Regering wil kommentaar monitor

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van kommunikasie het in ʼn artikel op Daily Maverick gesê haar departement is daarop toegespits om seker te maak dat wetgewing ook inhoud op die internet sal monitor.

Maroela Media het vroeër berig die konsepbeleid oor regulering van aanlynaktiwiteit van die Film-en-Publikasieraad (FPR) is skerp veroordeel, aangesien dit op gebruikers se grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking inbreuk sal maak.

Minister Faith Muthambi het egter gesê die “uitbarsting van rassisme” aan die begin van hierdie jaar is “ʼn goeie bewys van die krag van die internet en sosiale media” en hoe “verwoestend daardie krag in die verkeerde hande kan wees”.

Muthambi het gesê die internet bied nuwe en ingewikkelde uitdagings om inhoud te klassifiseer. “As beleidsamestellers moet ons behoorlik reageer om seker te maak dat hierdie medium doeltreffend gereguleer word, op dieselfde manier wat radio, televisie en gedrukte media gedwing word om aan sekere reëls te voldoen.”

Volgens haar sukkel beleidsamestellers wêreldwyd met die probleem hoe om aanlyninhoud te reguleer en om seker te maak dat die gebruikers nie nasionale sekuriteit bedreig, onwettige aktiwiteite fasiliteer, of iemand se menswaardigheid skend deur die verspreiding van haatspraak of aanstootlike materiaal nie, terwyl die reg op vryheid van uitdrukking steeds in balans gehou word. Sy het gesê kommunikasieministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het reeds op verskeie geleenthede vergader om te bespreek hoe die internet gereguleer kan word.

Muthambi het bygevoeg persone rig soms hul klagtes aan die Menseregtekommissie (MRK), maar klagtes moet eintlik aan die FPR gerig word. Die MRK het intussen alle betrokke klagtes na die FPR verwys.

Sy het ook gesê die departement van kommunikasie sal binnekort ʼn persoon aanstel wat spesifiek digitale mediageletterdheid sal ondersoek. “Ons wil seker maak dat Suid-Afrikaners ʼn behoorlike riglyn het wat geskik is vir die dinamiese aard van die internet, en dat behoorlike stappe gedoen kan word indien onbehoorlike inhoud gepubliseer word.”

Die kabinet het reeds sy goedkeuring gegee dat die wysigingswetsontwerp aan die parlement voorgelê mag word. Volgens Muthambi sal die voorgestelde veranderinge in Februarie en Maart bespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

chrisp ·

Stel ‘n kaderaan wat voldoen aan al die ou afkortings (bee, seb, bbbeee ens) en niemand hoef bekommerd te wees nie.

pop ·

Probeer liewer die krimineel op straat hokslaan. Niemand sal ooit regkry om haat hok te slaan nie. Hulle kan keer dat ons dit se en tik, maar kan niemand se gedagtes en hart beheer nie.

Bloues ·

Die swerkaters kan nie eens misdaad vasvat nie, nou wil hulle probeer internet beheer. hahaha

anna ·

ag asseblief, kom probeer. dis soos om vir ‘n ouer te se hy mag nie sy kind pakgee nie.

Rynhardt ·

Die feit dat Anc kommentare op internet wil monitor, gaan daaroor om vryheid van spraak aan bande te le.Die Obama administrasie wil ook sensuur toepas op internet.Duitsland en Engeland tree reeds sterk op.Die opdrag kom van almal se grootbaas, die Nuwe Wereldorde!

snuffels ·

Geagte Minister…ek tik die boodskap met my middelvinger!

chrisp ·

Het ons ou volkie darem nie ‘n puik sin vir humor nie.

Dankie Snuffels

Karoo blommetjie ·

Hoof jy my al die pad van die Karoo af lag Snuffels? Nee wat, nog ‘n biljoen rand wat gemors gaan word “in ‘n poging”. Dankie Snuffels, my dag is gemaak!!!!

Sorika ·

Aai Snuffels hoe laat jy my nou lag. Toemaar die minister sal jou boodskap stuur aan die president en hy sal jou boodskap lees terwyl hy sy bril verskuif met sy middel vinger… LOL!!!

surien ·

Wat van ń geheime skrif- soos toe ons klein was. Niemand het verstaan wat daar geskryf staan (op die briefie onder die klip)nie. Net die “bendelede”. Kan miskien werk.:)

Mick ·

Onder Gorbachov het mense na hulle “gebreekte wasmasjien of Yskas” verwys as hulle briewe aan die koerante geskryf het. Antwoorde hierop het voorstellings vervat oor watter “onderdele” vervang moes word. Moenie bekommerd wees nie. Dit gaan nie hier gebeur nie. Gryp na halms, hierdie regering. Jy gesien hoe vinnig die Nasionale Gesondheidsorg wetgewing se witskrif Parlement toe is toe Nene afgedank is? Hulle het weer erens verbrou en plaas die klem op ‘n ander onderwerp. ANC se vuil wasgoed word nou mooi uitgehang vir almal om te sien. Politiek is in elk geval ons derde Sport was sorg vir die meeste sports.

Gideon ·

Dankie tog dat Afrikaans nie meer so wyd gepraat word nie!!! Nou sal ons seker verbied word om in Afrikaans te sms!

Stv ·

Kyk, hulle kan maar doen wat hulle wil. Hulle sal nooit die verbruiker kan uitoorle nie. Een van die dae dan tik ons vir mekaar geheime boodskappe.

Ek het so paar jaar terug in excel ‘n klein programmetjie geskryf wat boodskappe “encrypt” en as die ontvanger van die boodskap nie die regte “decryption key” het nie kan hy maar vergeet om dit te ontleed. En ons is nie ver van sulke drastiese stappe af nie….

Ivan ·

Ek wil net vir die minister laat weet ek het n FJ.
Sy moet vir haar ook een kry.

Marius ·

Dan is daar nog die emoji’s. Wonder of gesigte ook as taal tel. Ha ha

johny ·

Ons tik alles net in somme in dan sal hulle dit nie verstaan nie.Regering sal baie geld verloor as die internet net n bietjie afgeskaal word.En wie trek noustrop die armes van die armes.En glo my ons tronke is te vol en bakstene te min om ander te bou

John ·

Afrikaanse skole en universiteite gaan nou weer baie leerder en studente bykry want die oortredings is mos glo meestal deur ons taalgebruikers. Om ons skrywes na te gaan moet die mense darem weet wat daar geskryf staan. So, mense wat bekommer ons, ons. Lank lewe Afrikaans!

Oom Boer ·

Liewe Minister…….. gaan daar darem binnekort ook aanstellings gemaak word om seker te maak ek besoek die toilet op die regte manier en vir die regte redes want dit is moeilik om dit te beheer, so hoe wil jul my hart, gedagtes en gevoelens beheer. Vra maar net?

Manie ·

Welkom Zimbabwe. Waar net Mugabe (Zuma) die se het,en bogger die res. Sy woord is wet. Ai dit is lekker is Afrika!!!!.

Sarie ·

Besef die minister hoe kragtige wapen is die internet, veral sosiale ballie Sy moet passop sy kan dalk met dieselfde kragtige sosiale teenkanting op internet kennismaak as hulle prober om mense se bewegings op internet in te perk. Sy saal ‘n uiters gevaarlike perd op

John ·

Alles gaan oor werkskepping. Regte is mos hoeka een van die gewildste studierigtings in die nuwe Suid-Afrika. Nou gaan daar ook darem werk wees vir die massas gegradueerde geleerde nie-Afrikaanssprekende regskundiges want die howe gaan voogepak wees van ‘oortreders’ van die wet op rassistiese uitsprake. Mense bly veral weg van idiome. Moenie eers se: “Die appel van nie ver van die boom nie” of ” Moenie die …” Nee, wag liewer nie.

Theo ·

Hulle doen dit al reeds. Al wat hulle nou wil doen is om dit te wettig. Dan kan hulle ons bykom waar dit nou nog teen die wet is.

Estelle Broodryk ·

Nee toe toe toe, julle mag nie meer enige woorde wat met ‘k’, ‘b’, of ‘a’ begin, gebruik nie, dis rassisties.

Kom ons word net almal groen mannetjies, met party wat lig groen is, ander n helder neon groen, of dalk n bottel groen, donker groen of selfs n mos groen – wie stem saam, dan behoort daar mos geen kwade gevoelens te wees………

Fanie ·

Aangesien hulle ons in ‘n blik wil druk, moet ons net daarop aandring dat alles wat in parlementêre sittings gesê en besluit word, ook gemonitor word. En wat van die ministers se privaat lewens en kommunikasie op die internet en selfs by hulle huise? Wat se haatspraak en rassistiese taal praat hulle as landsleiers?? Dit is absoluut belaglik?? Hoekom spandeer hulle nie meer tyd, geld en energie aan die plaasmoorde, rooftogte, verkragtings, en alg misdade nie. So ons sit hier met ‘n “eye Spy” regering!! Wil altyd weet wat wie sê, maar draai die blinde oog vir wat wié doen!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.