Regering wil ventilators aan Indië skenk

(Foto: ANI)

Die kabinet het Woensdag aangekondig dat die regering binnekort ventilators na Indië gaan stuur om dié land by te staan te midde van ʼn dodelike Covid-19-krisis, wat reeds die lewe van 258 351 mense geëis het. Dít terwyl Suid-Afrika self op die rand van ʼn derde virusgolf is en daar kommer heers dat hospitale dalk nie genoeg ventilators sal hê om pasiënte plaaslik te behandel nie.

Luidens ʼn verklaring van die kabinet het die regering tydens die kabinetsvergadering aangedui dat hy ventilators aan Indië wil skenk in sy poging om die virus wêreldwyd te help beveg.

Barend Uys, AfriForum se hoof van navorsing, sê hoewel dit die eerbare ding is om Indië in sy uur van nood te help, moet die Suid-Afrikaanse regering nie sy eie mense aan hul eie genade oorlaat nie.

“In dié stadium het ons genoeg ventilators en is daar nou ekstra kapasiteit om ventilators aan Indië te kan stuur. Die vraag ontstaan egter of die regering die vermoë het om die ventilators betyds terug te kry as die derde vlaag van infeksies Suid-Afrika tref,” meen Uys.

Verskeie provinsies het reeds aangedui dat hulle ʼn derde vlaag beleef.

Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor gesondheid, sê daar is tans ook nie duidelikheid oor hoeveel ventilators die gesondheidstelsel tot sy beskikking het nie, aangesien die laaste syfers in Junie verlede jaar bekendgemaak is.

Uys sê die vraag ontstaan ook of die regering die besluit geneem het met eerlike bedoelings en of daar ʼn politieke agenda agter die besluit skuil. “Ons weet nie of die regering dit dalk doen om die aandag van sy eie gesondheidstelsel se tekortkominge af te trek nie. Van dié tekortkominge sluit in ons gesondheidstelsel se infrastruktuurprobleme en baie beperkte entstofprogram.”

Uys sê die regering moet eerder daarop fokus om ʼn program vir vroeë behandeling van Covid-19 te ontwikkel, waar mense vroeg genoeg tuisbehandeling kan ontvang om hulle sodoende uit die hospitaal te hou.

Die kabinet sê verder hy is ook bewus van die kommer wat onder Suid-Afrikaners ontstaan het oor die nuwe Covid-19-variant wat uit Indië afkomstig is en die verspreiding daarvan na Suid-Afrika.

“Die departement van gesondheid en ons wetenskaplikes sal die ontwikkeling van dié variant fyn dophou en die nodige voorkomingsmaatreëls en -protokol instel om Suid-Afrikaners te beskerm,” lui die verklaring.

Entstofprogram

Verder het die kabinet aangekondig dat Fase 2 van die entstofprogram Maandag sal afskop, waartydens mense ouer as 60 jaar ingeënt kan word.

Die aanvang van Fase 2 sal gelyktydig plaasvind met die voortgesette inenting van gesondheidswerkers. Net sowat ʼn derde van gesondheidswerkers is reeds ingeënt.

Van Staden sê die mate waartoe lede van die publiek hul vertroue oor inenting deur die staat verloor het, word getoon deur die feit dat slegs 840 000 uit sowat 5 miljoen mense wat ouer as 60 jaar is vir inentings geregistreer het.

Hy sê ook die regering se doelwit om 40 miljoen Suid-Afrikaners teen die einde van die jaar of vroeg aanstaande jaar in te ent, is ʼn illusie.

“Daar is nou eers 430 000 uit 1,5 miljoen gesondheidswerkers ingeënt. Tog beloof die regering om almal binne twee weke te ent. Dit sal nie gebeur nie en dit is gevaarlik en onverantwoordelik om beloftes te maak wat nie nagekom kan word nie,” sê Van Staden.

Die kabinet het tydens die vergadering ook besluit om die nasionale ramptoestand met een maand tot 15 Junie 2021 te verleng.

Die departement doen ʼn beroep op mense ouer as 60 jaar om nou aanlyn vir die entstof te registreer. Klik hier om te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril gaan vergadering hou met ons sug sug sug… Nee Cyril ons het self nie genoeg van alles nie, maar gee ons belasting geld weg met die ventilators. Redenasie vermoë darem…

annie ·

Indiè het ‘n bevolking van 1,3 miljard mense en ons is sowat 70 miljoen. In verhouding is die groot getal mense wat daar sterf dalk nie erger as hier nie. Indiè ag higiène nie van belang nie. Rotte eet saam uit die kosborde. Ons regering het ‘n ewige behoefte om Indiè te plesier, Gee Indiè regtig om vir ons?

gatgogga ·

Ja, die Guptas het goeie herinnerings, en sal ons ewig dankbaar wees.

Petrie ·

Gee sommer al die goed vir Indië, ons geld, ystererts en ander minirale is lankal deur die anc vir hulle weggegee.

marius ·

Julle kan nie eers water voorsien aan jul eie mense nie ! Hoe tiperend van mense wat teer op ander se inkomste om hul eie belange te streel nie . Gemors!!!

Tanniepetoors ·

Wat gaan in ons regering se koppe aan? Hul kan nie die RSA se gesondheidstelsel behoorlik bestuur nie, nou wil hul Indië help. Charity begins at home!
Amper het ek iets baie beledigends kwytgeraak. My Duitse skoondogter gebruik die woord as sy nou regtig.min of niks van iemand dink nie. Het te doen met visse en koppe.

Anel ·

As dit nie so tragies was nie, kon mens seker gelag het. Indië is nie een van die skoonste plekke nie. Nou wil ons vir hulle ventilators leen. Net in ‘n vorige berig word daar genoem van swaminfeksies wat mense kry agv die ventilators. Hoe higiënies gaan daardie goed terug kom. Ek kan regtig nie hierdie regering verstaan nie. Ek glo ook hulle wil hul onbevoegdheid wegsteek deur die hulp. En dan verwag hulle ons moet hulle entstof vertrou! Ek is ook oor 60 maar al betaal hulle my die hele wêreld se geld sal daardie goed nie naby my kom nie. En ek kan hulle ook n briefie gee dat die wat siek word die is wat 100 keer per dag hande was en seker met die ou maskertjie slaap. As al die dinge dan so fantasties voorkimend is, hoekom word hulle dan nog so siek? Ek is seker dat die van ons wat nie so paranoïes is nie, die gesondstes is. Niemand kan vir ewige in stiriele omgewing oorleef nie.

Johanna ·

Ek het so pas gepraat met n Ma wie se seun COVID19 het. Hy is in Kaapstad in n hospitaal.waar hulle nie verlede nag n ventilator vir hom beskikbaar gehad het nie.
Ek staan verstom oor hierdie artikel om India te will help met ventilators.
So get die regering ook destyds hulp aan Zimbabwe gegee terwyl ons eie mense in asblikke en op ashope kos gesoek het.
Skandelik.

Ovelia ·

Ai ai, ons regering wat ni kan somme maak nie. Ons land verwag n 3de golf en hul gee weg

Johan ·

Ai, so wat het die regerings te sê oor hul regulasies (wat die strengste in die Wêreld was) wat niks meer as ekonomiese verwoesting gesaai het? Wie gaan aanspreeklikheid vat daarvoor? En hoekom dra ons kinders nog maskers, hulle moes lankal immuunstelsel gebou het om ons ALMAL te beskerm. Kriminele, hulle gaan nog baie mense se dood veroorsaak.

MakersMark ·

Geen immuunsisteem sal CV 19 kan teenstaan nie. Ook nie kinders nie. Hemel as dit mediese wetenskap was om mense nie in te ent nie en so CV19 te vermy sou dit nie al lank terug gedoen gewees het nie? Dis van snert kwytraak soos die en mense wat dit glo dat daar soveel inperkings wette is. As teruggekyk word in die geskiedenis het siekte en konflikte ekonomiese skade veroorsaak deur die eeue. Die swart dood het amper 70% van die wêreld populasie uitwis. Net inentings het dit gestop. As dit nie vir dit was nie en jou plan geimplimenteer was van kinders blootstel aan die siekte om hul “immuunstelsel te bou” waar dink jy sou dit geeindig het ? Gaan terug na die middeleeue.

Terence ·

Die edele minister van gesondheid het vandag in die Parliament gese dat die gesondheidsdepartement het n ” backlog” met die huidige en toekomstige gesondheids situasie en nou wil hulle India help ????????

Elize ·

Tydens vorige golf het ons nie genoeg ventilators vir ons eie mense gehad nie, en die volgende golf is oppad. So nee jammer, hulle moet maar elders kry. Ons mense is nog nie eens ingeent nie, so nee dis nie aanvaarbaar op die stadium nie.

Mariana ·

Wie se blink gedagte was dit nou. Die regering is nou regtig die kluts kwyt. Nou gee hulle ons ventilators weg. Mens mag nie lelik praat nie maar magtig wat is fout met die mense. Charity begins at home,right in your own backyard.

Pietertjie ·

En wie het betaal daarvoor? Dis die belastingbetalers wat dit gaan skenk, nie Ramaparra nie!

Hydi ·

Politieke figure het nie menslikheid nie. Dit gaan oor politiek, want politiek betaal.

Kokerboom ·

Ek skud weereens my kop in ongeloof. As die ANC hul mond oopmaak dan lieg hulle. Die klein groep elite kaders maak idiotiese besluite lei die massas aan hul neus rond en na 27 jaar besef massas dit nie!!!Ek gee op.

Jack ·

Hier is alweer n geleentheid om korrupsie te pleeg. Gee die ventilators weg en skep n tekort vir onsself en koop weer teen opgeblaaste pryse nuwes aan uit china. Ek is bevrees die plan is deursigtig maar word voorgehou onder die mantel van humanitere hulp. Hou die spasie dop.

Niklaas ·

Het ons genoeg en kan ons bekostig om weg te gee daarvan? `n Tyd gelede moes ons hoor daars tekorte. Soek ons aandag tans?

JohanR ·

Gee alles weg! Suid Afrikaners het dit nie self nodig nie. Verkoop en gee ons entstof ook weg.

Anoniem ·

Dit is nou TIEPIES ANC. Hy kan nie na sy eie mense kyk nie maar wil nog ander lande ook help met sy swak Minister van Gesondheid!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.