Regering veroordeel aanvalle op buitelanders

‘n Vredesoptog teen xenofobie wat in April 2015 in Durban, KwaZulu-Natal gehou is. Foto: Verskaf

Die regering sê hy is bekommerd oor die aanvalle op buitelanders in KwaZulu-Natal en het ʼn beroep gedoen op wetstoepassers om te verseker die oortreders word voor stok gekry.

Meer as 150 buitelanders wat in ʼn informele nedersetting in Clare Estate in Durban woon, moes vroeër die week uit die gebied vlug nadat ʼn groep mans hulle aangeval het. Die naweek het boodskappe ook die ronde gedoen wat waarsku teen betogings gemik op die indiensneming van buitelandse werkers.

“Suid-Afrikaners is gewoonlik vredeliewende, vriendelike mense en die meeste van dié aanvalle is niks minder as misdadig nie. Die regering is ontvanklik vir alle mense se behoeftes en pleit by burgers om die regte kanale te volg om hulle kommer en frustrasie te kenne te gee. Dit sluit in gesprekke met verkose verteenwoordigers in hulle gemeenskappe,” lui ʼn verklaring van die regering se kommunikasiediens (GCIS).

“Suid-Afrika is wêreldbekend vir sy gebruik van dialoog om probleme vreedsaam op te los en verskille uit te stryk. As ʼn vredeliewende en wetsgehoorsame volk moet ons geskille só besleg, eerder as om geweld te gebruik. Suid-Afrika is ʼn konstitusionele demokrasie wat deur wetgewing gelei word. Gevolglik verwag ons van almal wat in dié land werk en woon om dit wettig te doen en al Suid-Afrika se wetgewing te gehoorsaam.”

Die verklaring kom ná berigte dat buitelanders in Durban aangeval is. Die aanvalle het Dinsdagaand begin toe plaaslike inwoners die buitelanders se huise geplunder en hulle in die strate ingejaag het. Sommige slagoffers is geslaan of met voorwerpe gesteek.

“Burgers van oor die Afrika-vasteland het die stryd vir vryheid en bevryding gesteun, asook groot opofferings gemaak om ʼn veilige hawe aan ons mense in ballingskap te bied, onder wie ons leiers. Suid-Afrika het ʼn groot getal buitelanders wat deel vorm van gemeenskappe landwyd en die regering doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners en buitelanders om in samehorigheid te leef.

“Die regering bly verbind daartoe om ʼn gemeenskap te bou wat gegrond is op demokratiese waardes van maatskaplike geregtigheid, gelykheid, nierassigheid, geen seksisme en die bevordering van menseregte. Die regering doen ʼn beroep op alle belanghebbendes, ook gemeenskapsleiers, om die aanvalle op buitelanders te ontmoedig.”

Die regering het mense ook gevra om staatsdepartemente en ander betrokke owerhede die kans te gun om griewe op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Moeksie ·

Watse TWAK praat hulle hier. “vredeliewend en wetsgehoorsaam”???? Dis woorde wat die regering nie eers kan spel nie nevermind weet wat dit beteken…… ASB tog

Santjie ·

Ek stem saam – en dan praat onk ook maar nie eers van die Suid-Afrikaners wat net ‘n salaris wil he maar nie bereid is om daarvoor te werk nie.

Alma ·

Ek het ook gewonder wie skryf hierdie snert. Seker nie iemand wat in Suid Afrika bly nie..

willem Botha ·

Die regering is uit voeling met die mense op straat die meeste sien die buitelandse mense as n bedreiging vir werke en die feit dat hulle meeding met hulpbronne maak dit nog erger,die ou bevryding deuntjie is net so afgesaag soos om apartheid skuld te gee vir alles .

Kobus ·

Dit is die SOVEELSTE keer wat dit gebeur en veroordeel word. Die “veroordeel”is net ‘n lippediens! Is ek verkeerd as ek voorspel dit gaan weer gebeur?

Cherokee ·

Ja Kobus, toegegee dit sal dalk weer gebeur, maar wees regverdig en realisties. Dit sal dan weer veroordeel word!

Ma ·

Vredeliewende, wetsgehoorsame volk!!! Van wie word hier gepraat? Sover ek weet word daar amper daagliks iewers gestaak en optogte gehou met geweld en dan word alles geplunder en gebreek. Elke liewe dag as ek na werk huistoe ry sien ek meer as 3 taxi’s wat oor rooi robotte jaag. Skole word afgebrand en nou weer vragmotors wat aan di brand gesteek word by Mooirivier. Daardie vragmotor eienaar moet di skade dra. Ek vra weer… watse volk praat hulle van!?

ag hel no........... ·

“SA is gewoontlik ‘n vrede liewende gehoorsame volk” ——— is die ‘n April fool grappie

Dries Moolman ·

Die regering se hy is bekommerd…. Hah! Ook net wanneer dit ‘hom’ pas, ja!

Koos de Meyer. ·

Nou hoe nou vredeliewende mense , Juju het dan so gesê. Nou word die teendeel bewys. Kan maar net lag siestog.

Michael ·

En ons veroordeel die aanvalle op BLANKE mense ou mense. jong kinders ens. So die regeering moet nou nie hier kom en snert praat nie.

humor ·

Dit is benouend om te besef dat hierdie inherente leuen- regering ons en ons kinders se toekoms bepaal. Uit en uit word ons beheer deur duistere magte en stuur ons af op n reeds waareenbare ondergang.

Johan ·

Is Suid-Afrikaners werklik vriendelik en vredeliewend? Ek betwyfel dit want as ‘n mens kyk die “vreedsame” betogings, roof, moord en rassisme teen Blankes, kom ‘n mens tot ‘n ander gevolgtrekking

Hanna Hoekom ·

Ja nee, die ou rook baie beslis iets sterk! Ek verstik nou amper aan my rooibostee soos ek lag. Dalk woon hy op n ander vasteland?

Elize ·

En hier bars ek sopas n aar vir “Suid Afrikaners is vredeliewend en vriendelik” Vader, op watter planeet woon die ANC. Kan mens sulke belagikheid kwytraak waar n land wetteloos geraak het.

Foxi ·

Dis nou die grootste bollie wat ek nog gelees het. VREDELIEWENDE EN WEDSGEHOORSAME MENSE? Ha ha…..Tol man ….tol. Nou wat kan ek meer sê????

Marinda ·

Vredeliewend en wetsgehoorsaam? Praat hulle hier van Suid Afrika?

Seker maar ñ tik fout, want as ek kyk na al die betogings, brandstigting, xenophobiese aanvalle, moord, roof, hi jackings, stakings, staats kaping, bedrog, ensv, ensv, ensv dan kan hulle nie van Vredeliewend en wetsgehoorsaam in een sin praat nie.

Rerig? ·

MAAR NIE AANVALLE OP BOERE NIE … ?? Vreemd ne? Wel ek het het gisteraand die haatspraak beleef van locals teenoor buitelanders . julle moet maar versigtig wees … die buitelanders moet maak lig loop . hulle pleeg lekker saam moorde in SA .. en more word hulle met klippe doodgegooi en met bande uitgebrand .. kyk maar op FB hoe rof gaan dit daar.

Deporteer ·

Daar is GEEN DEMOKRASIE in ‘n land waar die MEERDERHEID alles oorheers nie .. hoekom moet alles DEMOGRAFIES verteenwoordig word .. met 4 miljoen blankes in SA en 50 miljoen anderskleuriges .. gaan dit beteken dat op die ou einde net ‘n handjievol wittes werk gaan he?? Jaag maar die buitelanders terug na hulle lande .. en hou op om hulle dood te maak . DEPORTEER hulle wettiglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.