Regering wil verjaring van seksuele misdade hersien

Argieffoto

Die regering wil wetgewing hersien wat die vervaldatum bepaal tot wanneer die staat vermeende misdadigers kan vervolg vir misdaad, spesifiek seksuele oortredings.

Só het Michael Masutha, minister van justisie, Woensdag tydens sy begrotingsrede in die parlement gesê. “Dit het tyd geword om die Strafregproseswet 1977 te hersien wat onder meer voorskryf wat die tydperk is waarin die staat mense vir bewerings van spesifieke misdaadkategorieë kan vervolg,” het Masutha gesê.

“Een van die kategorieë waarin ons van voorneme is om die voorgeskrewe tydperk van 20 jaar af te skaf, is die tydperk van 20 jaar vir seksuele oortredings, misdade teen vroue en alle vorme van geslagsgebaseerde geweld. Die hersiening sal ook strenger vonnisse vir dié oortredings meebring.”

Suid-Afrika het ʼn hoë voorkoms van seksuele oortredings teen vroue en kinders en daar was in die afgelope tyd ʼn vlaag voorvalle waartydens vroue deur hul lewensmaat vermoor is.

Verlede jaar het die hooggeregshof in Johannesburg in die guns van agt beweerde slagoffers van die miljardêr-aandelemakelaar, Sidney Frankel, beslis wat beweer het hulle is deur die filantroop mishandel toe hulle nog kinders was. Frankel het aan kanker gesterf drie maande voor die uitspraak.

Die hof het in dié saak die voorgeskrewe tydperk vir die verjaring van seksuele misdade ter syde gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Faan ·

Die regering WIL baie dinge . Dit kom tot op die papier en dan word weinig uitgevoer .

Cherrie ·

DAAR MOET GEEN VERJARING VAN ENIGE KRIMINELE OORTREDING WEES NIE, as jy ‘n verkragter of moordenaar is moet jy vir ewig vervolg kan word . totdat hulle jou opspoor en in die tronk smyt. HOEKOM moet seksuele misdade verjaar? Maak glad nie sin nie, want dit is gewoonlik mense wat herhaaldelik oortree.

Oom Kalahari ·

Masutha, jy moet versigtig wees want dan gaan stortkop en paar ander in die elite toustaan met hofsake. Dit is belaglik want daar is tans ope geleenthede om sodanige oortredings aan te meld.

Anne-Marie ·

Ek stem saam….ek dink dis belaglik dat ‘n persoon kan se ek is 30 jaar gelede verkrag of gemolesteer of wat ookal….daar moet ‘n tyd aangekoppel word….’n jaar dalk 2. Maar on sooooo lank te wag? waarvoor wag daardie persoon? Om te kyk hoeveel sy kan kry indien die ”skuldige” dalk beroemd kan word….!!!

NIX ·

Ek is 27 jaar terug deur my eie pa verkrag, vir baie baie jare is ek gedreig dat hy my ma en sussie sou vermoor as ek iets sê. Noudat ek iets kan sê is dit te laat……en nee ek wag nie om enige iets daaruit te kry nie….my stilswye is soos om ‘n doodsvonnis uit te dien. Een waar ek die onskuldige dogtertjie van 5 was en my die volwassene en ene wat nooit beroemd gaan word nie. Jou antwoord maak so seer, maar ek aanvaar dat jy beskerm was teen enige vorm van misdaad in jou lewe en ek bid dat jy nooit enige seer sal ervaar in die toekoms nie.

Belaglik? ·

Anne-Marie; jou bytende woorde is betreurenswaardig, om die minste te sê. Om só ‘n opinie te uiter, is ongevoelig, onsensitief en haatlik. Jy behoort jou te skaam!!

anti geweld ·

stem saam Cherrie, NIX en belaglik se kommentare, hoe dink jy Anne- Marie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.