Regering waarsku teen fopnuus oor buitelanders

Foto ter illustrasie.

Drie mense is reeds in hegtenis geneem oor die aanhitsing van xenofobiese geweld teen buitelanders in KwaZulu-Natal en Limpopo, met die regering wat gewaarsku het dat fopnuus gebruik word om Suid-Afrikaners teen mekaar op te stel en vreemdelingehaat aan te wakker.

Die kabinet het ‘n verklaring uitgereik waarin die xenofobiese aanvalle betreur en veroordeel is, asook die rol van sosiale media in die verergering daarvan.

In ‘n teken dat daar wel ‘n mate van politieke wil is om die kwessie te takel is die veiligheidsportefeuljes van die kabinet getaak om daarteen op te tree, met drie mense wat tot dusver vir aanhitsing in hegtenis geneem is. Die kabinet het veral gewaarsku teen vals berigte, vals foto’s en vals video’s wat voorgee om onwettige optrede deur buitelanders te dokumenteer. ‘n Voorbeeld is fopnuus oor buitelanders wat Suid-Afrikaanse vragmotors in Limpopo glo aan die brand steek.

Die kabinet het ook verwys na die huidige ondersoek in die VSA na die wyse waarop sosiale media gebruik word om binnelands (in daardie geval die VSA) onmin te saai in die aanloop tot verkiesings. In Suid-Afrika se geval het die kabinet gesê hoewel vryheid van spraak gerespekteer word, kan dit nie ongrondwetlik wees of op leuens berus nie.

Die kabinet het ook gesê Suid-Afrika bly op elke vlak tot Afrika verbind, en landsburgers moet wetsgehoorsaam optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Julia’s het dan gesê hulle is ‘n vredeliewende nasie, hoe nou.

Poefpaf ·

Ja, dit was seker ook fopnuus destyds toe daar op die reise binneland toe, vlaktes vol doodsbeendere gevind is; want dis die vredeliewendheid vanself.

In Suid Afrika word daar ook nie meer as 50 moorde per dag gepleeg nie, dis ook fopnuus, daarom ignoreer die regering die misdaadprobleem in sy geheel.

J ·

Het juis net nou een gekyk hoe hul n ou dood gooi met n klip en 2×4’s

Schalk ·

Nie fopnuus ondersoek self een derde van swart woongebied op Worcester is Zimbabwers maak aanspraak op water elektrisiteit riool en huise.WAARHEID nie fopnuus.Maroela kom ondersoek self.

Nick ·

Ag sê vir die kabinet hulle moet voetsek!! Ek sal alle slegte nuus van hulle oorsee stuur sodat almal sien met watter gemors ons sit!!!

HPV ·

Ja Nick, ek doen al vir meer as 12 jaar en sal aanhou slegte nuus asook videos van onluste, geweldadige betogings, opswepers en aanhitsers oorsee te stuur. Die wêreldhof, internasionale besighede en gemeenskap het die reg om te weet wat werklik hier gebeur. Ook die lande wat gehelp het dat die land lyk soos dit nou daar uitsien.

Staan verbaas ·

En die haatspraak teen ons eie mense wat hier gebore is word dit ook aangespreek. Kill the boer is tog ook aanhitsing tot geweld en moord. Hierdie gaan nou seker nie geplaas word nie met die verskoning dat my epos naam nie geldig is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.