‘Regering wil nie loononderhandelinge uitrek nie’

Ayanda Dlodlo. Foto: http://www.gov.za

Ayanda Dlodlo, Suid-Afrika se minister van staatsdiens en administrasie, het Donderdag die publiek verseker dat die regering “geensins beoog om die loononderhandelingsproses in die openbare sektor uit te rek nie”.

Dlodlo het in ʼn verklaring reageer op mediaberigte dat die regering die proses onnodig vertraag.

“Namens die regering en die komitee van ministers, wat die minister van finansies, verdediging, gesondheid, basiese onderwys, justisie en korrektiewe dienste, polisie en maatskaplike ontwikkeling insluit, wil ek ons toewyding aan die proses opnuut beaam en alle belanghebbendes verseker dat ons nie sal rus voor ʼn bes moontlike uitkoms tussen die onderhandelende partye gevind is nie,” het Dlodlo gesê.

Vakbonde en die regering het ʼn dooiepunt bereik in gesprekke by die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad (PSCBC) en streef steeds na ʼn skikking.

Die minister het gesê die huidige ronde van onderhandelings oor die lewenskosteloon en die verbetering van ander voorwaardes vir dienslewering van openbare beamptes word gedoen in baie moeilike ekonomiese toestande.

Sy het bygevoeg dat dít ekstra verantwoordelikheid op die staat as werkgewer en die vakbonde plaas om te verseker dat die uitkoms volhoubaarheid in die regering se loonwet asook verbeterde omstandighede vir staatsamptenare verseker.

Die minister het verder ʼn beroep gedoen op alle staatsamptenare om geduldig te wees totdat ʼn vriendskaplike ooreenkoms deur die onderhandelende partye by die bedingingsraad bereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan Erasmus ·

Oorbetaalde en onderwerkde amptenare wat bederf is met bo gemiddelde verhogings wil nou nog meer hê. Dit is ongelukkig die meer senior mense wat die lekker lewe het en min doen

Gestremde ·

Maklik om die loon kwessie op te los. Doen ‘n werksaudit en kyk hoeveel onnodige kaders is daar aangestel in hoë posisies. Voorheen was daar seker 5 000 hoë posisies per staatsinstelling. Nou is daar seker 50 000 hoë posisies vir ‘n klomp “bestuurders” wat vergaderings bywoon en niks verder doen nie. Betaal hul vir die tipe diens wat hul verrig (sny salarisse) en bespaar miljarde en met die geld wat oorbly vul die nodige poste vir doeltreffende dienslewering.

SjN ·

Waar kruip al die hogeres weg en wat doen hulle behalwe salarisse trek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.