Regering wil nóg ʼn afgradering verhoed – Ramaphosa

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa op 6 Februarie 2016 by 'n galadinee van die ANC in Polokwane Foto: ANA

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa op 6 Februarie 2016 by ‘n galadinee van die ANC in Polokwane Foto: ANA

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Saterdagaand gesê die regering doen alles in sy vermoë om nog ʼn afgradering deur graderingsagentskappe te verhoed.

“Suid-Afrika se sukkelende ekonomie kan nog beleggers lok, veral in die marinebedryf, deur sy beleggingsdeure vir beleggers oop te maak, en nóg ʼn afgradering deur graderingsagentskappe verhoed,” het Ramaphosa aan gaste by die ANC se galadinee in Polokwane gesê.

Suid-Afrika is een van die lande wat verder afgradeer kan word ná Brasilië onlangs tot “rommelstatus” verklaar is.

Ramaphosa het gesê die regering wend ʼn groter poging aan om die ekonomie ʼn hupstoot te gee. Die Operasie Phakisa en swart nywerheidsprogramme is glo deel van die arsenaal om ekonomiese agteruitgang te bestry en beleggers te lok. Dié ekonomiese ontwikkelingsprogramme is verlede jaar van stapel gestuur om geleenthede te bevorder wat werkskepping sal bespoedig en die ekonomie sou verbeter.

“Ons brei beleggingsektore soos die motorbedryf, tekstiel en vervaardiging uit en ons gebruik ook Operasie Phakisa,” het Ramaphosa gesê. Operasie Phakisa fokus op moontlikhede in die marinebedryf.

Ramaphosa het die sakegemeenskap verseker dat die regering alles in sy vermoë doen om seker te maak dat die land se kredietgradering nie verder verlaag nie, maar dat die ekonomie uitgebou word.

Dit is ondanks die Wêreldbank se vooruitsig dat Suid-Afrika se ekonomie nie hierdie jaar sal groei nie.

“Brasilië is tot rommelstatus verklaar, ons gaan alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons nie rommelstatus behaal nie,” het Ramaphosa bygevoeg.

Brasilië is deel van die Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)-groepering.

Ramaphosa het gesê die Wêreldbank se hersiene ekonomiese groeivooruitsig vir Suid-Afrika moet nie enige ideale om die ekonomie te groei, verhinder nie. “Die Wêreldbank het sy vooruitsig vir ons groei vanjaar afwaarts aangepas, maar ons is vasbeslote om te bewys dat ons baie hard saam met die sakebedryf en arbeidsformasies werk om seker te maak dat ons ons ekonomie handhaaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Maarten ·

As hulle nou eers sou stop met Black Empowerment. Jy sal sien dat SA sig af gan beweeg van n rommelstatus

Jordaan ·

As julle werklik alles probeer het, sou julle van Nommer 1 ontslae geraak het. Dit alleen sal al ver gaan, maar dan ook minder staatsinmenging, korrupsie en rassisme deur wetgewing.

Ben ·

Jammer Cyril, maar daar is te min verstand in die regering om dit reg te kry. Die feit is – van “goudpot” tot ” str+ntpot” van die wêreld in 20 jaar.

Henry ·

Rampoposa
Raak ontslae van julle akademies-agtergeblewe President en al julle onbevoegde en korrupte kaders by ESKOM, SAA, SABC, PRASA, mislikkepaliteite, staatsdiens ens ens ens.
Die ou spul het reeds die laaste leksels uit die staatstrog opgeslurp en hul afwesigheid mag dalk die uiteindelike rommelstatus toekenning vertraag – met ‘n maand of twee.

GES ·

Henry – dit kon nie beter gestel word nie. Hierdie situasie is buite beheer en SA is soos ‘n weghol trein oppadd na rommelstatus.

PJ ·

Rhamaposa ok nie eintlik bekommerd as hy was sou hy lankal vir namawhan aangevat het nou sè die slimmes Rhamaposa sal beter president wees .Is dit ? Korrupsie is n anc ding

Johann Marx ·

As julle dit nie in 20 jaar kon regkry nie, wat laat jou dink dat julle dit nou gaan regkry?

Flippie ·

Ja ou Cyril. Die Phakamisa projek is natuurlik ‘n versoek van China om ons marine bronne te kom plunder en nog dieper in die slymerige donker poel van van ekonomiese anargie te simpel.

Vir die res kan jy maar weet dat die Suid Afrikaanse ekonomie omgekeerd eweredig is aan die mate van hoe jy en jou maters BBBEE aan die Suid Afrikaanse besighede opdwing.

Verder Julle beheptheid met regstellende aksie het veroorsaak dat die staatsdiens lam gelê is deur inkompetensie en die diens van die staatsdiens so te sê nie bestaan nie.

Hou op om die land se natuurlike hulpbronne wan aan te wend deur dit aan nie-verdienstelikes te verkwansel of weg te gee nie. Laat dit oor aan die wat weet hoe om die hulpbronne so te bestuur dat dit die ekonomie volhoubaar onder steun.

Arbeid is ook ‘n hulpbron meneer Ramaphosa. Laat arbeid volgens die ekonomie transformer en groei. En stop die malligheid wat tans deur julle bondgenote bedryf word.

Stop die fensiegeit, vergeet van projekte en slim planne, vergeet van indaba’s en vergadetings, vergeet van rasse kwotas. Daar is werk daarbuite. Laat die wat wil werk, werk. Laat die wat wil presteer, presteer. En les bes laat die wat wil krepeer, krepeer.

DAN SAL DIE EKONOMIE GROEI EN SUID AFRIKA BLOM – NET DAN

Chris N ·

5 punt plan. Implementeer die volgende:- 1. Zuma moet tronk toe. 2. BEE, regstellende aksies, goue handdrukke en Swart bemagtiging 3. Dood straf en ferm wets toepassing teen vandaliste en wetsoortreders. 4. Verbod op Instroming van vreemdes – chinese, pakistaners inkluis. 5. Besnoei Staat besteding en al die welsyn en maatskaplike toelaes.

Lynette ·

Jou punt nommer twee is nie klaar geskryf nie. Dit wat jy noem is reeds geimplimenteer. Jy wou seker se hulle moet wegdoen daarmee?

Pieter dp ·

Stop BEE. Stop die rasistiese aparthuid. Raak onsla van die koripte staads aptenare. Stop koripsie. Ondersteen die wat die land kan versterk en weer op bou. Na sy glorie wat dit was.

Gaan die ANC dit kan doen. ???????

Bach ·

Kan mense wat ons taal so verkrag nie liefs stil bly nie. Hoekom word dit hoegenaamd geplaas?

Elizabeth ·

Mnr Ramaphosa werk eers aan die geloofwaardigheid van Zuma en die ANC. Die buite wereld vertrou julle nie meer nie.

Rupert Ashford ·

Solank die fokus rassisties is (slegs swart besighede, slegs swart boere wat hulp kry) se ek na die maan met julle plannetjies.

Chris W ·

Wie is Ramphosa regtig?Hy is in die 1980’s via Lesotho na Rusland waar hy spesialis opleiding ontvang het in die pleeg van sabotasie.Hy is ‘n profesionele bomplanter met ander woorde.Nou maak hy of hy opgelei is in ekonomie??Dis om van te lag.

Winston ·

Chris dit is feite wat ontken word. Stem ook saam met van die kommentare. China is ook stadig aan die inkruip soos ander. Wag net dat die bok omval dan sak die hiënas en aasvoëls af en vreet….dit wat oor is.
Te veel is reeds verloor

johan ·

Mense, Ons is die laaste letter van die BRICS groep. Ons sal altyd aan die agterste speen suip .

janneman ·

Ons is al lank al in ‘n resessie in, maar ek ken geen ekonoom wat dit wil erken nie… Groeikoers 1%, inflasie 8% …dit beteken ons is 7% in ons moer in.

Johannes Meintjes ·

Ons kan more weer begin uitstyg in ekonomie en goeie regering. Verander vandag die huidige regering in totaliteit.

alida ·

Ek wonder hoe dink Cyril gaan hy regkry om iets wat al 20 jaar in ‘n puttoilet gevrot het nou skielik skoon kry. Hy sal baie hand moet werk en eers van al die vrot visse ontslae raak. Ek dink dit is bietjie laat vir trane. Die buiteland lag in elk geval vir ons patetiese President en dit gaan nie verander nie.

Piet Piper ·

Before 1994 2016 ANC Government
14000 Dead Blacks 30,000 dead white Farmers
Nuclear Power Coal Power and Load Shedding
exchange Rate R2.50 to 1 USD R16.00 to 1 USDollar
Rapes p/a 372 Rapes p/a 54000
Blacks Employed 89% Blacks Employed 57 %

Johannes ·

Dear mr Ramaphosa. It is actually very simple to avoid junk status. Remember who you are dealing with:

1. Get Zuma to resign immediately, and commit to pay back some of Nkandla, and give him some amnesty or somethign so he goes quietly. You become interim president.
2. Cancel all legislation related to Expropriation. Announce that South Africa will folow the constitution in this regard. Call an early end to land claims and make sure they are NEVER re opened.
3. Announce an end to affirmative action for everyone born after 1994.
4. Announce an end date for BEEE.
5. Announce that land is a sensitive subject and that farmers must be protected and productive at all costs. Land distribution will be managed by universities and academics. Land will be paid for by government on willing seller willing buyer basis.
6. Announce drought assistance for all farmers.

You will see the rand spike to under R10 per dollar, and you can then lower interest rates.

Nico ·

Raak onrslae van pres zuma en sy kaders en die uitlanders wat hulle vriende is.Hulle gedy onder die huidige regering.Ons Suid afrikaners wit en swart is nie dom nie aanvaar mekaar en staan saam teen pres zuma en sy elite en vergeet om mekaar te beskuldig van wat voorheen gebeur het ons kan die land saam regruk.Die huidige regering sweep wit en swart op teen mekaar om aanbewind te bly.Stem maar weer vir die anc en jy moet jou mond dan hou en op hou kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.