisse van die Oxford-AstraZeneca-entstof teen dieselfde prys aangekoop waarteen Suid-Afrika dit aanvanklik by die Serum-instituut in Indië gekoop het.
Maroela Media het in Februarie berig die dosisse AstraZeneca waarmee die regering aanvanklik sy entstofplan sou afskop, is nie doeltreffend teen die Suid-Afrikaanse variant van Covid-19 nie. Dié dosisse ter waarde van R120 miljoen verval aan die einde van April.
Alle reëlings is getref vir die verskeping van die entstof.
Nege AU-lidlande sal die eerste besending ontvang waarna die res vandeesweek na nog vyf lande verskeep sal word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Tweedehandse mense in Afrika kry tweedehandse entstof. Wat nog?
Oorgekoop?? Gekoop of oorgeneem.
Kan ons nie maar SAL ook verkoop nie
Ek wonder in wie se sak gaan die geld wat ontvang is, nou beland?
In wie se rekening is die geld inbetaal