Regering veroordeel beplande protesoptogte

‘n Protesoptog teen pres. Jacob Zuma wat in Desember 2015 in Johannesburg gehou is. Foto via Twitter.

Die regering het oproepe op sosiale media dat Suid-Afrikaners Vrydag reg oor die land in verskillende stede aan protesoptogte moet deelneem, veroordeel en gesê die optogte kan “onverwagte gevolge” vir die land se brose ekonomie en gemeenskappe inhou.

Donald Liphoko, die waarnemende direkteur-generaal van die GCIS, het gesê hoewel die publiek daarop geregtig is om aan protesaksies deel te neem, ondersteun die regering nie burgerlike ongehoorsaamheid en optrede deur individue “wat inbreuk maak op die grondwetlike regte van die meerderheid” nie.

“Wanneer burgers onwettig die strate invaar, sien ons dikwels geweld, verwoesting van eiendom en wetteloosheid. Hierdie onwettige betogings het nie karaktereienskappe wat ʼn demokrasie versterk nie. Diegene wat daaraan skuldig bevind word dat hulle die wet oortree, sal die volle mag van die gereg in die gesig staar,” het Liphoko gesê.

Talle individue, groepe en organisasies het sedert die naweek ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om Vrydag aan massa-protesoptogte regoor Suid-Afrika deel te neem. Suid-Afrikaners word versoek om weg te bly van die werk en aan die optogte deel te neem. Die optogte word gereël in protes teen pres. Jacob Zuma, met talle mense wat daarop aandring dat hy moet bedank.

Sommige van die inskrywings op sosiale media versoek mense om amptelik verlof in te sit vir die dag en op verantwoordelike wyse aan wettige optogte deel te neem. Ander versoek mense om snelweë te versper en “die land tot stilstand te bring”.

Zuma het talle Suid-Afrikaners warm onder die kraag ná sy omstrede middernagtelike kabinetskommeling verlede week wat tot gevolg gehad het dat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Maandagaand Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus afgradeer het.

‘n Protesoptog teen pres. Jacob Zuma wat in Desember 2015 in Johannesburg gehou is. Foto via Twitter.

Die DA het intussen bevestig ʼn massa-optog sal Vrydag na Beyers Naudé-plein in Johannesburg gehou word. Die party het gesê hy sal die nodige toestemming vir die optog kry en dat presiese besonderhede later bekendgemaak sal word.

“Ons is besig om ʼn hele aantal gebeurtenisse op dieselfde dag reg oor die land te reël vir mense wat nie by ons in Johannesburg kan aansluit nie,” het Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, in ʼn verklaring gesê.

“Die DA is oorval met versoeke van medeburgers wat diep bekommerd is oor die krisis waarin Suid-Afrika homself bevind en wat graag Vrydag uiting wil gee aan hul woede teenoor die roekelose Jacob Zuma. Almal is hartlik welkom om by een van ons vreedsame optogte aan te sluit. Dit gaan nie oor partypolitiek nie. Dit is ʼn geleentheid vir Suid-Afrikaners om te verenig om ons kosbare en hardverdiende demokrasie te beskerm en ’n harde en duidelike boodskap aan Zuma te stuur dat dit tyd is om te gaan.”

Melissa Smith, ʼn inwoner van Kaapstad, het in ʼn onderhoud met Cape Talk gesê sy is besig om ʼn protesoptog te reël wat Vrydag om 12:00 by die Iziko Museum in die stad sal begin.

Lephoko het gesê die regering is van mening dat Suid-Afrikaners eerder verskille “deur betekenisvolle dialoog en op gepaste platforms” kan uitstryk. Hy het gesê die boodskappe wat op sosiale media versprei word, het ten doel om die ekonomie te versteur en Suid-Afrika se beeld skade te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Snuffels ·

Zuma moet verantwoordelik gehou word. HY EN SY KRONIES IS VERANTWOORDELIK DAARVOOR. Ons land is in die gemors en dit is nou tyd om op te staan teen hulle wat die land in die afgrond in gestuur het

AL ·

Ek stem! Die regerende ANC moes hom al lankal uitgeskop het, maar toe trek hul dwars. Nou sit die nasie met die gebakte pere.
Nee wat mater, kry vir jou!

Sw ·

Hou op kla en teken eerder vd DA se noconfidence. Dan kan jy help dat die land n beter toekoms het.

Ina ·

Nou hoekom,as die regering werklik so bekommerd is oor die land,praat MNR die President nie met die gewone burgers nie? Nar

charmaine ·

Dit is nie altyd vir almal moontlik nie, en dit gaan baie komplikasies vir die dag veroorsaak. Maar dis dalk tyd.

Boela ·

Die spul protesteer vandag, maar stem die ANC weer by die volgende verkiesing in. Wat ‘n grap!

Zelda ·

Ek dink zuma gaan nog in die week voor vrydag gat vat en land uit vlieg. En eers na n lang vakansie terug kom

Nel ·

Kan jy nou meer – verwoes die land en dan huil jy agterna daaroor…

trevor ·

as dit strike is mag gedoen word maar ons is keelvol van die zuma sirkus en daar word nie protes gedoen word nie. wat is die verskil strike en protes ? ag nee man st 3 man jy sal moet nog leer

AntiFlag ·

Nou is jul besorg oor demokrasie, veiligheid en als wat saam dit gaan…HAHAHAHA te min, te laat. Sien julle Vrydag!

Buitestander ·

Dit is nie lekker om die oorsaak te wees dat die burgery teen hom opstaan nie.Top 6 KAN maklike RAT voor die oë gedraai word, nie maklik met MASSA nie.
Kry alle kaders by mekaar !!

TM ·

Die regerende party het al meer skade aangerig as wat al die mense saam in SA Vrydag kan aanrig. Nou is hulle bekommerd oor saakbeskadiging maar beeldbeskadiging van SA is niks. Julle is bekommerd die massas ruk op na julle kantore nou wil julle vreedsaam wees. Siestog.

Zoey ·

NOU wil jy jou bekommer oor die land se ekonomie??? Jy moes eerder daaraan gedink het voordat jy al hierdie veranderinge aangebring het, as daar nou een persoon is wat daarvoor veantwoordelik gehou moet word is die nou juis hy!!!! Kamptige gevolge inhou vir die ekonomie………………. watse gevolge het jou optredes??????

Nel ·

Hy beter bekommerd wees en sommer baaaiiee bekommerd ook, want daar wag ‘n oranje tronkoorpak met sy naam op vir hom.

Karel ·

Dit is nou regtig ironies dat die regering nie “burgerlike ongehoorsaamheid” ondersteun nie, maar hulle “president” kan ongehooraam wees “State Capture” en dan moet die burgers dit gedweë aanvaar. Sê maar net.

CHRISTA ·

Hy gehoorsaam nie eers die “Public Protector” wie HYSELF aangestel het nie!!!

apie ·

die regering moet wit mense betaal om die land te verlaat en elders te gaan vestig. dit sal kleingeld uit hulle agtersak wees, daar is so min oor wat hier werk, almal is reeds expats

Ek ·

Waar was die dialoog voordat keuses sommer net gemaak is? Net wannerr dit hom pas, ne?

Johann ·

Hulle is almal koppe in een mus, maak hulle almal skuldig aan die Zumtas en en

Ben ·

Onthou maar wat in China gebeur het tydens die studente se betogings. Hulle is met lykswaens verwyder. Ons sit hier met dieselfde soort van diktator wat nie sal huiwer om die weermag en polisie in te span tot sy eie gewin nie. Hy kry nie eers skaam oor sy idiotiese handelinge nie. Hoekom sal hy skaamkry om op my en jou jag te maak.Onthou Marikana !

Corne ·

Ek sit en dink nou aan presies die selle ding hier gaan moeilikheid kom vrydag hy sal opdrag gee en minister van verdediging ook om oop te maak op die mense. En dans daar n burger oorlog en mense gaan maak nes hul wil dan.

*** ·

“Wanneer burgers onwettig die strate invaar, sien ons dikwels geweld, verwoesting van eiendom en wetteloosheid…. nie karaktereienskappe wat ‘n demokrasie versterk nie…”

Waarom onthou ek dat die einste regering (lees JZ) tydens die studente-betogings daaroor gespog het dat die chaos en vernietiging wat die studente veroorsaak het tekenend was van ‘n gesonde demokrasie…!???

Marie Visser ·

Hier in Mosselbaai is dit maar stil, geen geluid van ‘n optog nie, dink seker te veel ou mense kan dalk langs die pad bly lê.

Annie ·

Ons wonderlike ZUMA het nie aan ons brose SA gedink toe hy pateties besluite geneem het nie. Die hele Zuma nageslag se sakke is vil gestop!!!! Maar is nog nie genoeg nie!!!

C op C ·

My jitte, kyk wie is nou bekommerd oor ons ekonomie en optogte.

Jge ·

Watse regering? Suid-Afrika het geen regering meer nie, net ‘n Diktator en ‘n klomp ‘puppets’ wat dans op sy bevel.

CHRISTA ·

Hierdie “diktator” is die GROOTSTE puppet – die Gupta’s s’n!!!

M van Dyk ·

Wat keer die regering om die weermag of polisie te gebruik om onder die burgers te maai kamma omdat hulle die land in anargie wil dompel? Soos kommunistiese lande geneig is om te doen?

Adam ·

Zuma en kie is bang die hele wêreld en ander Afrika lande gaan sien wat hier gebeur. Zuma en kie is bang vir die kennisname van sy swak besluite en kritiek wat hy gaan kry van ander lande. Sy foute en die van die ANC gaan aan die groot klok gehang word. Daar is baie Suid Afrikaners in ander lande wat die protest aksie sal deel en versprei.

Marisa ·

Jy is presies reg. Wêreldmedia soos CNN en die Chinese CGTN is ook tjoepstil oor die laaste gebeure in SA.

Andre ·

Die wet maak voorsiening daarvoor dat die president se diens beeindig kan word as hy verstandelik ongeskik raak.

Geoordeel aan sy irrasionele optrede – giggel ens … is alles nie in plek nie.

Marisa ·

Dialoog?? Op gepaste platforms?? En wanneer het dit al ooit gehelp?? Zuma wil maak soos hy wil, en dreig die land om stil te bly. Hy is ‘n diktator in wording.

aiai ·

Hulle het ekonomie versteur en SA se beeld laat skade lei en nou probeer hul die skuld op ander plaas. Ons het geen skuldgevoelensoor jul gemors nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.