Regering wil hof toe om VBS-geld terug te kry

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering, het Dinsdag aan LP’s gesê die regering sal hofsake “aggressief najaag” om soveel moontlik van die R1,57 miljard terug te kry wat onwettig deur munisipaliteite in die VBS Mutual Bank belê is.

Mkhize het die regering se portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede toegespreek en gesê 14 munisipaliteite wat geld vanuit toelae van die nasionale tesourie en van hul eie by VBS belê het, ervaar finansiële probleme.

“Dit is onmoontlik dat R1,57 miljard of selfs R2 miljard spoorloos kan verdwyn. Ons moet aggressief te werk gaan om dié geld terug te kry,” het Mkhize gesê.

Volgens hom het die drie provinsies wat geraak is, naamlik Noordwes, Limpopo en Gauteng, forensiese ondersoeke van stapel gestuur om vas te stel hoe die geld belê is en wie daarvoor verantwoordelik was. Mkhize meen die regering is reeds verby die punt waar daar geskok gereageer word oor die omvang van die bedrog. “Ons het nou ʼn punt bereik waar ons teen individue moet optree en meganismes inspan om die geld terug te kry.”

Die munisipaliteite wat geraak is, met die geldbedrae daarby betrokke:

  • Merafong- plaaslike munisipaliteit (R50 miljoen) in Gauteng
  • Wesrand-distriksmunisipaliteit (R77,3 miljoen) in Gauteng
  • Moretele- plaaslike munisipaliteit (R50,4 miljoen) in Noordwes
  • Madibeng- plaaslike munisipaliteit (R31,5 miljoen) in Noordwes
  • Mafikeng- plaaslike munisipaliteit (R83,4 miljoen) in Noordwes
  • Ruth Segomotsi Mompati- distriksmunisipaliteit (R150 miljoen) in Noordwes
  • Makhado- plaaslike munisipaliteit (R62,7 miljoen) in Limpopo
  • Greater Giyani- plaaslike munisipaliteit (R153,2 miljoen) in Limpopo
  • Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit (R122,4 miljoen) in Limpopo
  • Elias Motswaledi- plaaslike munisipaliteit (R48,247 miljoen) in Limpopo
  • Vhembe- distriksmunisipaliteit (R316,3 miljoen) in Limpopo
  • Ephraim Mogale- plaaslike munisipaliteit (R83,4 miljoen) in Limpopo
  • Tubatse Fetakgomo- plaaslike munisipaliteit (R240,6 miljoen) in Limpopo
  • Lepelle Nkumpi- plaaslike munisipaliteit (R155,3 miljoen) in Limpopo

Dié munisipaliteite is onder die duisende deponeerders wat geld by die bank verloor het. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het VBS in Maart onder kuratorskap geplaas. ʼn Verslag getiteld “The Great Bank Heist” is ook vandeesmaand deur die sentrale bank bekendgestel. Volgens die verslag het 50 mense ruim sowat R2 miljard oor ʼn driejaartydperk by dié bank ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Duncan Potgieter ·

Die Wesrand-distriksmunisipaliteit in Gauteng wat deur die korrupte ANC in Randfontein en Westernaria beheer word, het nog nie `n woord gerep oor hulle R77.3m wat hulle in die VBS bank onwettig gedeponeer het. Die inwoners en publiek moet ingelig word van die korrupte ANC raadslede wat die deponerings besluit goedgekeur het en hulle “onbekwame aangestelde meeloper ANC amptenare” opdrag gegee het om die besluit uit te voer, moet almal krimineel vervolg word en in die tronk wees. Die plaaslike gemeenskapskoerant, die Randfontein Herald, sal versoek word om die saak op hulle voorblad aan kiesers/inwoners se aandag te bring en aan die “groot klok te hang” – kiesers moet wakker skrik en nie weer vir die korrupte ANC stem nie en liewer vir `n party/partye te stem wat `n skoon administrasie met opgeleide en bekwane amptenare te ondersteun. Verwerp die korrupte ANC totaal.

willie ·

Dit sal net bly by dreigemente om die aandag af te lei, daar gaan niks van kom nie!

vissie ·

Dit is nie rocket science om die geld terug te kry nie. Kyk net na watter bank rekeninge die geld oorgeplaas is en siedaar…maklik.Al die bankrekeninge in die land is mos ge rica so die bankhouers se inligting is daar….

niki ·

hoekom wil die staat”aggressiet te werk gaan” im n bank in privaatbesit se geld terug te kry? begin dan met die basics arresteer elke direkteur. hulle het die geld laat verdwyn.

Alida ·

Floyd se boetie het darem seker vir hom koning Julius n roomys gekoop. JM se mond is genadiglik vir n rukkie toe.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat van “agressief” begin om stelsels in plek te sit wat hierdie tipe van vergrype verhoed…………dan hoef julle agterna niks te soek of iemand te vervolg nie?

Nikita ·

Kyk net daai bedrae….eina! En so het hulle mekaar aan die kop….hier gaan nog hard koppe gestamp word oor hierdie gemors. Hoop die stemmers se oe gaan oop. “Watch this space!”

Hanna Hoekom ·

Nice try! Die ANC is heeltemal te afhanklik van die EFF se steun. Nicy try though.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.