Die regering het Donderdag tydens ʼn spesiale kabinetsvergadering besluit om die nasionale ramptoestand met een maand te verleng tot 15 Julie.
Woordvoerder Jackson Mthembu het gesê Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, het die versoek ingedien en die kabinet het dit goedgekeur.
ʼn Nasionale ramptoestand kan, volgens wet, vir ʼn periode van drie maande afgekondig word en vir nog ʼn maand hernu word indien nodig. Pres. Cyril Ramaphosa het op 18 Maart ʼn nasionale ramptoestand afgekondig in reaksie op die Covid-19-pandemie.
Maroela Media het vroeër berig ʼn besluit is ook tydens die kabinetsvergadering geneem om te appelleer teen ʼn uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof dat die afsonderingsregulasies “ongeldig en onwettig” is.
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
31 Kommentare
30 % slaag syfer
Kop doek het gepraat cyril moet luister.
Die regering het nog tyd nodig om die staatskoffers te plunder onder die dekmantel van Covid-19.
headscarf us playing with fire.
Be very carefull, you might think you have the upperhand. Surprises can be shocking.
Die word haat is soe ‘n sterk word, en soe ‘n verkeerde word, maar dit pas nou President Nkosazana Dlamini-Zuma soos ‘n handskoen. Kry sy alles wat sy voor vra? Wens Cyril Ramaphosa wil soe bietjie wind in sy broek kry? Die meer hofsake wat die lot verloor, die meer harde gat en beneuk sal hulle raak. Lankal nie meer oor Covid-19 nie, maar ‘n magspel, en ‘n ydel speelitjie.