Regering verleng weer ramptoestand

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die regering het Saterdag die nasionale ramptoestand met een maand tot 15 September 2020 te verleng.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het ʼn verklaring in die Staatskoerant gepubliseer om te bevestig dat die ramptoestand, wat Saterdag sou verval, verleng word.

ʼn Nasionale ramptoestand kan, volgens wet, vir ʼn periode van drie maande afgekondig word en vir nog ʼn maand hernu word indien nodig. Pres. Cyril Ramaphosa het aanvanklik op 18 Maart ʼn nasionale ramptoestand afgekondig in reaksie op die Covid-19-pandemie. Die ramptoestand is daarna vir een maand verleng tot 15 Julie, en daarna weer vir ʼn maand tot 15 Augustus.

Die presidensie het vroeër gesê pres. Cyril Ramaphosa sal Saterdagaand om 20:00 die land toespreek oor ontwikkelinge in Suid-Afrika se risiko-aangepaste strategie om die verspreiding van Covid-19 te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Alleen Wolf ·

Eerstens is hulle nie werd om “Regering” genoem te word nie, en tweedens sal hulle nie gou die ramptoestand opskort nie, hulle is te mags behep en het by ver nog nie genoeg skade aangerig en geplunder nie

Adam Adriaan ·

Kommunisme op sty beste. Marx en Lenin kon by hulle kom leer het.

Johan ·

Die Baas het besluit en die boodskapper gaan dit vanaand beaam.

Seeskilpadjie ·

Ruggraatloos. Verdomde diensplig terug bring dat die mans wat ons land regeer kan ruggraat kry. Pipet wat voorgesê word deur ‘n ouma

Pieter ·

Die hele Covid-19 situasie word doelbewus gebruik en misbruik om die land polities en ekonomies te hervorm, soos aangedui in Kopdoek se hoogs geheime uitgelekte dokument. Hulle speel vir tyd. Die Covid-19 statistieke en modelle is ook nie betroubaar nie. Rubbish in is rubbish out.

Andrea ·

Wonder wat gaan Kopdoek en haar onderdane doen wanneer land soos Zimbabwe word. Hul plekke in buiteland al reeds vooruit bespreek.

Juffrou ·

Ek hoop net die hele land onthou hierdie debakel as ons stembus toe gaan.

Baardman ·

Die regering se volgelinge sal weer vir hulle stem. Dit pas hulle soos n handskoen, want hulle wil nie werk nie, maar kry nogsteeds geld by hulle regering

Anel ·

My d…..Wie is nou die president? Ruggraatlose siek…. Vir hoe lank nog? Lyk my hulle het nog tyd nodig om al hulle skelm en komunistiese wetgewing deur te druk. So gatvol!!!!!

SomeOne ·

wet se 3 maande , moontlik +1, nou trek ons al by 6 maande, is dit toelaatbaar

Petrus Klipkop ·

Dit is hoe ek ook die artikel verstaan het. Soos wat ek verstaan, oortree die regering hulle eie wette met die aanhoudende verlenging van die ramptoestande. Ek wonder of daar enige regsgronde is om die regering krmineel aan te kla, omdat hulle wederredelik optree, en dan, by watter hof?

My Mening ·

Nou daai verbaas my glad nie, ek het dit eintlik verwag.. Ek glo as die regering kan sal hulle ons vir altyd onder ‘n ramp toestand hou (die regering is wel ‘n ramp). Die mag wat hulle tans ervaar is te heerlik en siende dat hulle nog altyd met net mooi alles wegkom, hoekom sal hulle dit nie doen nie.

Anel ·

So eintlik mag die ramptoestand nie verleng word nie. Eers 3 maande dan nog ‘n maand en dan vir’ n laaste keer indien dit nodig is. So as ek reg verstaan mag dit nie meer verleng word nie want sovêr ek weet is daar geen grondige rede meer nie.
Maar nou ja, die komuniste mag mos maak wat hulle wil.

Elsa ·

Skande.
Dr Tros Bekker het ñ boek geskryf oor Covid-19. Boek te koop by spreekkamer h /v Rachel De Beer en Wes straat
Tel 012 565 5501
E-pos [email protected]
Wens die spul wil dit lees dat hul kan weet wat aangaan.

rico ·

Baie snaaks dat alles so vinnig gedoen word en gepubliseer word voor cyril ‘n kans het om te praat hy wag seker om te hoor wat hy mag sê en wat nie tydmors om te hoor wat hy gaan sê Zuma het dan alreeds alles gesê

ElizeK ·

Gelukkig raak dit my nie. Ek en gesin, my besighede, personeel, familie en vriende is al sedert Level 3 op Level 0. Ons volle samewerking tot by level 3 gegee, tot ons besef het dat dit glad nie meer oor “saving lifes” gaan nie, maar oor n magsdronk en onbevoegde regering wat hierdie koei gaan melk tot daar nie n druppel oorbly nie.

Sarel ·

Hoekom wil haar adjudant Cyril Rhamaphosa nog vanaand die land toespreek as sy dit klaar gefoen het .
Mense berei julle voor indien iets nie drasties gebeur nie is sy die volgende Staatsshoof en die Wereld sal dit aanvaar.

Mariana ·

Enigste ramp in hierdie land is die verdomde regering. Daai klomp het nie ‘n idee waarmee hulle besig is nie. Wat ‘n jammerlike klug is hulle nie. President en haar gevolg.

Wilhelmina ·

Het geweet daar broei iets…hkm als lig as di hofsake en als nog moet gebeur…sali sommer opgee nie.

Riaan ·

Die regering is Soos n bycicle as jy hulle sien wil jy hulle net trap!!!!

Jacobus ·

As mens gaam stilstaan dan joor jy werksgeleenthede tuimel. Jammer om die sensitiewe onderwerp aan te raak. Honderde duidende wit werkgrwers met gewetes staan nog in die pad van volslae hongersnood. Die magsmal top strukture dink nie eers daaraan nie terwyl hulle duur whisky drink en smul aan KFC.

katerinadiekat ·

Dan moet winkels soos Makro, Pick+Pay, Spar, Shoprite, Checkers net besluit genoeg is nou genoeg en begin om weer sigarette en drank te begin verkoop. Die regering kan Nie al hierdie winkels landwyd toemaak en Al die werknemers afdank nie. Eendrag maak Mag!

Scalla ·

Die shebeens en spaza shops het dit gedoen gedurende lockdown en niks oorgekom nie, polisie lede het hul ook ondersteun, kopdoek is onder die invloed van die Tokoloshe.

Tong in die kies ·

Rerig. Wat gaan Ramaphoza nou eintlik sê wat kopdoek reeds gesê het.
Dit is nou wat mens ruggraatloos noem.
Belaglik verby !!!!
Hulle statistieke sê dan die pandemie het afgeneem, maw hulle oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie.

BigBang ·

Kopdoek is die regering/president, Ace is vise-pres en Cyril is media skakel persoon

PH ·

Hoe werk dit?
Die kabinet sou vandag eers besluite neem maar kopdoek het dit reeds in die Staatskoerant gepubliseer?

Christa ·

Sy was die slang agter Al’s dalk nie eers haar ex. Nie.

Nerina ·

NDZ dis tyd dat jy jou koodoek afhaal en jou kop laat lees.

PH ·

Ek sien sy het die verklaring as minister onderteken.
Ek dag net die kabinet het die outoriteit on so ‘n besluit te maak.

Hendrik ·

Is Nkosazana Dlamini-Zuma (minister van samewerkende regering en tradisionele sake) nou ook die staats president? Sy doen en maak aankondigings voor die president die land toespreek. Is ons nou in ‘n ander staatskaping…..of is dit ‘n verlenging van die finansiele staatskaping?

Danie ·

Wanneer gaan dit ophou. Raak nou regtig keelvol. As ek al net na hul fotos kyk in die media raak ek siek.

Johann ·

Ja wel…nog lank nie klaar met hulle vergrype onder die dekmantel van n pandemie nie! Nog BAIE om te vat en te skepel en te verwoes! Anargie Staat alla.ANC

Hoekom ·

Ramptoestand gaan lei tot ‘n groter ramp…
Gelewer aan ons deur die ANC cartel…

Persheks Adri ·

Dis oor sy steeds geld maak op die swart mark met haar kinders se onwettige sigarette en drank! Loop vlieg man jy maak naar!

Amanda ·

As die ramptoestand vir 3 maande aaneenlopend was, daarna verleng is en weer verleng is en nou vir die derde keer verleng word, is dit dan nog wettig?????????? Is daar n regspersoon wat vir my kan duidelikheid gee asseblief, dit voel nie vir my reg nie. Moet ons mnr DE Beer en sy span kry om dit uit te sorteer> Ha Ha hy is n man van staal!!!!!

Oujongvrou ·

Ek sien n heel ander prentjie as ander mense. In my mening is die spul besig met n baie duister ding. Al die besighede wat so bankrot speel. Wie gaan dit opkoop. Niemand anders as die mense wat jou gedryf het na bankrotskap. So sal alles op die ou einde aan diesulkes behoort en niemand anders het n enkele ding op hulle name nie. Binnekort gaan huise in die hek duik. Dit gaan ook vir appel en ei gekoop word.

Andrea ·

Het nooit kon dink dat hierdie dinge in my leefttyd kon gebeur nie.

Persheks Adri ·

Nog steeds geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie ne??? Jy jaag my meter op! Gaan vlieg ver van hier af en die maan is te naby

Jan ·

Die regering en die media IS die ramp. Covid-19 is vanjaar se gewone griep en boonop minder as die helfte so skadelik soos die griep van 2018 wat byna 37 000 sterftes veroorsaak het en BAIE minder skadelik as TB wat jaarliks 60 000 mense doodmaak. Hulle irrasionele maatreëls sal volgens die gesaghebbende PANDA ontleding 30X meer skade en ellende as die virus meebring.

Okmardom ·

Sy moet bedank. Haar arogante skaamteloosheid is walglik!

Danie ·

Maar mense julle weet mos nou al dat cyril inniemirrel is windowdressing.

Kokerboom ·

Het die vertraging van die opheffing van die inperking nie moontlik iets te doen met die vergoeding wat die WHO gee aan lande vir elke COVID geval wat aangeteken word? Skielik bestaan griep en ander siektes asook sterftes as gevolg daarvan gladnie en ALLES is COVID verwant! Waar gaan die fondse heen? Our people? Vra net. Daar is ‘n slang in die gras en sommer ‘n luislang ook!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.