Die regering veroordeel ʼn plakkaat wat tans op sosiale media gedeel word wat “verdeeldheid wil saai tussen Suid-Afrikaners en uitlanders”.
Die regering se kommunikasiediens het in ʼn verklaring gesê hy doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om nie deel te neem aan enige aksie wat die wette van die land te oortree nie.
“Dit is betreurenswaardig dat die boodskap ten doel het om verdeeldheid te saai tussen Suid-Afrikaners en uitlanders. Die doel van die boodskap is teenstrydig met die gees van sosiale kohesie en poog om, dit wat ons as ʼn land al bereik het, ongedaan te maak.”
Die regering maan Suid-Afrikaners om ʼn vreedsame bestaan te voer en goeie verhoudings te bou met almal wat in die land woon.
“Ons versoek ook dat wetstoepassers die nodige stappe sal doen teen diegene wat hiervoor verantwoordelik is. Enige aanval op eiendom en uitlanders se ondernemings is nie ʼn spieëlbeeld van wie ons as ʼn land is nie en is teenstrydig met die waardes wat ons aanhang. Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie wat deur die wette van die land beheer word.
“Suid-Afrika is ʼn integrale deel van die Afrika-kontinent en bevorder ʼn vreedsame en volhoubare Afrika.”
Phumla Williams, direkteur-generaal van GCIS, het gesê benewens die land se toewyding tot die kontinent, onderskryf Suid-Afrika ook die Geneefse Protokol oor Vlugtelinge en bly verbind tot die beskerming van alle uitlanders in die land. “Misdadige aktiwiteit sal nie geduld word nie, omdat dit ʼn negatiewe impak het op die land se ekonomie en beeld.”
Die regering versoek ook alle Suid-Afrikaners om nie soortgelyke boodskappe te versprei wat spanning kan verhoog en die mees weerlose persone in die samelewing teiken nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Vra liewer hoekom die Zulu’s en Xhosas so houvas het op die regering en die anc
Hoe nou …
Die mense kry selfs nou finansiële bystand en geweld word net aangemoedig teen SA Burgers
Nou lag ek soe lekker en sommer hardop. Die grootse verdeelheid wat tussen Suid Arikaaners gesaai word, word deur die ANC self gesaai!
Nou word daar bekommernis uitgespreek teen geweld teenoor uitlanders ( waarvan die meeste onwettig hier is. WAT VAN DIE PLAAS BOERE IN JOU EIE LAND CYRIL RAMAPARRA!!!!
Mr Ramaphosa, this is exactly the message you preach every blooming day. If you do not admit to the attrocities against farmers and their workers, and admit that your open borders are flooding our education and health system. At the same time you are empoverishing you own people and over-taxing honest taxpayers. A good springclean of you own party and jailing the criminals will sort out a lot of your problems. The magic trick would also be to refrain from the constant flow of perniciuos lies. No, you don’t deport, just control. Your kadres have become so lazy that these… Lees meer »