Regering wil glo e-tolrekeninge in boetes omskep

Argieffoto

Argieffoto

Dit is onaanvaarbaar dat die regering die feestyd misbruik om stilweg die Aarto-Wet te probeer verander wat daarvoor voorsiening sal maak dat e-tolrekeninge ingevolge dié wet afdwingbaar sal raak, het die VF Plus gesê.

Anton Alberts, woordvoerder van die party, het gesê ʼn kennisgewing om die publiek se kommentaar hieroor te vra, is op 7 Desember in die Staatskoerant gepubliseer. Die sperdatum vir kommentaar is 6 Januarie.

Aarto is die noemnaam vir die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padoortredings.

Volgens Alberts spreek dit vanself dat die publiek se reaksie hierop oor die feestyd baie beperk sal wees. Hy sê die VF Plus sal daarom vra dat die proses vir openbare deelname verleng word. ʼn Beroep word nogtans op die publiek gedoen om hul teenkanting teen die voorgestelde veranderinge voor die sperdatum uit te spreek.

Dit kan gedoen word deur ʼn e-pos te stuur aan Sello Mokubyane by [email protected], of aan adv. N. Thoka by [email protected]. Beide is van die departement van vervoer.

“Aarto is egter ‘n gefaalde stelsel en daar bestaan tot vandag toe nog geen Aarto-howe nie,” het Alberts bygevoeg. “Dit beteken dat mense verhinder sal word om hul grondwetlike reg uit te oefen deur hulself in ʼn hof te verdedig. “Voorts is Aarto ‘n gefaalde stelsel aangesien die toetsfases in Johannesburg en Pretoria geensins padveiligheid, wat die hoofdoelwit van Aarto is, verbeter het nie, maar eerder ‘n teelaarde vir korrupsie en magsvergrype geskep het.”

Volgens Alberts is die VF Plus van mening dat die e-tolrekeninge onwettig is weens die nie-sertifisering daarvan en Aarto sal niks daaraan verander nie. “Trouens die gronde van onwettigheid word net meer met Aarto in die prentjie,” het hy gesê.

“Wat die VF Plus aanbetref, is dit ongrondwetlik om die nie-betaling van e-tolrekeninge te klassifiseer as ‘n verkeersoortreding in terme van Aarto. Die nie-betaling van e-tolrekeninge het niks te make met verkeersveiligheid nie.”

Die VF Plus sal glo in 2016 die “mislukte Aarto-stelsel” aanvat. “Die party sal hom daarvoor beywer om dit saam met die e-tolstelsel tot ‘n val bring,” het Alberts gesê.

Alberts bied ʼn kort uiteensetting van die Nasionale Padverkeerswet en Aarto wat die aangeleentheid in perspektief plaas en terselfdertyd dien as regsadvies rakende die verskeie vorme van wetgewing ter sprake by verkeersoortredings:

1. Die Nasionale Padverkeerswet: Hierdie wet kriminaliseer verkeersoortredings deur boetes en in uiterste gevalle arrestasie. Hierdie wet maak dus ook gebruik van die Strafproseswet om oortreders te vervolg. Die wet maak ook voorsiening vir die weerhouding van voertuiglisensies indien boetes nie betaal word nie.
2. Die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padoortredings (Aarto): Hierdie wet is nuwer as die Nasionale Padverkeerswet en word tans op ‘n toetsfase in Johannesburg en Pretoria toegepas. Uiteindelik moet die wet landwyd toegepas word en sal vele van die Nasionale Padverkeerswet se strafprosedures vervang.

Die wet beoog om padverkeersoortredings te dekriminaliseer en dit op ‘n administratiewe grondslag te bereg. Dit beteken dat die afdwing van die wet nie sal geskied deur oortredings te ag as kriminele oortredings nie, maar as administratiewe oortredings ingevolge waarvan ‘n oortreder ‘n boete opgelê kan word en ook op die volgende wyses gestraf kan word:
a) Vir elke oortreding word punte afgetrek en na ‘n sekere limiet bereik is, kan ‘n persoon sy bestuurslisensie verloor.
b) Voertuiglisensies kan teruggehou word totdat alle boetes betaal is, maar slegs na ‘n regsproses wat tans nie behoorlik toegepas word nie.
c) Die owerheid sal beslag kan lê op ‘n oortreder se bates, soos ‘n huis of voertuig, wat in eksekusie verkoop kan word om boetes te delg.

Dit is belangrik om die volgende reëls wat jou beskerm oor Aarto in gedagte te hou:
1. Niemand mag gearresteer word oor uitstaande Aarto-boetes nie.
2. Niemand mag by ‘n padblokkade gestop word oor uitstaande Aarto-boetes nie en mag nog minder gedwing word om dit daar te betaal.
3. Aarto-boetes moet persoonlik aan die oortreder oorhandig word of per geregistreerde pos gestuur word anders het dit geen regskrag nie.
4. ‘n Oortreder het die reg om ‘n Aarto-boete te betwis by die padverkeersoortredings-owerheid (RTIA) en ook in ‘n AARTO-hof daarna. Tans bestaan daar geen Aarto-howe nie en kan die proses dus nie voltooi word nie. Dit beteken as mens jou Aarto-boete na ‘n hof verwys, die boete uiteindelik nie bereg gaan word nie en ongeldig sal word aangesien mens die reg het om spoedig in die hof te verskyn. Weens die gebrek aan behoorlike prosesse, is meeste Aarto-boetes dus onwettig.

Wat die SANRAL-wet (vir die e-tolstelsel) aanbetref, is dit belangrik om die volgende in gedagte te hou:
• Geen voertuiglisensie of enige ander lisensie mag teruggehou word vir uitstaande e-tol rekeninge nie. Die wet laat dit nie toe nie.
• Niemand mag by ‘n padblokkade gestop word oor uitstaande e-tolrekeninge nie en nog minder om te verneem of die motoris ‘n e-skyfie het.
• Niemand mag gedwing word om ‘n e-skyfie aan te skaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

HENNA ·

DANKIE VF PLUS – dat daar iemand is wat vir ons ‘armes’ gaan instaan
WAARDEER

rietrot ·

Ek moet e-tol hê ek is nie trots daar op nie, maar as ek dit so sit en kyk, is ek maar bly ek het dit. Dis eintlik n las, maar wat kan mens maak? Hulle gaan dit af dwing kom wat wil. Gee die ou duiwel wat hom toekom en bewaar hom as ek n slag-gat tref op daardie pad…

Johan 2 ·

Maar lekker bang rietrot..dit is n onwettige stelsel en hul kan dit nie afdwing nie, so hoekom betaal?

Hannelie ·

Ai, rietrot! En waarom móét jy e-tol hê? En as jy so maklik instem om dit te betaal, wat gaan jy nogal doen as jy ‘n slaggat tref?? Nee-wat, jy klink in elk geval banger vir die duiwel as vir die onwettige regering!!!

Hannelie ·

Jammer, ek bedoel jy is banger vir die regering as vir die duiwel!

rietrot ·

Jy ken my nie dan reken jy my bang, jy weet nie waarvoor ek dit nodig het nie dan reken jy my ek gee in? Kom ek stel dit so… Dink jy regtig hulle gaan die “goudmyn” net op gee? Hoeveel miljoene in potensiale geld ry daar rond elke dag? Moenie naïef wees nie. Dis ʼn lisensie om geld te druk en die geld wolwe sal ʼn manier kry. Soos ek sê ek is nie mal oor die idee nie, ek is nie… Maar hoe ek voel daar oor is irrelevant. Daar is aan my gesê ek sal een hê en mits julle my salaris gaan betaal sal ek moet voldoen aan die voorvereiste. Die slaggat ding sal ek hanteer wanneer dit gebeur.

Aorta ·

Baie dankie vir insiggewende berig. In Volksrust Mpumalanga, word jou lisensieskyfie geweier indien daar uitstaande Aarto boetes is. Dit maak dus van mens ñ krimineel wat verplig is om sonder lisensie te ry!! Ek het geen geregistreerde aarto boete kennisgewings ontvang nie , trouens ek het bitter min kennisgewing van enige aard ontvang, en geen lasbrief is op my beteken nie.. Hoe nou gemaak? Het iemand dalk vir my raad?

GES ·

Ek voorspel lisensieskyffie bedrog wat vir niks gaan skrik nie. Hou die situasie nou goed dop.

Hannelie ·

Aorta, ek stel voor jy kontak vir OUTA aanlyn! Geen lisensie mag geweier word op grond van uitstaande boetes nie!!! Dit is onwettig!!!

Hannelie ·

Ai, rietrot! En waarom móét jy e-tol hê? En as jy so maklik instem om dit te betaal, wat gaan jy nogal doen as jy ‘n slaggat tref?? Nee-wat, jy klink in elk geval banger vir die duiwel as vir die onwettige regering!!!

GES ·

Waar Zuma by betrokke is verander gewoonlik in in ‘n orgie. Die nuus van sy 4 ryk indiër vriende verduidelik alles.

cecilia ·

Hoe kan ons hierdie berig in ENGELS vertaal kry asseblief? BAIE BAIE MENSE in SA is Engels en lees Engels. Ek dink dis belangrik om die boodskap in Engels ook te versprei.

Frans ·

Is daar erens ‘n petisie wat geteken kan word ipv een-een beswaar aanteken teen ‘n stukkie struikrowerwetgewing? Dringend -help asb Maroela.

Berhalet Beukes ·

Begin ‘n petisie by change.org. Publiseer die skakel op Facebook en vra dat almal dit share en aanstuur!

P J ·

Ek het eerder etol en kan sien waar my geld heengaan as om die vet katte verder te voer met n petrolheffing. Niemand weet waar daai biljoene is nie. Op tolpaaie kan jy sien hoe jou geld werk daar is nie potholes op tolpaaie nie en dit is n keuse Wat jy uitoefen as jy daar ry. Dink bietjie aan die arme mense wat daar werk vir wie nie een van hierdie grootbek politieke partye n inkomste kan bied nie, van die ANC, die DA, die VF+. Pas op vir goedkoop politiek voor die 2016 munisipale verkiesings. Hulle sit almal in die parlement en keer wette goed daarna probeer hulle, hulle verontskuldig deur praatjies hoekom stel hulle nie hul punt in die parlement waar hulle ons moet verteenwoordig nie. Niemand luister na politisie in die media nie.

Henri ·

Stem saam oor goedkoop stories van alle partye voor die verkiesing, maar is van mening dat ons moet begin werk daaraan . In al die sterk lande, VSA, VK, Dl, Fr, noem maar op, is daar twee partye en wanneer die een aan bewind droog maak, volgens die populasie, kom die ander aan bewind met die volgende stem-geleentheid. Die proses verseker ‘n sterk regering met net so sterk opposisie en die twee hou mekaar in plek, en maak dit moelik om onnosel wetgewing daar te stel. Ek stel voor dat enigiemand nie met cANCer saamstem nie, stem dan vir die offisiele opposisie om so ‘n balans te veroorsaak.
As jy wil mag jy maar jou e-Tol betaal maar ek weier om ‘n onwettge instansie wat mafia skrikmaak metodes en bangmaakstories( Afpersing) gebruik om geld te vorder te ondersteun. Skaar my liewer by die 90% wat nie betaal nie om die punt te bewys volgens bestaande wetgewing.

Frans ·

As jy wil sien waarheen jou geld gaan google businesstech.co.za/general/50054/truth-about-e-toll-shareholding-and-money-and-money-flowing-out-of-sa/

AFRIKAANS ·

Maroela media is n gratis Afrikaanse nuus en kuier plek. Kry vir jou n gratis Engelse nuus kuier plek as jy dan so graag Engelse nuus wil lees….

arie plaasboer ·

@ AFRIKAANS,
Ai, maar jy IS oulik. So `n bek meot alwyn kry !!!

Lindie ·

Wat moet mens in die email skryf as jy dit aan hulle rig voor 6 Kan 2016 ? Moet jy staaf hoekom jy nie saam stem nie?

Peet Schabort ·

Ek sal graag wil weet waar kan ek punte aanteken teen AARTO. Dit gaan oor in die besonder verkeerstekens wat makeer of nie op standaard is.
Wat die e-tol betref: Ek sal in KAAPSTAD gaan draai hier uit die VRYSTAAT op pad na PRETORIA maar sal nie ‘n duiwel deur jul tolhekke ry. Dink net hoeveel ek van ons land sien en ook nie vasval in verkeersknope a.g.v. ongelukke op julle paaie.
Sterkte met jul ondeurdagte e-tol stelsel waar ook a.g.v. verkeerde inligting motoriste opgeskroef word wat toetentaal NIKS te doene het met julle gemors.

JoeV ·

Niemand is dan al in die tronk oor hele implementering van etol storie nie? Hulle moet maar eers verduidelik hoe dit gekom het dat dit die duurste pad was wat ooit in die wereld gebou is, en dit OP ‘n bestaande pad, teen koste van meer as wat ‘n goeie brug van dieselfde afstand sou kos, 100 miljoen rand per km in die eerste plek. Die bedrag wat oor vyf jaar aan die bestuur van die etol kolleksie en invordering van die geld spandeer “sou” word, 85 miljard Rand, ingesluit is die 670 miljoen wins aan die bestuurs maatskapy in die buiteland. Dan die ou sakie rakende die persone wat die geld vir die tol ontvang, niemand het nog voledige lysname nie? Net te veel vrae met vae en min andwoorde. Hoekom is buitelandse ontwerpers aangestel om die sisteem te voorsien en nie suid afrikaanse ingeneurs nie? Soos aangedui in die uiteensetting deur OUTA, ‘n 9 sent per liter belasting van 2006 tot 2012 sou die totale koste van die pad gedek het in 2013. Dan was dit nuo afbetaal. Hou maar ‘n sel oop daar, want voor ek betaal sal die Suid Afrikaanse reg stelsel moet bewys dat die gemeenskap nog ‘n nut het daarvoor!!

fluiter ·

Die snelweg was voorheen daar is slegs verbeter met n laan wat bygevoeg is.My belasting geld moet hiervoor gebruik word…stop die grants wat aan kinders uitbetaal word dis n groot probleem wat bevolkingsgroei aanspoor.Die geld kan vir baie paaie gebruik word.. Hulle kan maal wat hulle wil as niemand etoll betaal kan hulle niks doen op die einde van die dag staan net saam

GES ·

As Nr 1 sy eie Nkantla bou (eie geld) en kleiner vliegtuie gebruik sal daar meer geld beskikbaar wees om paaie instand te hou. Om ‘n lang storie kort te maak, Suid Afrika beskik oor genoeg potensiaal om ‘n 1ste wêreld land te wees. Ons ondergang is onbevoegde, gierige en integriteitlose regeerder. Ons kan debat voer tot ons omval, dit gaan nie die probleem oplos nie. Die enigste ware oplossing is selfbeskikking.

Dan ·

Hulle hande jik weer vir meer geld, hulle het mos oor die kersgety oorboord gegaan met hulle spaargeld. Snaaks as daar n nuwe geldelikke wet ingestel word dan hoor ons van die een of andere wat van die geld gesteel het. Die selfhelp club .

hennie ·

Ons kan baie te sê hê, maar kom ons reageer eerder soos die VF Plus vra. Dan kan ons resultate verwag.

Johannes Meintjes ·

Die hele onderduimsheid van die Gauteng e-Tol is en bly vir talle ‘n baie groot praktiese kopseer. Die onwettigheid daarvan, en nou-gepaardgaande korrupsie tot die afdwing van ‘n ondeurdagte stelsels op slegs ‘n deel van die SA publiek in Gauteng, is meer as verregaande, voer ek aan. Dit versinibeeld myns-insiens die diepliggende en gierige, korrupte mentaliteit van die ANC.

Henri ·

Heeltemal reg, Johannes. Wens net alle mense oor die hele land besef dat, maak nie saak waar jy woon nie, jy word geaffekteer a.g.v. verhoogde pryse veroorsaak deur hierdie Boelie belasting. Ek hoop die hele bevolking gaan na OUTA se webblad en maak beswaar op hulle vorm. Sluit sommer by hulle aan en sekerlik sal ons van e-Toll (deel vancANCer) kan ontslae raak. Ons moet sommer gou ‘N #e-Toll must Fall ook begin, LANDWYD asb,

Albert ·

Dit is vir my nie aanvaarbaar dat mense tolgeld moet betaal om tussen huis en werk te gaan nie, maar taxibestuurders wat geld maak op die tolpaaie met hul voertuie wat meestal onpadwaardig is, word van tolgeld vrygestel. Hoe werk dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.