Regering versuim weer om elektrisiteitsplan bekend te maak

Argieffoto

Ondanks ʼn versekering van die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, dat die geïntegreerde hulpbronneplan (IRP) vandeesmaand vrygestel sou word, wil dit voorkom of dit onwaarskynlik sal wees.

Kevin Mileham, DA-LP en skaduminister van minerale hulpbronne en energie, het gesê daar het die afgelope 24 uur berigte aan die lig gekom dat die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), en spesifiek vakbonde, die plan in sy geheel verwerp het, omdat dit nie voldoende voorsiening maak vir ʼn kernkragprogram nie.

Die IRP is Suid-Afrika se elektrisiteitspadkaart en bied ʼn uiteensetting van die verwagte aanvraag na elektrisiteit, en hoe elektrisiteit opgewek en bekom sal word. “Dit is noodsaaklik om sekerheid te verskaf vir ons energievoorraad en vertroue in ons ekonomie. Dit moet ook ʼn raamwerk verskaf vir ʼn energie-oordrag, insluitend die gebruik van hernubare hulpbronne vir die verskaffing en bestuur van die nasionale elektrisiteitsnetwerk,” het Mileham gesê.

Kragtens regulasies word minister Mantashe verplig om ʼn nuwe IRP elke twee jaar vry te stel. “Die laaste een was in 2010 en die huidige voorstel is al sedert 2016 slegs ʼn konsepdokument. Sonder die IRP is daar geen raamwerk vir die opwekking van nuwe energie nie,” het hy bygevoeg. “Dit verhoog ons risiko vir beurtkrag, omdat ons geen plan het om die verouderende kragaanlegte te vervang nie.”

Mileham het gesê die huidige konsepdokument is omvattend bespreek met alle belanghebbendes, insluitend Nedlac, en tot twee weke gelede was almal tevrede. “Nedlac se ommekeer is dus onverwags en klein bietjie meer as ekonomiese sabotasie. Dit is belangrik om te noem dat daar geen wetlike verpligting is om met Nedlac te vergader nie, en die organisasie se insette bepaal ook nie of die IRP goedgekeur kan word nie.”

Die Demokratiese Alliansie eis dat Mantashe dadelik die IRP moet bekendmaak en die nodige stappe moet doen om die kragnetwerk oop te maak aan onafhanklike kragprodusente (IPP). “Ons moet seker maak dat Suid-Afrika die nodige elektrisiteit het vir ekonomiese groei. Ons moet die lisensiëringsvereistes verslap vir kleinskaalse hernubare kragopwekking en munisipaliteite toelaat om energie direk by IPP’s aan te koop. Dit is die enigste manier hoe Suid-Afrika se ekonomie sal herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jack Sadie ·

Die DA eis, maar die ANC hou dit op die ys. Wat het die regering al ooit, behalwe verhogings vir kaders, op tyd gedoen? Mense ons leef in Afrika. Dinge soos sakebestuur en uitvoering van planne is Europees. Tweedens is daar geen regering in hierdie vasteland, wat ek van weet, wat omgee vir hul stemvee nie. Verwag niks en word dalk ( soms!) aangenaam verras!
Ai, en ek is só lief vir my land!

Gert van Wierdapark ·

Plan en beplanning is nie deel van die proses nie!

Sieg ·

Die ANC sal veroorsaak dat Moody’s die land af gradeer indien hulle praat van beurtkrag. Seer kom altyd voor gemak, laat die scruffy regering val, hulle is in elk geval niks werd.

Gert van Wierdapark ·

Die a en see versuim al dekades om te regeer, soos wat met die die woord bedoel word. Hulle het waarskynlik by “begeer” in die woorde boek vasgehaak!

Poot ·

Die Regering…..!? Watter regering???????
Om ñ Regering te wees moet jy die vermoë hê om te regeer.

Ian ·

Julle kan nie die woorde “plan” en “regering” in dieselfde sin gebruik nie. Dis ‘n teenstrydigheid; aldus, ‘n oksiemoron….

Suid Afrikaner ·

Die “plan” is waarskynlik saamgeflans uit iets anders en sal soos alle planne van die ANC nie werk nie. Ons weet mos teen die tyd

chrisjan ·

As daar WEER beurtkrag toegepas word moet alle kraguitvoere na buurlande dadelik gestaak word.Dis tyd dat ons as getroue betalers dit afdwing.Dis is nonsens dat ons beurtkrag moet he.

Oom Koos ·

Die arme Eskom en die regering het nie ‘n vae idee wat aangaan nie. Hou maar die kerse en lampe byderhand.

laphoed ·

Ons wag vir sonkragaanleg … die somer kom en dis op die ys ????!
Twintig jaar ooreenkoms en hersonering van grond reeds hanteer. Maar ek hou vas, ter wille van my onfeilbare Geloof, dat dit binnekort gaan realiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.