Regering verwerp besware teen seksonderrig op skool

Argieffoto

Die adjunkminister van basiese onderwys, Reginah Mhlauli, en die onderwysdepartement het vanoggend die besware teen, en trouens die bestaan van, ʼn nuwe omvattende seksonderrig-kurrikulum in Suid-Afrika ontken.

Volgens Mhlauli vorm seksonderrig deel van die vakkurrikulum vir lewensoriëntering en is die kurrikulum al 19 jaar lank onveranderd. Daar is wel ʼn handboek wat volgens die departement heeltemal bevredigend is.

Mhlauli meen die bohaai oor die beweerde “omvattende seksonderrig” is ʼn mediamaaksel en berus grootliks op vergissings, verkeerde inligting en oningeligtheid.

Die eerste bewering is dat die kurrikulum vroeë seksuele eksperimentering aanwakker. Die feite toon dat vroeë eksperimentering sedert die instel van die program afneem en dat tienerswangerskappe in Suid-Afrika daagliks daal.

Tweedens meen kritici dat die kurrikulum kinders hul onskuld ontneem. Die departement sê egter die inhoud is wetenskaplik korrek, dit is nie veroordelend nie en wel gepas vir die kinders se ontwikkelingsfase.

Op die beswaar dat die kurrikulum indruis teen mense se kultuur en gewoontes antwoord die departement dat dit wel in ag geneem word.

Beswaar word voorts daarop gegrond dat dit eerder die rol van die ouer is om seksuele inligting oor te dra. Die departement stem saam, en voer aan die kurrikulum ondersteun die rol van die ouer.

ʼn Verdere beswaar is dat kinders al in graad 4 leer oor masturbasie. Die onderwysdepartement sê dis onwaar.

Daar word ook beweer die kurrikulum leer kinders oor seksuele genot. Die onderwysdepartement antwoord dat dit glad nie in die sillabus is nie.

Ook die bewering dat daar pornografiese inhoud in die leerplan is, is volgens die onderwysdepartement van alle waarheid ontbloot.

Die bewering dat daar verwys word na wyses om seksueel te verkeer, word eweneens deur die onderwysdepartement as onwaar afgeskiet.

Laastens word beweer onderwysers is nie opgelei om die seksuele deel van die vakinhoud aan te bied nie. Die onderwysdepartement sê die opleiding is wel gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anoniem ·

Wat?! Goeie genugtig! Skokkend in ‘n land met hoogste verkragting syfers!

Teen dit ·

Wel my tiener Graad 9 meisiekind het haar lewensorientering gedruip die 2 de kwartaal van 2019 want sy het geweier om die seks onderrig in die boek te leer. Sy het gese sy voel skaam om oor dit voor die hele klas te gesels en veral voor die seuns. En dat sy ongemaklik voel om dit te leer en oor dit te skryf. Ek voel net dit is n privaat saak vir elke individu en dat dit die ouers se verantwoordelik is om hul kinders privaat eenkant te neem en te gesels daaroor. Die Bybel se tog dit is n privaat saak tussen man en vrou en nou moet die kinders dit in die algemeen leer en praat oor.

Lydz ·

Ek glo dit begin by die ouers. My dogter is in Graad 7, en soos sy groot geword het, hoor sy dinge wat seks aan betref by kinders by die skool. Dus glo ek dat wanneer jou kind jou n vraag vra, dat jy eers mooi hoor hoekom hulle dit vra en dan die regte en eerlike antwoord gee. Ek glo ook dat kinders moet geleer word van “Soulties” en die siektes wat gepaard gaan sou jy rond slap. Hulle moet ook geleer word dat die doel van seks is skep deur God en dat dit tussen n man en vrou is wanneer hulle een word.

Ons praat oop en eerlik oor seks en die woorde wat mense gebruik om sekere dele te beskryf… want dit is wat ons kinders aan bloot gestel word.

Maar alles begin by die ouers en om seker te maak hulle het n goeie, gemaklike en eerlike verhouding en gesprekke met hul kinders

Rina ·

So onnodig om dit in ons kinders se kele af te wurg. Dalk moet ouers toestemming gee. Klink maklik.

Renee ·

Kon dit net verwag van die regering.
Ons het nie die nonsens gehad op skool nie en ons was onskuldig gewees. Dit is die ouers se verantwoordelikheid nie die skool nie arme onskuldige dogters word nou gedwing word om na hulle te luister. As die staat so gretig is om dit te doen. Mense dagvaar hulle vir onderhoud.

Willie ·

Blommie, ek self ook. Sal graag weer my standerd 8 wiskunde juffrou wil sien, natuurlik met die lewensondervinding wat ek nou het.

Rina ·

EK persoonlik dink ouers mut toestemming gee. DIt behoort nie in skole aangebied te word nie. Wie sit langs jou kind…….. ..

Glo dit nie ·

Ek glo nie n enkele woord wat van die dept se kant af kom nie

Zettie ·

En tog word daar nou nog meer jong meisies swanger op skool……….wat ‘n klug!

Elize ·

Ouers moet aandring daarop om die inligti ng te sien voor dit aan hulle kinders gewys word .

Anoniem ·

“En die getal tiener swangerskappe daal daagliks”. Waarom was daar in 2015, 90 000 ‘aangemelde’ tiener swangerskappe wat ‘n styging van 15 000 vanaf die vorige jaar was? Ek weet nie wat die huidige statistieke is nie, dit het te lank gevat vir my hare om te gaan lê na die 2015 statistiek, wil liewer nie weet wat dit nou is nie.

Nel ·

Ek wonder of al die stilgeboortes, miskrame en aborsiegevalle ook insluit word in die statistieke berekeninge?

George ·

Is dit nou om te leer hoe en waar die “ding” gedoen moet word?

Christa ·

Los dit vir ouers. Kinders is reeds Groot voor hul tyd. Hulle Wil alles uittoets. Dis reeds waarom so Baie verkragtings plaasvind

Versimpeld ·

Is die onderwysdepartement verward oor waarvoor hulle verantwoordelik is? Ovoeding en onderrig – spandeer klastyd aan vakke, aan die leer van norme en waardes, nie aan hierdie skeefgetrekte obsessie met seksualiteit nie!
Absolute seksbehepte nasie. Yssingwekkend hoeveel kinders, reeds kinders het. Wat gaan aan in SA?

Dan ·

En hulle ‘statistiek’ is seker net so grondwetlik soos die statistiek en syfers op plaasmoorde en -aanvalle..??
Pateties.

Hanna Hoekom ·

Ek en my twee tieners het n gemaklike, oop verhouding en hulle kan my enige iets vra (en glo my, hulle doen!) en n eerlike antwoord verwag. Maar elkeen het op sy eie manier ontwikkel en vrae begin vra. Hulle is unieke individue met unieke behoeftes en vrae. Dus, GEEN seksvoorligting vir my kinders op skool nie, dankie! Ouers moet n keuse he. Kinders ook. Ek weet daar is wel gevalle waar die skool maar “ouer” moet speel, maar nie in my huis nie, dankie! Wat weet n graad 4 kind van 10 jaar oud in elk geval van “seksuele plesiere” tensy Boeta heelwat ouer as sy klasmaats is?

Ryno ·

Leer tog ook vir die kinders dat seks met dieselfde maat net vir die eerste paar weke lekker is. Daarna is dit n geval van “the shine wears off”. Vra maar enige lank getroude paartjie.

Mathys ·

Dis ‘n maar net nog ‘n vreesaanjaende wyse van die ANC om elkeen te verwittig dat die ideologie, te wete Marxisme, eerste kom en elke ander vakgebied van sekondêre belang is, by skoolloopbaan sowel as by werksgeleendhede. As ouer, is my kinders se veiligheid en opvoeding een van die grootste stressors oor die algemeen, in die spesifiek, om die onderwerp van seks eendag, as hulle reg is, met hulle te bespreek, sal ek alle navorsing doen saam met my vrou en dis dan ons prerogatief hoe ons hierdie bitter belangrikke lewensveranderende, pragtige geskenk van god aan getroudes, aan hulle oor te dra in liefde. Hierdie vergrype is n verkragting van die deugtes en sterktes, wat die grondslag is van hoe ons kinders hulle potensiaal bereik in ‘n samelewing. Die nasies wat deur hierdie ideologie gekenmerk word is goed opgeteken in die geskiedenis en die ANC se Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Hoe dit alles okal sy, wil ek tog se, dat ek in iets heel groters vertrou, iets wat alle verstand te bowe gaan en iets wat onafhanklik betaan, terwyl hierdie klein uitdaginkies inderdaad net ‘n hindernis is, wat nie sonder daardie grootheid kan bestaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.