Regering wil vanjaar sóveel grondeise toestaan

Maite Nkoana-Mashabane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Vrydag gesê die regering beoog om vanjaar nog 1 151 grondeise teen ʼn koste van R2 miljard toe te staan.

Nkoana-Mashabane, wat dié nuus tydens haar begrotingsdebat bekend gemaak het, het ook gesê die regering sal daarop fokus om “tradisionele struikelblokke” te verwyder wat volgens haar in die verlede jong swart boere verhoed het om suksesvolle boere te word.

“In hierdie finansiële jaar sal ons aggressief na die bevordering van geïntegreerde ontwikkeling streef om te verseker dat grondhervorming beter ekonomiese uitsette lewer,” het sy gesê. “Daar is sistemiese uitdagings wat hindernisse tot gevolg het vir die vordering van ons grondhervormingsbegunstigdes. Deur swart boere te ondersteun, sal waterregte en die voorsiening van infrastruktuur [vir hierdie groepe] versterk word.”

Die minister sê haar departement sal intussen gebruik maak van al die bestaande wette om grondverspreiding te bespoedig in ʼn poging om ekonomiese bemagtiging aan die swart meerderheid te bring.

Nkoana-Mashabane het gesê die stadige tempo van grondverspreiding sedert die demokratiese verkiesing in 1994 is betreurenswaardig en gesê hoewel die privaatgrondoudit in ʼn vroeë fase is, moet daar steeds erken word dat swart Suid-Afrikaners slegs vier persent van die land se grond besit.

Volgens haar is nog net 10,2% grond van altesaam 82 miljoen hektaar sedert ’94 versprei. Volgens haar is die talle grondbesettings reg oor die land ʼn gevolg van swart Suid-Afrikaners se frustrasie omdat hulle nié grond besit nie.

Die regering het in die parlement erken dat in 93% van gevalle waar grondeise toegestaan is, die begunstigdes verkies het om eerder geld te neem, en nie die grond nie.

“Waar die staat byvoorbeeld R5 miljoen vir ʼn plaas betaal, moet hy ʼn verdere R5 miljoen aan die eiser gee wat nie die grond wil hê nie. Dit beteken dat R10 miljoen van belastingbetalersgeld eindelik vir die grond betaal word wat net R5 miljoen werd is,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, in reaksie hierop gesê.

Groenewald het ook aan Nkoana-Mashabane gevra waarom die regering nie ʼn deel van sy 17 miljoen hektaar grond of 4 000 plase aan swart boere gee as deel van die regering se grondverspreidingsproses nie. Die minister het nie hierop geantwoord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Die Stem ·

Die regering kan Eerstens alle hophuise oordra op die persoon aan wie dit allokeer is, se naam. Dit sal baie mense help en n groot oppervlakte van die land beslaan.
Verder kan daar van die gel wat in die buiteland gevra word, aan gewen word om plase aan te koop wat reeds in die mark is of aanbiedinge te maak wat markverwant is.

Gemaskerde Sopbeen ·

As ek weet ek gaan die geld kry, sal ek ook ‘n “grond-eis” instel………..maar as ek weet ek gaan NET die grond kry as ek ‘n “grond-eis” instel, sal ek twee keer dink. Wie het begin met “as jy ‘n grond-eis instel, kan jy die “geldwaarde” van die eis kry as jy dit so verkies? Dis bulldust……as jy grond wil hê, sit ‘n eis in. As jy geld wil hê, werk daarvoor.

Joshua ·

n Klomp gemors waarin die ANC hierdie land laat sink, 4000 plase in hule besit en is hul onbevoegdheid en korrupsie het nie n clue hoe om gesond te regeer nie.

rollie ·

Hoe langer hulle aan die grond vasklou hoe langer kan hulle hul kiesers met beloftes paai dat die grond een of ander tyd oorgedra sal word sodat diegene vir hulle bly stem in afwagting. Vuil maar slinks.

Spike ·

Ag min. weet julle wat julle doen. Werkloosheid, honger, misdaad sal vertiendubbel.

snoefie ·

sy staan so trots daar en strooi praat. asof sy self gewerk her vir die 1151 plase wat sy wil weggee. as hulle uot die 4000 staatsplase net 1151 plase gaan weggee, sal daar nog 2849 oor wees. meer as genoeg om te laat braak lê.

Rynhardt ·

Minister Mashabane,ek is n wettige burger van SA en het nog nooit n stuk grond van my eie gehad nie.Ek is wit en wil ook graag skatryk????word!Minister Mashabane,kwalifiseer ek ook vir my ou stukkie grond??????

riki ·

gaan doen aansoek rynhardt. in natal verkoop hulle grond aan blankes ook op die 99 jaar huurpag vir R1000 per acre

Nie verbaas nie ·

Daar het jy dit!
Niks te doen met tradisie en grond wat hulle ontneem is nie.
Hulle soek net n free-bee. Geld waarvoor daar nie gewerk hoef te word nie.
Eenvoudig gestel: Selfverryking

Linda van Mosselbaai ·

Ek bid dat die kleur uit die prentjie geneem word en een van die sinne uit die artikel eerder so sal wees. Ons wil help dat mense wat wil boer dit sal kan doen. Daar is baie wat so graag wil boer en dit kan doen maar daar is nie geld nie en ook nie ‘n plaas nie. Kom ons verseker dat daar kos geproduseer sal word vir almal in Suid Afrika . Help die wat kan en wil boer – MONITOR dit ook. In die verlede is dit agterweë gelaat. Mense moet ook besef dat almal net binne hulle vermoë take kan doen – ou tannies of ooms kan tog nie nou begin dakke verf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.