Regering waarsku kosmandjie kan met 25% styg

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die regering en aandeelhouers in die landboubedryf het Vrydag gesê die basiese kosmandjie se prys kan tot en met 25% styg indien Suid-Afrika tussen 5 en 6 miljoen ton mielies moet invoer.

“Daar is ʼn moontlikheid dat tussen 5 tot 6 miljoen ton wit en geel mielies ingevoer moet word,” het Senzile Zokwana, minister van landbou, tydens ʼn perskonferensie gesê. “Indien dit gekombineer moet word met die streeksbehoeftes van Zimbabwe, Lesotho, Namibië, Botswana en Swaziland, sal ongeveer 10.9 miljoen ton, waaronder soja en koring, ingevoer moet word.”

Teen ʼn geraamde R4 500 per ton, sal dit ongeveer R20 miljard kos, het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê.

De Villiers het gesê die land se drie hoofbronne van geelmielies, wat hoofsaaklik as voer gebruik word en wêreldwyd geredelik beskikbaar is, is onder andere van Argentinië en Brasilië afkomstig. Die beskikbaarheid van wit mielies, wat Suid-Afrikaners eet, is egter meer problematies. “Wit mielies is nie so geredelik beskikbaar nie, en ons praat met die regering om te kyk wat ons in hierdie situasie kan doen om wit mielies op te spoor, veral in Mexiko en Amerika – dit is basies die enigste plekke waar wit mielies beskikbaar is,” het De Villiers gesê. “Prys is hier die kwessie.”

Hy het gesê daar moet ʼn dringende beweging op invoere plaasvind, aangesien Suid-Afrika se wit mielie voorraad verminder.

“As ons na die huidige skatting van die oes kyk, gaan ons teen September/Oktober nie meer wit mielies hê nie, en daarom moet ons gouer eerder as later na invoere kyk.”

Die Nasionale Landboubemarkingsraad (NAMC) het gesê kospryse sal baie erg geraak word deur invoere. “Indien ons tussen 5 tot 6 miljoen ton mielies teen R4 500 per ton moet invoer, sal die impak op kospryse, ongeveer 25% beloop op ʼn basiese kosmandjie,” het Ronald Ramabulana, uitvoerende hoof van NAMC, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan 2 ·

Ek wonder of die regering nog dink dit is n goeie idee om die boere te laat sink….wel ek dink nie enige ANC lid gee regtig n vlenter om nie, net nog n verskoning om geld by die weste te bedel.

CAB ·

Ek stem hierdie is net van droogte ek wonder wat hulle gaan doen as alle boere uitgemoor is of net nie meer wil boer nie. Dalk is dit die plan dat hulle winste kan maak en hulle nasie moet ly. Nog n rede vir vele strikes..

DPJ ·

Ons het ‘n nasionele ramp op hande wat gaan veroorsaak dat baie mense honger gaan laat slaap. Ons moet saam bid en glo dat God ons genadig is en ons oor die hele land van genoeg reën sal voorsien om ons van honger nood te verlos.

Berhalet Beukes ·

Korrupsie in ag geneem sou ek graag wou weet hoe hierdie invoere effektief bestuur gaan word en met watter geld hulle beoog om invoere te doen?

John ·

Sal die regering en aandeelhouers in graanverbouing asseblief vir ons se hoe hulle voel oor GM- produkte. Die VSA en lande in Suid-Amerika verbou hierdie produkte wat in baie lande in Europa, in Rusland en in Afrika onwelkom is juis weens vrae oor sekere gesondheidsaspekte. Om goedsmoeds sulke produkte in te voer net omdat dit goedkoop aan ons land beskikbaar gestel word, kan verreikende gevolge he waaroor ons later spyt kan wees. Wanneer hierdie mielies met siektes besmet is, kan dit in die aanwending vir veevoer en in voedselsoorte dalk probleme oplewer. Gaan toetse gedoen word, of gaan die graan goedsmoeds aangekoop word? Sulke massiewe hoeveelheid gaan ‘n paar kopsere oplewer. Ons sal moet wakkerloop.

Oom Kallie ·

John, Suid Afrika maak lankal gebruik van GM produkte.

Surprise ·

John, ons mielies her is laaankal en sedert 1998 GMO! As dit nie op die pak aandui ORGANIES nie, is dit GMO!

Annatjie Bezuidenhout ·

Nou gaan die armes nog armer word. Mieliepap is die stapelvoedsel van die armes. Ek bid dat die Here vir ons reen sal stuur, sodat die boere kan plant en aan ons eie mense kos kan voorsien.

John ·

Oom Kallie, dankie ek weet maar ek wil weet hoe voel ons mense daaroor. Dis doodstil. Die GM-saad wil lyk my toe nie sonder water groei nie. Die lande bo in Afrika stel volgens berigte nie belang in GMO’s nie. Is hulle mense slimmer as ons? Ek is bang ons voer graan teen ‘n afslagprys in van lande wie se inwoners dit nie wil gebruik nie juis weens kommer oor die gehalte van die saad. Daar kan ook ander siektes en muf teenwoordig wees of selfs tydens die vervoer opgedoen word en as ons so angstig is om graan aan te koop, vang hulle ons met ‘n slap riem. Die sade kan ook siektes oordra na boere se plase as dit daar geberg word. Ons moet wakker loop. GMO’s is ‘n slegte roep. Oosterse lande is al ‘n geruime tyd bekommerd omdat mense wat bv in ryslande werk waar sulke saad geplant is, oogprobleme ontwikkel, Rusland hou GMO’s weg en wil in die toekoms organies plant. Hulle sal uiteindelik die kosmandjie van die wereld word as die ander wereldmoonthede weggedoen het met al hulle oorspronklike saad en die byebevolking verdwyn het.

Berhalet Beukes ·

Jy is 100% reg… En hoewel baie van ons ook die informasie raaklees waarna jy verwys sit ons in ‘n land waar ons regering nie agting slaan aan die publiek se misnoeë nie. Kospryse het alreeds so gestyg dat baie mense selfs op die basiese dinge moet sny. Dit is nou ‘n stryd teen “rassisme”, om korrup te wees en sakke vol te prop. Die laaste ding waaraan ons regering dink is Monsanto, GM-saad of waar die geld vandaan gaan kom vir alles. Dit gaan oor stemme werf om nog 4 jaar wette te verander soos dit hulle pas en bevoordeel, blankes uit werke te druk, en oor die algemeen ons te verwoes.

Johannes Meintjes ·

Waarom moet SA, – of Zim of Malawi, – kos invoer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.